Leef­styl met Per­de­koop is mak­li­ker as die ei­en­doms­mark

Beeld - - LEEFSTYL -

Kyk of koop, Via (DStv-ka­naal 147) se splin­ter­nu­we werk­lik­heids­pro­gram, is hier! Die ei­en­doms­a­gen­te Mey­er S­wa­ne­poel en Mar­got van Wyk spook dit ge­du­ren­de el­ke e­pi­so­de uit om vir po­ten­si­ë­le ko­pers die per­fek­te wo­ning te vind. Ons het hul­le ’n bie­tjie uit­ge­vra oor die pro­gram.

Mey­er

Wat­ter me­de­din­gen­de voor­deel het jy as ei­en­doms­a­gent?

Die feit dat ek van ’n sport­ag­ter­grond kom, maak ’n groot ver­skil. Ek s­mag na me­de­din­ging, so dit maak ’n ver­skil in die ver­ko­pe­be­dryf.

Noem die groot­ste uit­da­ging waar­mee jy as ei­en­doms­a­gent al op­ge­saal is.

Tyd. Dis ’n uit­da­ging om by al­les en al­mal uit te kom. Ver­al dees­dae met teg­no­lo­gie maak dit din­ge nie al­tyd mak­li­ker nie. Dis ’n Ca­tch-22, want teg­no­lo­gie maak dat jy meer kli­ën­te kan kry, maar dan moet jy die tyd maak om vir al­mal ’n goeie diens te le­wer.

Wat­ter as­pek­te van die be­dryf daag Mar­got van Wyk en Mey­er S­wa­ne­poel is die aan­bie­ders van

koop.

jou die mees­te uit?

Kyk of Om men­se se ver­wag­tin­ge te han­teer. Min kli­ën­te ver­staan dat die mark die prys van ’n ei­en­dom be­paal. Niks an­ders nie.

Oor wat­ter ei­en­skap­pe be­hoort die per­fek­te ei­en­doms­a­gent te be­skik?

Gees­drif. Spoed. ’n C­ha­ris­ma­tie­se per­soon­lik­heid.

Ver­kies jy om as a­gent al­leen te werk of ge­niet jy dit om saam met an­der a­gen­te aan die ver­koop van een ei­en­dom te werk?

Ek ver­kies om al­leen te werk. Ek hou daar­van om an­der te help en be­stuur. Maar ek ver­kies om my eie ding doen.

Mar­got

Wat­ter as­pek­te van die pro­gram vind jy die uit­da­gend­ste?

Dis nog­al uit­da­gend om ’n ei­en­dom aan ie­mand te wys as ’n mens nog nie self voor die tyd daar was nie. Ek ver­kies dit om eers voor­af ’n goeie ge­voel te kan kry van ’n plek voor­dat ek dit aan e­nig­ie­mand be­kend stel.

Hoe lank werk jy nou al as ’n ei­en­doms­a­gent?

Ek het in Mei 2017 vol­tyds as ei­en­doms­a­gent be­gin werk en voor dit net deel­tyds.

Noem een van jou loop­baan­hoog­te­pun­te.

Die bes­te ge­voel was be­slis toe ek ’n ei­en­dom op al­leen­man­daat ver­koop het binne 48 uur en op die vra­prys.

Wat is jou raad aan ie­mand wat hul ei­en­dom teen ’n goeie prys wil ver­koop?

Kry heel eer­ste ’n in­ge­lig­te a­gent met ’n deeg­li­ke ken­nis van die a­rea om ’n mark­ver­wan­te a­na­li­se te doen op jou ei­en­dom.

Hier­die al­om­vat­ten­de ver­slag be­vat ’n nou­keu­ri­ge ver­ge­ly­king met an­der soort­ge­ly­ke ei­en­dom­me in ’n spe­si­fie­ke buurt.

Dit oor­weeg en kyk na ’n ver­skei­den­heid as­pek­te wat spe­si­fiek is aan el­ke ei­en­dom soos woon­buurt, huis- en erf­groot­te, die ou­der­dom en toe­stand van die ei­en­dom, as­ook u­nie­ke ei­en­skap­pe wat die ei­en­dom bied.

’n Be­hoor­li­ke mark­ver­wan­te a­na­li­se kan help om ’n ei­en­dom te ver­koop teen die bes­te moont­li­ke prys en in die kort­ste moont­li­ke tyd­perk.

■ Kyk of koop het ver­le­de Maan­dag om 18:00 be­gin.

Her­uit­sen­dings be­gin Sa­ter­dae om 16:00.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.