Vlieg met Air Mau­ri­ti­us na Wu­han in C­hi­na

Beeld - - BRUIDE -

Air Mau­ri­ti­us het se­dert Au­gus­tus be­gin met week­lik­se vlug­te na Wu­han, C­hi­na. Vlug MK690 ver­trek om 09:20 op Sa­ter­dae van Mau­ri­ti­us en kom om 00:10 in Wu­han aan. Die te­rug­vlug, MK691, ver­trek om 02:10 in Wu­han en ar­ri­veer in Mau­ri­ti­us op Son­dae om 08:40 (plaas­li­ke Mau­ri­ti­us-tye).

’n Ai­r­bus A340 met 34 sa­ke­klas­sit­plek­ke en 264 e­ko­no­mie­se­klas­sit­plek­ke gaan die Wu­han-roe­te be­dien.

“Ons ver­wag vol vlug­te van Wu­han aan­ge­sien dit nou mak­li­ker is vir C­hi­ne­se toe­ris­te wat Mau­ri­ti­us wil be­soek,” sê So­mas Ap­pa­vou, uit­voe­ren­de hoof van Air Mau­ri­ti­us.

Car­la da Sil­va, streeks­be­stuur­der vir Sui­der-A­fri­ka en Suid-A­me­ri­ka, voeg by dat C­hi­na op ver­skeie vlak­ke ’n stra­te­gie­se ven­noot vir A­fri­ka is. “Dus ver­oor­saak meer roe­tes na A­sië ver­be­ter­de kon­nek­ti­wi­teit. T­hai­land is ook ’n ge­wil­de be­stem­ming vir SuidA­fri­ka­ners en Air Mau­ri­ti­us het on­langs ’n nu­we roe­te na Bang­kok be­kend ge­stel.”

Vir meer in­lig­ting, be­soek air­mau­ri­ti­us.com of bel hul­le by 011 601 3900.■ Air Mau­ri­ti­us borg die wen­bruid, die twee naas­wen­ners en hul we­der­helf­tes se vlug­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.