Vlam­me­hel oor­wel­dig Pa­ra­di­se

Beeld - - Nuus -

’n Weg­hol­bos­brand in die noor­de van die A­me­ri­kaan­se deel­staat Ka­li­for­nië het ’n he­le dor­pie uit­ge­wis.

Die brand het so vin­nig ver­sprei dat in­wo­ners van Pa­ra­di­se net hul kin­ders en troe­tel­die­re ge­gryp en voor die vlam­me ge­vlug het.

Die dorp met sy so­wat 27 000 in­wo­ners is so­wat 290 km noord­oos van San Fran­cis­co.

Tal­le men­se het eers pro­beer weg­ry, maar weens ver­keers­kno­pe hul mo­tors net so laat staan en be­gin hard­loop.

Tien­dui­sen­de in­wo­ners in meer as een Ka­li­for­nie­se dis­trik het hul hui­se ont­ruim.

CNN be­rig die brand is in ’n sta­di­um teen ’n tem­po van 80 voet­bal­vel­de per mi­nuut deur sterk wind voort­ge­dryf.

“Die he­le ge­meen­skap van Pa­ra­di­se is eint­lik ver­woes, dit is so erg,” sê S­cott M­cLe­an, brand­weer­hoof van die deel­staat.

“Die wind wat voor­spel is, het toe op­ge­daag en die dorp uit­ge­wis.”

Vol­gens Sky News sê M­cLe­an ’n paar dui­send struk­tu­re is ver­nie­tig. Sterf­tes is aan­ge­meld, maar die sterf­te­sy­fer moet nog be­ves­tig word, het Ko­ry Ho­nea, sher­iff van die But­te-dis­trik, aan die BBC ge­sê.

’n Nood­toe­stand is reeds in een dis­trik af­ge­kon­dig.

Die brand het Don­der­dag om­streeks 06:30 by Camp C­reek ont­staan en is daar­na “die kamp­vuur” ge­doop.

Ka­li­for­nië se de­par­te­ment van bos­bou sê teen Don­der­dag­mid­dag was 8 000 ha van die om­ge­wing reeds ver­woes.

Die vrou van die ei­e­naar van ’n woon­wa­park sê haar man het so­veel men­se moont­lik eer­gis­ter­nag gaan op­klop en aan­ge­sê om te vlug.

“My man het sy bes pro­beer om al­mal uit te kry. Die he­le berg brand. God help ons!” het S­ha­ry Ber­na­cett per te­le­foon aan Sky News ge­sê.

“Die he­le ge­meen­skap van Pa­ra­di­se is eint­lik ver­woes, dit is so erg. Die wind wat voor­spel is, het toe op­ge­daag en die dorp uit­ge­wis.”

Fo­to: AP

Pa­si­ën­te van die Fe­at­her Ri­ver-hos­pi­taal in Pa­ra­di­se, Ka­li­for­nië, word ver­wy­der en in vei­lig­heid ge­bring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.