Be­lê lie­wer in hit­te­be­stan­de ge­was­se

Beeld - - BY - Ni­co­la Kuhn JON­GER STEM­ME

Die jong­ste ver­slag van die in­ter re­ge­rings pa­neel oor kli­maats­ver­an­de­ring( I PC C) ves­tig die aan­dag op­nuut op die ge­vaar as kweek­huis­gas-vry­stel­ling nie dras­ties ver­min­der word om aard­ver­war­ming tot 1,5 °C te be­perk nie.

Vol­gens die ver­slag het ons net 12 jaar oor om dit te be­reik.

Een van die groot­ste be­kom­mer­nis­se is die im­pak van kli­maats­ver­an­de­ring op voed­sel­se­ker­heid en spe­si­fiek in A­fri­ka suid van die Sa­ha­ra, waar een uit el­ke d­rie men­se on­der­voed is en die k­li­maat vin­nig war­mer en dro­ër word.

’n Deel van die op­los­sing kan wees om op ge­was­se te fo­kus wat hul voed­sel­pro­duk on­der­gronds weg­steek. Wor­tel- en knol­ge­was­se word reeds deur 2,2 mil­jard men­se in meer as 100 lan­de ge­ëet. Dit is die sta­pel­voed­sel in tal­le on­der­ont­wik­kel­de en ont­wik­ke­len­de lan­de.

Al­ge­me­ne ge­was­se sluit in aar­tap­pels, pa­tats, kas­sa­wa en jams­wor­tels – ’n ver­stom­men­de ver­skei­den­heid eet­ba­re knol­le is wê­reld­wyd be­skik­baar.

’n Der­de (33%) van A­fri­ka suid van die Sa­ha­ra se land­bou­ge­was­se be­staan uit knol­le en wor­tels en net 22% uit graan­ge­was­se soos ko­ring, mie­lies en rys. De­son­danks kom am­per die helf­te (49%) van die ka­lo­rie-in­na­me van graan­ge­was­se en net 19% van knol­groen­te. In­wo­ners is dus steeds af­hank­li­ker van graan­ge­was­se en daar­om ook van voed­sel­hulp.

In 2016 moes 28 lan­de in die streek voed­sel­hulp kry, waar­van 11 om­dat graan­pro­duk­sie af­ge­neem het weens ’n reeks erns­ti­ge El Niño-ver­wan­te droog­tes en ver­an­de­ren­de re­ën­val­pa­tro­ne.

In Suid-A­fri­ka het droog­te­toe­stan­de mee­ge­bring dat ons in 2016 mie­lies moes in­voer, waar ons voor­heen ’n groot uit­voer­der was.

’n Mens kan nie an­ders as om te dink dat dít die toe­koms is nie. des te meer weens on­lang­se voor­spel­lings dat kli­maats­toe­stan­de in Sui­der-A­fri­ka teen 2050 glad nie meer ge­skik gaan wees vir die aan­plan­ting van mie­lies nie. Daar­en­teen voor­spel sce­na­rio’s vir 2050 dat kas­sa­wa skaars be­ïn­vloed gaan word en toe­stan­de vir ver­bou­ing selfs kan ver­be­ter.

Van­weë hul die­per wor­tel ver­tak­kings kan dié plan­te wa­ter diep on­der­gronds gaan haal. Dit ver­be­ter hul ver­moë om droog­tes te weer­staan en in tem­pe­ra­tu­re van tot 35 °C steeds voed­sel­pro­duk­te te ver­skaf. Dit lyk of dié ge­was­se flo­reer in ge­bie­de met ho­ër kool­stof­di­ok­sied, wat fo­to­sin­te­se en die toe­wy­sing van kool­stof on­der­gronds ver­snel. Dit lei tot ’n gro­ter op­brengs per hek­taar.

Voor­spel­lings mo­del­le dui daar op­dat dié ge­was­se be­ter vaar on­der ho­ër kool­stof­di­ok­sied toe­stan­de as mie­lies, ko­ring en rys. Boon­op is dit mak­lik om knol­le te ver­bou en ver­skaf dit be­lang­ri­ke vi­ta­mie­ne en kool­hi­dra­te.

Die Noord-A­me­ri­kaan­se va­ri­ë­teit van pa­tats be­vat by­voor­beeld uit­son­der­lik hoë vlak­ke van be­ta­ka­ro­tien, ’n voor­lo­per van vi­ta­mien A. Dit word toe­ne­mend ver­bou in lan­de­li­ke ge­bie­de in Oo­sen Sen­traal-A­fri­ka om die vi­ta­mien A-vlak van kin­ders en swan­ger vroue aan te vul. Dié plan­te ver­dien dui­de­lik aan­dag, maar kry dit on­ge­luk­kig nie. In die af­ge­lo­pe 20 jaar is 5,5 keer meer na­vor­sing oor graan­ge­was­se as oor knol­plan­te ge­doen.

Kos­ba­re gel­de­li­ke hulp word aan­ge­wend om meer droog­te­be­stan­de graan­ge­was­se te ont­wik­kel, maar dit moet dalk lie­wer in wor­te­len knol­ge­was­se be­lê word wat reeds hul in­he­ren­te ver­moë be­wys het om moei­li­ke toe­koms­ti­ge kli­maats­toe­stan­de te han­teer.

Kuhn is ’n PhD-stu­dent aan die U­ni­ver­si­teit van Ox­ford.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.