Ek vra des­pe­raat: Raak din­ge be­ter?

Beeld - - BY - Piet Ma­ti­pa @Pie­tMa­ti­pa

Ek staan op die rand­jie en my twin­tigs gaan my oor ’n paar maan­de af­skop. Ek wil net weet: Raak iets be­ter?

Ek is be­wus van al die kwa­le wat ’n mens tref soos jy ou­er word.

Ek hoef nie ’n her­sie­nings­toets daar­oor te skryf nie. Nou staan ek bak­hand vir hoop, want soos dit klink, raak die lig in die ton­nel al hoe ver­der. Die dood kan tog nie die e­nig­ste lig word nie.

Ek praat nou die dag met twee van my harts­vrien­de oor die foon.

Toe be­sef ek ons is al­mal in wee­moed ge­dom­pel.

My een vrien­din was nou die dag in ’n breek-en-gryp-voor­val be­trok­ke.

Die trau­ma spook nog by haar. Sy vrees men­se. Sy vrees din­ge.

Ge­luk­kig kry sy hulp. Die ge­beur­te­nis het dui­de­lik diep ge­sny.

Ter­wyl ek met haar praat, deel ek ook die berg in my hart wat die smaak uit die le­we uit­ge­haal het.

Al wat ons vir me­kaar kan sê is: Dit sal ou­kei wees. Ons sal ou­kei wees.

Ons moet dit glo.

Al­les in die le­we kan al­tyd er­ger. Die put van smart en wee­moed is baie diep. Dit on­der­skat ek nie.

Ek wil glo dat die le­wens­pad slim­mer en sker­per is en in­te­res­san­te en op­bou­en­de kin­kels het.

Ek het die­self­de ge­sê vir my an­der vriend. Hy is ver en die een­saam­heid we­mel. Dit is ’n nu­we om­ge­wing en aan­pas­sing is swaar.

Ons het diep ge­raak oor die le­we. Ons het ge­praat oor ge­loof. Ons moet glo. As ons nie glo nie, wat het ons dan?

Ek het so­veel vrae vir die S­kep­per oor die rig­ting wat hy kies vir el­ke een se le­we.

Ek het baie “hoe­koms” in my sak­kie wat ek vir hom wil gee. Mis­kien is dit nog te vroeg om e­nig­iets te ver­staan. Mis­kien oor ’n paar jaar sal din­ge dui­de­lik word, want tyd gee mos ook antwoorde.

Ter­wyl ek wag, wil ek nie ver­drink in die ne­ga­ti­wi­teit nie. Ek wil nie wens vir die ver­le­de nie. Die soe­te ver­le­de.

Toe ’n mens nog jonk was en nie die wê­reld ge­ken het nie. Toe die een­vou­di­ge ’n mens ge­luk­kig ge­hou het.

Ek wens my er­va­ring van men­se was nog een­di­men­si­o­neel.

Dat my ge­dag­tes ’n bie­tjie vlak­ker was. Dat my e­mo­sie ’n ska­ke­ring lig­ter was.

Daar­om vra ek uit des­pe­raat­heid: Raak din­ge be­ter? Ie­mand met er­va­ring van die le­we, gee as­se­blief ’n antwoord. Ek wil hoor dat dit al­les ou­kei gaan wees.

Ek wil vir my vrien­de met self­ver­troue kan sê din­ge gaan or­raait wees.

Ie­mand het vir my ge­sê dat die laas­te ding om nou te doen is om in ’n gat te gaan sit. Dis blyk­baar moei­lik om daar uit te kom.

Wan­neer jy te lank en te diep met jou ge­dag­tes sit, dan druk dit jou hart in daar­die gat.

Soos ek op die rand­jie staan, wil ek weet: Gaan ek val of gaan ek ge­vang word?

In al­bei ge­val­le is die pad reg­uit on­der­toe, maar die een is be­ter as die an­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.