T­reu-on­der­soek: Vrae oor ras­sis­me

Beeld - - SPORT - S­te­phen Nell

Die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie se voor­be­rei­ding vir Sa­ter­dag se be­lang­ri­ke Cur­rie­be­ker-rug­by­wed­stryd teen die Blou Bul­le op Lof­tus Vers­feld is van­dees­week deur die on­der­soek na die Paul T­reu-voor­val oor­ska­du.

Se­ni­or S­pring­bok­ke, as­ook top­spe­lers in die WP-span, is in ’n ver­trek en­ke­le me­ter van die oe­fen­veld af deur ’n on­der­soek­be­amp­te uit­ge­vra oor die in­houd van ’n ver­slag wat deur ’n ge­grief­de T­reu saam­ge­stel is oor sy er­va­rin­ge in die S­tor­mers se be­stuur­span in die Su­per­reeks.

Vol­gens be­trou­ba­re bron­ne het die kwes­sie van ras­sis­me ook ter spra­ke ge­kom. Daar is nou kom­mer oor hoe dit die WP se ver­to­nings kan raak in die pyl­vak van hul CB-veld­tog.

T­reu het in Ju­lie uit ’n her­sie­nings­ver­ga­de­ring van die S­tor­mers se mis­luk­te Su­per­rug­by­veld­tog ge­storm en glo ge­sê dat hy “ge­noeg daar­van ge­had het om sleg be­han­del te word en dit nie meer gaan vat nie”.

Hy ver­wys glo in sy ver­slag van 26 blad­sye on­der an­de­re na voor­val­le waar hy meen hy die slag­of­fer van uit­slui­ting en dis­kri­mi­na­sie was.

Vol­gens Beeld se bron­ne sluit dit in wan­neer van sy in­set­te ge­ïg­no­reer is en hy in span­ver­ga­de­rings in die re­de ge­val is.

T­reu en die Nieu-See­land­se hulp­af­rig­ter, Paul Feen­ey, se por­te­feul­jes as hulp­af­rig­ters het oor­vleu­el en die S­tor­mers se af­rig­ter, Rob­bie F­leck, het glo die Ki­wi se in­set­te na gro­ter waar­de ge­skat. Feen­ey sal waar­skyn­lik aan­staan­de jaar nie meer ’n lid van die S­tor­mers se be­stuur­span wees nie. Die WP het hom toe­stem­ming gegee om met an­der moont­li­ke werk­ge­wers te on­der­han­del en daar word be­trou­baar ver­neem dat hy ver­le­de week in Wal­lis was.

Dis ook hoogs on­waar­skyn­lik dat F­leck en T­reu weer saam sal kan werk. T­reu is be­trok­ke by die af­rig­ting van die WP se o.21span en soos sa­ke staan, is F­leck nog in die saal as af­rig­ter van die S­tor­mers. Ten­sy F­leck self be­sluit om te loop, is die ver­wag­ting dat le­de van die WP se af­rig­ting­span hom sal by­staan.

Spe­lers ge­niet dit so om on­der die WP se Cur­rie­be­ker-af­rig­ter, John Dob­son, te speel dat van hul­le nou hul kon­trak­te wil ver­leng.

Ag­ter die skerms is die WP ’n prent­jie van wis­pel­tu­rig­heid. Daar is op raads­vlak groot ver­deeld­heid in die aan­loop na die WP se jaar­ver­ga­de­ring aan­staan­de maand.

Daar word ver­neem dat daar ’n fak­sie is wat die uit­voe­ren­de hoof, Paul Zacks, doel­be­wus dwars­boom tot ’n punt waar dit moont­li­ke in­kom­ste­stro­me vir die WP be­lem­mer.

Daar word be­spie­gel dat die WP se geld aan die ein­de van dié maand op kan wees. Die so­wat R44 mil­joen wat die WP aan die ein­de van 2016 by die sa­ke­reus Rem­gro ge­leen het, gaar nou al vir twee jaar ren­te op teen pri­ma­koers.

Die WP Rug­by­u­nie hou op 26 No­vem­ber ver­kie­sing vir nu­we amps­dra­ers met T­he­lo Wa­ke­field se ter­myn as pre­si­dent wat ver­stryk. Sy ad­junk, Zelt Ma­rais, en die sa­ke­man en na­si­o­na­le keur­der, Peter Joos­te, gaan glo in die wed­loop om die pre­si­dent­skap wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.