VSA: Vroue wys staal

Beeld - - Kommentaar -

Die be­lang­rik­ste on­be­doel­de uit­vloei­sel van die Trump-pre­si­den­sie is die be­dui­den­de op­koms van vroue van al­le kul­tu­re en gods­diens­ti­ge af­fi­li­a­sies.

Dit is in­spi­re­rend dat twee vroue uit die ge­le­de­re van die oor­spronk­li­ke in­wo­ners van die VSA, as­ook ’n vrou wat die Mos­lem-ge­loof aan­hang, nou deel gaan wees van hul land se hoog­ste be­sluit­ne­mings­pro­ses­se.

Dit is ’n dui­de­li­ke ver­wer­ping van pres. Do­nald Trump se ver­de­len­de re­to­riek.

Ek het nog al­tyd ge­glo dat die wê­reld meer vroue in die po­li­tiek no­dig het: Hul­le is van na­tu­re meer in­ge­stel op kom­pro­mis en me­de­mens­lik­heid.

’n An­der on­be­doel­de ge­volg is dat die De­mo­kra­tie­se Par­ty nou be­ves­tig is as die re­ën­boog­par­ty wat die di­ver­si­teit van die A­me­ri­kaan­se volk ver­teen­woor­dig.

Die De­mo­kra­te ver­teen­woor­dig toe­ne­mend die toe­koms en die Re­pu­bli­kei­ne die ver­le­de.

Dit is ’n po­si­tie­we bood­skap aan die he­le wê­reld, ver­al vir lan­de met di­ver­se be­vol­king­sa­me­stel­lings, soos Suid-A­fri­ka.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.