Straf­kaart oor 14-ja­ri­ge se lok­ke

‘Net swart mei­sies mag ha­re só dra’

Beeld - - Nuus - I­sa­bel Ven­ter

Net swart mei­sies mag Ras­ta-lok­ke dra, het ’n 14-ja­ri­ge leer­ling aan die Ho­ër­skool Ge­ne­raal Hert­zog in eMa­lahle­ni (Wit­bank) in M­pu­ma­lan­ga ge­hoor.

Kay­la Pot­gie­ter (14) het gis­ter ’n straf­kaart by haar skool ge­kry.

Dié kaart sal per­ma­nent op haar skool­re­kord bly.

Die straf­kaart is vol­gens Kay­la se ma, Mi­chel­le Be­ster, deur een van die skool­pre­fek­te uit­ge­reik.

Die pre­fek het glo vir Kay­la ge­sê “wit mei­sies mag nie hul ha­re só dra nie”.

Be­ster het die dis­si­pli­nê­re hoof van die skool gis­ter ge­bel om ag­ter die kap van die byl te kom.

Haar dog­ter is aan­ge­spreek om­dat daar re­ëls en re­gu­la­sies by die skool is oor hoe mei­sies hul ha­re mag dra.

“Toe ek die hoof daar­op wys dat baie mei­sies hul ha­re op dié ma­nier dra, het hy ge­sê wit mei­sies dra nie hul ha­re só nie. Dit is glo om kul­tu­re­le re­des dat die swart mei­sies hul ha­re só dra en daar­om mag net hul­le dit doen,” sê Be­ster.

Haar dog­ter het so­wat ’n week ge­le­de haar ha­re laat vleg vir ’n tra­di­si­o­ne­le troue. Kay­la se na­tuur­li­ke ha­re is in een groot vleg­sel ge­vleg wat tot oor haar skou­ers hang en is van haar ge­sig weg­ge­bind.

“Die styl is glad nie slor­dig nie,” sê Be­ster.

Sy het dit die af­ge­lo­pe week só skool toe ge­dra, want die skool sou in elk ge­val gis­ter klaar­maak voor die ek­sa­men.

“Die feit dat die skool die woor­de ‘wit mei­sie’ ge­bruik het, maak my siek.

“Dit kom mos neer op ras­sis­me?” sê Be­ster.

Henk Pot­gie­ter, die skool­hoof, sê hy voel die kwes­sie word uit ver­band ge­ruk. Hy het gis­ter daar­van te ho­re ge­kom na­dat die hoof van dis­si­pli­ne hom mee­ge­deel het “dat ’n on­ge­luk­ki­ge ou­er ge­bel het”.

“As die pre­fek wel haar per­soon­li­ke me­ning ge­lug het, moet die saak on­der­soek word, maar dan moet die skool min­stens eers ’n klag ont­vang.

“In hier­die sta­di­um het dit nog nie ge­beur nie. Die ou­er het ook nie ie­mand by die skool kom spreek nie,” het die hoof ge­sê.

Hy het by­ge­voeg dat hul­le be­sig is om hul ge­drags­ko­de te her­sien.

Jas­per Z­wa­ne, woord­voer­der van die de­par­te­ment van on­der­wys in M­pu­ma­lan­ga, het by na­vraag ge­sê ’n ver­slag sal van die skool aan­ge­vra word.

“Dit is die eer­ste wat ons hier­van hoor en ons sal da­de­lik met die skool in ver­bin­ding t­ree om te hoor wat ge­beur het,” sê Z­wa­ne. Kay­la Pot­gie­ter (14) van die Ho­ër­skool Ge­ne­raal Hert­zog in eMa­lahle­ni (Wit­bank) mag glo nie haar ha­re in dié styl dra nie, want dit is net swart mei­sies wat hul ha­re só dra. Sy het gis­ter ’n straf­kaart by die skool ge­kry hier­oor.

“Die feit dat die skool die woor­de ‘wit mei­sie’ ge­bruik het, maak my siek.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.