Wit men­se se reg: EFF pro­beer aan­dag van skan­daal af­lei

Van­dees­week is daar weer in die par­le­ment uit EFF-ge­le­de­re ge­hoor dat wit men­se nie mag praat nie. Hoe gel­dig is dié ar­gu­ment? vra Chris­ti van der West­hui­zen.

Beeld - - Voorblad - Gra­fi­ka: RUDI LOUW

Suid-A­fri­ka­ners se ver­knogt­heid aan ras het die laas­te paar we­ke in ver­skeie o­pen­ba­re fo­rums weer kop uit­ge­steek.

Ons ge­bruik ras om sin te maak van al­les, om me­kaar swart óf wit te smeer, om die aan­dag van an­der kwes­sies af te lei en, na­tuur­lik, bo­wen­al om fan­ta­sieë van meer­der­waar­dig­heid te pro­jek­teer.

Te mid­de hier­van word die eis tel­ke­ma­le ge­stel: Wit men­se mag nie praat nie. Ju­li­us Ma­le­ma se aan­drang daar­op van­dees­week in die par­le­ment is s­legs die jong­ste voor­beeld. Dit is ’n eis wat tel­kens by­voor­beeld in be­spre­kings by u­ni­ver­si­tei­te ge­stel word, spe­si­fiek se­dert die #R­ho­desMus­tFall-be­we­ging van 2015.

Ge­ge­we die land se ge­skie­de­nis is dit ’n gel­di­ge vraag: Mag wit men­se le­gi­tiem aan die na­si­o­na­le ge­sprek deel­neem?

Een van die be­na­de­rings tot die vraag is om daar­die ver­knogt­heid en ons ver­wan­te ma­neu­vers van na­der­by te be­kyk.

Moet skree van ‘ras­sis’ aan­dag af­lei?

As ’n mens die on­mid­del­li­ke kon­teks be­stu­deer waar­in só ’n eis ge­stel word, is dit soms oog­lo­pend waar­om wit­heid in ’n se­ke­re oom­blik ge­op­per word. Die voor­val in die par­le­ment is ’n spre­ken­de voor­beeld.

Die DA het die VBS-skan­daal ge­op­per, en EFF-LP’s het ge­re­a­geer deur “ras­sis­te, ras­sis­te” te skree.

Dit het Ma­le­ma die ge­leent­heid ge­gee om te sê wit men­se mag nie praat nie, wat ge­lei het tot die A­gang-LP An­dries Tlou­am­ma se be­swaar teen sy eis, en die ge­volg­li­ke on­der­on­sie.

Ma­le­ma se stel­ling as deel van sy uit­la­tings dat hy hom “nie aan wit­heid sal on­der­werp nie”, is ui­ter­aard gel­dig. Maar die be­le­di­ging van “ras­sis” wat rond­ge­slin­ger word die oom­blik wan­neer be­weer­de kor­rup­sie ge­op­per word, is ’n dood­ge­wo­ne op­por­tu­nis­tie­se po­ging om die aan­dag af te lei.

Dit is ver­staan­baar, want die VBS-ge­mors kan die eer­ste kraak wees wat uit­ein­de­lik die EFF­boot kan laat sink.

Daar­om sal die EFF, as par­ty wat by uit­stek ras­se­po­pu­lis­me as deel van sy po­li­tie­ke re­per­toi­re ge­bruik, in daar­die oom­blik die de­flek­sie van ras aan­wend. Die­self­de ma­neu­ver deur EFF-stu­den­te en ver­wan­te or­ga­ni­sa­sies word op u­ni­ver­si­teits­kam­pus­se ge­sien, soos op my on­lang­se boek­be­kend­stel­ling by die U­ni­ver­si­teit van Jo­han­nes­burg.

’n Lang mo­no­loog, ge­paard­gaan­de met drei­gen­de ge­drag, word as deel van ’n soort po­li­tiek van ka­ping en in­een­stor­ting ge­le­wer. Dus, die spreek­ruim­te op die ge­leent­heid (of dit nou ’n se­mi­naar of wat ook al is) word tot op die punt van in­een­stor­ting ge­kaap en oor­heers.

Die oor­spronk­li­ke doel word van die ta­fel ge­vee en die ge­leent­heid dien uit­ein­de­lik as plat­form vir die ka­pers om hul a­gen­da op die ge­hoor af te druk.

Deel van die ka­pings­re­to­riek is dan ook dat “wit men­se moet stil­bly”. Die ge­lyk­stel­ling van al­le wit men­se met “ras­sis­te” vorm die kern van die re­to­riek. Wit men­se word ge­re­du­seer tot ’n ho­mo­ge­ne groep, wat al­mal in hul “kern” ras­sis­ties is.

