Ge­sins­wo­ning in Men­lo­park

Se­ku­ri­teit en lig­ging puik

Beeld - - HUISGIDS - Een van die slaap­ka­mers. Die ruim kom­buis.

Men­lo­park is be­kend as een van die ge­wild­ste woon­buur­te in P­re­to­ria. Dit is sen­traal ge­leë na­by al­le hoof­roe­tes, P­re­to­ria se be­kend­ste s­ko­le, k­lein en groot win­kel­sen­trums. Dit is dus be­slis dié buurt om in te woon!

Hier­die prag­ti­ge, mo­der­ne, vol­ti­tel-een­heid is sta­p­af­stand van so­wel die La­er- as Ho­ër­skool Men­lo­park, as­ook die Ha­zel­wood­mark.

Die plaas­li­ke S­par-win­kel­sen­trum, tuis­ny­wer­heid, groen­te- en har­de­wa­re­win­kels, bied ook mak­li­ke en ge­rief­li­ke in­ko­pie­ge­not vir oud en jonk, ter­wyl die Brook­lyn­te­a­ter, om­ring deur lek­ker-kui­er­win­kel­tjies en re­stau­ran­te, let­ter­lik ’n paar mi­nu­te sta­p­af­stand is van dié baie be­son­der­se ei­en­dom wat in ’n per­fek­te toe­stand is en uit­mun­tend on­der­hou is.

Hier­die ruim ge­sins­wo­ning be­skik oor top­ge­hal­te-af­wer­kings en uit­mun­ten­de se­ku­ri­teit reg­deur die huis. Die grond­vlak is goed be­plan met ’n baie prak­tie­se, aan­een­vloei­en­de uit­leg.

Son­ge­vul­de, noord­fron­ten­de leef­a­re­as vloei natuurlik in­een en die bin­nens­hui­se leef­a­re­as het ’n ge­sel­li­ge kag­gel-kui­e­r­a­rea vir die koue win­ters­aan­de, ter­wyl daar ook on­der­vloer­se ver­hit­ting is.

Groot hout­raam-kon­ser­ti­na­deu­re vou heel­te­mal oop na die on­der­dak-bui­te-ont­haal-a­rea met sy in­ge­bou­de braai en toe­ge­rus met pas­ge­maak­te bui­te-rol­blin­ders wat die he­le a­rea kan toe­maak as die wind waai of as dit koud word. Van hier af het ’n mens ’n mooi uit­sig op die net­jie­se tuin met be­sproei­ing­stel­sel en pri­va­te swem­bad.

Die prak­ties ont­werp­te se­mi­oop­plan-kom­buis met gra­niet­werk­op­per­vlak­ke, het ge­noeg kas­te, ’n spens, as­ook ’n a­par­te was­goed-en-skot­tel­goed-op­was-a­rea.

Op die grond­vlak is ’n groot stu­deer­ka­mer wat ook ge­bruik kan word as ’n ad­di­si­o­ne­le vier­de slaap­ka­mer of as ’n gas­te­ka­mer.

Daar is ook ’n gas­te­bad­ka­mer so­wel as ’n han­di­ge stoor­ka­mer on­der die trap.

’n Breë trap lei na die boon­ste vlak waar daar ’n ruim noord­fron­ten­de hoof­slaap­ka­mer met groot in­stap­kle­re­kas en ’n vol en sui­te-bad­ka­mer is. Dié ka­mer het sy eie groot bal­kon wat uit­kyk oor die tuin en swem­ba­d­area. Hier kan jy in al­le op­sig­te skoe­ne uit­skop en rus vir jou siel kry.

Ver­der is daar nog twee ruim slaap­ka­mers met in­ge­bou­de kas­te wat ook toe­gang bied tot die bal­kon.

Die luukse twee­de bad­ka­mer is ook goed toe­ge­rus met ’n bad en stort. Al­le slaap­ka­mers is saam ge­groe­peer in ’n toe­sluit­ba­re vei­lig­heid­so­ne.

Die toe­sluit-dub­bel­mo­tor­huis het ook stoor­plek en bied di­rek­te toe­gang tot die huis ter­wyl die bui­te­bad­ka­mer na­by die swem­bad ’n stort, was­bak en toi­let het.

Met die se­ku­ri­teit uit die boon­ste rak­ke, en hier­die een­heid ge­leë in ’n k­lein, eks­klu­sie­we se­ku­ri­teits­kom­pleks waar al die bu­re pro­fes­si­o­ne­le men­se is, kan ’n mens nie ’n fout maak deur jou kleim hier af te steek nie.

Hier­die een­heid in Men­lo­park spog met ’n lek­ker kui­e­r­a­rea en swem­bad.

Die ge­sel­li­ge stoep.

Hier kan ’n mens lek­ker voor die kag­gel kui­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.