Pik Bo­tha se by­drae in SA was e­norm

Beeld - - KOMMENTAAR -

’n Hei­li­ge was oud­mi­nis­ter Pik Bo­tha nie. Maar dan het hy ook nie voor­ge­gee om een te wees nie.

’n Ge­val van hard werk en hard speel. Vol­uit ge­le­we. Geen sweem van skyn­hei­lig­heid nie. Gro­ter as le­wens­groot.

Te­a­traal het hy bo sy tyd­ge­no­te uit­ge­staan as ’n po­li­ti­kus om ’n an­der­sins ver­ve­li­ge po­li­tie­ke to­neel kleur­ryk op te kik­ker in ’n tyd toe die o­mies met grys skoe­ne die po­li­tie­ke ver­hoë vol­ge­sit het.

Hy was die ge­sig van die ver­lig­tes in die NP. Sy tyd ver voor­uit, het hy hom be­hoor­lik in die sop be­vind deur de­ka­des te­rug al te voor­spel dat Suid-A­fri­ka een­dag ’n swart pre­si­dent sal hê toe dit nie e­nig­sins po­pu­lêr was om so te sê nie.

E­wen­wel, hy het al­les ge­had om ’n suk­ses­vol­le po­li­ti­kus te wees. Met sy dig­ter­li­ke aan­slag het hy e­ni­ge re­ge­rings­aan­kon­di­ging, hoe bu­ro­kra­ties van aard ook al, soos ’n ge­beur­te­nis laat klink.

Hy was ’n bril­jan­te o­pen­ba­re spre­ker in ’n tyd toe toe­spra­ke, het­sy by o­pen­ba­re ver­ga­de­rings of in die par­le­ment, nie van ’n stuk pa­pier af ge­lees is nie.

In sy tyd is daar nie ge­twiet nie. Daar was nie Facebook nie.

Ja, daar was mis­kien baie SAUK-lug­tyd. Maar hel, mens het ge­luis­ter as hy ge­praat het. Hy kon die ooms en die tan­nies op die plat­te­land van­dag be­to­wer om in hul i­di­oom met hul­le te praat, net om Suid-A­fri­ka se saak die vol­gen­de dag voor ko­nings en pre­si­den­te op die wê­reld­ver­hoog te stel.

In hier­die dae is sul­ke po­li­ti­ci so skaars soos hoen­der­tan­de. Hy was meer as ’n ver­vlie­ten­de, pit­ti­ge op­mer­king.

Hy was meer as ’n po­li­tie­ke par­ty-man. Hy was eint­lik meer as ’n blo­te po­li­ti­kus.

Hy was ’n po­li­tie­ke fi­lo­soof wat diep be­wus was van sy en an­der se mens­lik­heid en hoe ons al­mal eint­lik die­self­de ding wil hê: voor­spoed en vre­de, on­ge­ag jou po­li­tie­ke ag­ter­grond of oor­tui­ging.

’n Groot boom het ge­val. Die e­ti­ket “staats­man­skap” kom Pik Bo­tha al­ler­weë toe. Sy by­drae was e­norm.

Pik Bo­tha

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.