Meer as net ster­re

Beeld - - LEEFSTYL -

Be­dags is ster­re natuurlik nie sig­baar nie, maar dan kan jy die Ce­der­berg-kel­der be­soek en sy be­kroon­de wy­ne proe: Maan­dag tot Sa­ter­dag, 09:00-12:00 en 14:0016:30 (ce­der­berg­wi­ne.com).

As jy van vlyt­bier hou, ook be­kend as vlooi(mark)bier en craft beer, kan jy jou ster­re dank. Van ons land se bes­te en drink­baar­ste vlyt­bier vind ’n mens net 10 km van Ce­der­berg-kel­der, op die buur­plaas Krom­ri­vier (ce­der­berg­park.com). Die naam klink dalk ne­de­rig, maar Krom­ri­vier is ’n merk­waar­di­ge plek en on­mis­baar met ’n be­soek aan die Ce­der­ber­ge. Be­ne­wens sy Nieuw B­rew-brou­e­ry is daar ’n re­stau­rant wat goeie styl en ’n in­for­me­le kui­e­r­at­mos­feer ver­meng. En die be­lang­rik­ste: die kos is smul­lek­ker en die kof­fie puik. Daar is ook Krom­ri­vier­wy­ne wat be­slis nie te ver­smaai is nie.

Daar’s ver­skeie slaap­plek-op­sies: kam­peer (R400 per staan­plek), een­vou­di­ge cha­lets (R660 per nag vir twee men­se) en luukse hui­sies (R660 per per­soon). Van die bie­re wat jy hier kan ge­niet of huis toe vat, is Jan Pam­poen, “a spi­cy pump­kin ale”, en Sa­rie Ma­rais, “The C­her­ry Blon­de”.

Die Ce­der­ber­ge is ’n pa­ra­dys vir stap­lief­heb­bers, maar wat as jy nie van lang stap­tog­te hou nie en lie­wer na mooi plek­ke wil ry? In dié ge­val is Truit­jie­s­kraal en die S­tad­saal­grot­te on­mis­baar. Truit­jie­s­kraal het ve­le goed­be­waar­de rots­te­ke­nin­ge wat men­se, die­re en te­ri­an­tro­pe (half­dier­half­mens) en hul ak­ti­wi­tei­te uit­beeld.

Dis die San-men­se se kuns en hul­le het tot 60 000 jaar ge­le­de in hier­die om­ge­wing ge­woon. Som­mi­ge van die te­ke­nin­ge is nie veel ou­er as 100 jaar nie en an­der tot 8 000 jaar.

Die S­tad­saal­grot­te is selfs aan­gry­pen­der. Ná so­wat d­rie mi­nu­te se stap van die par­keer­a­rea af be­groet die voor­po­te van ’n oer­dier jou – trou­ens, dis hoe dit lyk. Dis pi­la­re wat die na­tuur oor der­dui­sen­de ja­re ge­vorm het en nou steun hul­le die S­tad­saal se dak. Dis ’n won­der­wê­reld vir groot­men­se en kin­ders en dit kan ’n mens vir ’n uur of d­rie be­sig hou.

Dis ook re­de­lik mak­lik om hier te ver­dwaal. Gooi denk­beel­di­ge brood­krum­mels so­dat jy jou weg te­rug kan vind.

Daar­die aand, toe ons na ons hui­sie by Krom­ri­vier te­rug­ry, s­kuif ek die Su­ba­ru se dak oop dat die kin­ders en die ster­re vir me­kaar kan wink.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.