B­rein­ge­was ver­wy­der met af­stand­be­heer

Beeld - - Nuus -

Met be­hulp van nu­we kan­ker­be­han­de­lings­teg­no­lo­gie het ’n on­ko­loog van Port E­li­za­beth on­langs ’n pa­si­ënt se b­rein­ge­was met af­stand­be­heer in ’n hos­pi­taal in Jo­han­nes­burg ver­wy­der.

Son­der ’n o­pe­ra­sie en s­legs met die ge­bruik van ’n skoot­re­ke­naar in Port E­li­za­beth om ’n ma­sjien in die Ne­t­ca­re Mil­park-hos­pi­taal 1 000 km daar­van­daan te be­heer, het dr. Cathryn Wal­ton van Can­cer­ca­re Lan­gen­ho­ven D­ri­ve On­co­lo­gy Cen­t­re haar 59-ja­ri­ge pa­si­ënt be­han­del.

Die Gam­ma K­ni­fe-be­stra­lings­ma­sjien is glo een van die ak­ku­raat­ste pro­se­du­res om on­der meer brein­ge­was­se uit moei­lik be­reik­ba­re de­le van die brein of se­nu­wee­stel­sel te ver­wy­der. Dit laat ook baie min­der ska­de aan om­lig­gen­de weef­sel.

’n Af­stand­be­heer­stel­sel om die Gam­ma K­ni­fe te ge­bruik, is in Port E­li­za­beth en Bloem­fon­tein ge­ïn­stal­leer.

“Met die be­plan­ning en be­heer wat met ’n af­stand­be­heer­de stel­sel ge­doen word, kan ons tyd en kos­te be­spaar en die­self­de on­ko­loog kan die be­han­de­ling deur­gaans be­stuur,” sê Wal­ton.

Die be­han­de­ling be­staan uit ’n hoë do­sis Gam­ma-be­stra­ling wat met die ak­ku­raat­heid van tot min­der as ’n mil­li­me­ter die pre­sie­se ge­bied kan tei­ken.

Haar eer­ste pa­si­ënt vir die nu­we be­han­de­ling was ver­baas om te ver­neem sy gaan die be­han­de­ling van­uit haar spreek­ka­mer in Port E­li­za­beth han­teer, ter­wyl hy Jo­han­nes­burg toe vlieg om in die ma­sjien te lê. Die pa­si­ënt het in­ge­stem tot dié be­han­de­ling na­dat hy voor­heen che­mo­te­ra­pie vir sy b­rein­ge­was on­der­gaan het.

Die pa­si­ënt het na Jo­han­nes­burg ge­vlieg, waar die be­han­de­ling op 30 Ok­to­ber bin­ne ’n uur uit­ge­voer is.

Bui­ten vir ’n lig­te hoof­pyn, was die pa­si­ënt die vol­gen­de dag weer te­rug by die huis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.