Hier­die is ti­pie­se es­sen­si­a­lis­me, wat in­trin­siek tot die ras­se­lo­gi­ka is. Op grond van ’n in­di­vi­du of groep se voor­koms word spe­si­fie­ke, ge­woon­lik ne­ga­tie­we waar­des aan daar­die groep of per­soon toe­ge­dig wat in­he­rent en on­ver­an­der­lik is.

Die slot­som wan­neer ’n groep of ’n in­di­vi­du on­ver­an­der­lik ne­ga­tief is, is dat daar­die groep of in­di­vi­du ver­wy­der moet word.

In sy ui­ter­ste vorm het dié soort den­ke by­voor­beeld tot die Na­zi’s se “fi­na­le op­los­sing” vir die be­staan van Jood­se men­se aan­lei­ding ge­gee. Dit wys die ge­vaar daar­van.

Soms word op só ’n ka­pings­oom­blik die ge­dag­te aan ver­wy­de­ring per­ti­nent ge­op­per, dus, dat wit men­se hul­self uit die u­ni­ver­si­teit of uit die land moet ver­wy­der, of ver­wy­der moet word.

Wit- en swart­heid as es­sen­sie

Soos wat dié den­ke wit­heid as ’n es­sen­sie skep, só word swart­heid ook as ’n es­sen­sie ge­skep. Hier­die re­to­riek speel tans in SuidA­fri­ka uit as die be­vor­de­ring van ’n eks­klu­sie­we swart­heid waar­in men­se wat on­der a­part­heid as “K­leur­ling” of “In­di­ër” ge­ka­te­go­ri­seer was, nie kan deel nie.

Dus is dit ’n voor­beeld van ’n eng swart na­si­o­na­lis­me wat, in sy ui­ter­ste vorm, ’n “sui­wer” swart land na­jaag. Die aan­drang op stil­swye by wit men­se lyk eint­lik daar­om soos ’n fan­ta­sie van ’n land son­der wit men­se.

Dit is nood­saak­lik om te ont­hou dat die eng swart na­si­o­na­lis­tie­se po­si­sie nie uit die blou­te ver­skyn nie. Dit is ’n teen­re­ak­sie van som­mi­ge swart men­se op ’n wit meer­der­waar­dig­heid wat blyk om dees­dae selfs meer on­ver­set­lik te wees.

Een van hor­des voor­beel­de is die Praat saam-de­bat op RSG oor ras­se­ka­te­go­rieë waar­aan ek van­dees­week deel­ge­neem het. ’n Luis­te­raar stuur ’n SMS om te ver­klaar dat hy of sy “trots” die “wit”-blok­kie op vorms merk, want hy of sy is “trots blank”. Om in die kon­teks van Suid-A­fri­ka se ge­skie­de­nis van ge­weld en de­pri­va­sie weens wit op­per­heer­skap­py “trots blank” te wees is ’n klap in el­ke swart mens se ge­sig.

Die her­op­stu­wing van hier­die on­ver­set­li­ke wit­heid is een van die re­des waar­om wit men­se nie dúrf stil­bly nie. Dit is ons plig om me­kaar aan te t­ree wan­neer be­lag­li­ke en aan­stoot­li­ke fan­ta­sieë van wit meer­der­waar­dig­heid kop uit­steek.

Nóg ’n re­de is dat hoe­wel nie al­le wit men­se van­dag ak­tief ras­sis­ties is nie, al­mal wel on­reg­ver­dig by wit­heid ge­baat het. Om e­nig­sins ’n e­tie­se le­we te kan lei het el­ke wit mens ’n plig om by te dra tot ’n land wat e­ko­no­mies en so­si­aal in­klu­sief is.

Laas­tens is dit wit men­se se plig om die Grond­wet te help ver­we­sen­lik, ver­al die op­roep tot mens­waar­dig­heid, ná die ver­ont­mens­li­ken­de stel­sels wat ons voor­sa­te af­ge­dwing het. Dit be­te­ken ak­tie­we deel­na­me in die o­pen­ba­re sfeer, ver­al ook om die ras­se­lo­gi­ka wat wit men­se se toe­doen is stel­sel­ma­tig teen te werk en af te ta­kel.

Maar, hoe­wel wit men­se om al hier­die re­des nie mag stil­bly nie, moet ons ook weet dat ons dik­wels meer moet luis­ter as praat.

Dit is die ba­lans tus­sen praat en luis­ter wat uit­ein­de­lik daar­die gif­ti­ge ras­se­ver­knogt­heid on­ge­daan kan maak, en moont­lik­he­de van ver­mens­li­king vir al­mal hier ter plaat­se kan oop­maak.

■ Prof. Van der West­hui­zen is ’n ge­noot by die De­mo­cra­cy Works­stig­ting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.