Op­ti­mis­me kan be­wa­ring hup­stoot gee

Beeld - - By - Ni­co­la Kuhn Kuhn is ’n PhD-stu­dent aan die U­ni­ver­si­teit van Ox­ford

’n Mens raak mak­lik moe­de­loos oor die oor­vloed en kom­plek­si­teit van om­ge­wings­kwes­sies wat ons in die ge­sig staar. Des te meer in ’n tyd waar ons met am­per on­be­perk­te toe­gang tot in­lig­ting aan­hou­dend ge­bom­bar­deer word met be­rig­te oor ys­ber­ge wat ver­brok­kel, re­nos­ters wat uit­sterf en o­lie­lek­ke wat die o­se­a­ne be­soe­del.

Eer­li­ke op­voe­ding oor dié kwes­sies is nood­saak­lik, maar ons moet ook die ge­vol­ge be­dink van ’n ge­meen­skap wat heel­tyd bloot­ge­stel word aan sleg­te nuus en wat men­se ’n ver­sa­di­gings­punt laat be­reik. Die ge­vaar is dat men­se be­gin dink die wê­reld is reeds in so ’n ge­mors dat ons nie eint­lik iets kan doen om dit te ver­an­der nie.

Dit het on­langs die vraag ont­lok wat sal ge­beur as ons meer op­ti­mis­ties kyk na wat ons reeds be­reik het om die pla­neet te her­stel – en wat ons moont­lik in die toe­koms sal kan be­reik.

Be­wa­rings­po­gings het by­voor­beeld die voor­uit­sig­te van ’n he­le paar be­dreig­de spe­sies ver­be­ter. Dit sluit in die sim­bool van na­tuur­be­wa­ring, die reu­se-pan­da­beer, maar ook an­der spe­sies soos die sui­de­li­ke wit­re­nos­ter, die sneeu­lui­perd, die noor­de­li­ke bruin ki­wi en die sai­ga-wilds­bok.

Daar is voorts groot vor­de­ring ge­maak om die gat in die o­soon­laag te ver­klein. Daar is on­langs be­ves­tig dat dit groot­liks te dan­ke is aan be­leids­be­slui­te in die 1980’s om die ge­bruik van chloor en ver­wan­te che­mi­ka­lieë in fa­brie­ke en kom­mer­si­ë­le pro­duk­te te ver­min­der.

Ons kan trots wees op die ma­nier waar­op ons e­lek­trie­se voer­tuie en her­nu­ba­re e­ner­gie aan­gryp in ’n po­ging om ons groot­ste pro­bleem te ta­kel, naam­lik die ver­min­de­ring van kool­stofuit­laat­gas­se. Daar is na­tuur­lik nog baie ruim­te vir ver­be­te­ring, maar voort­ge­set­te teg­no­lo­gie­se ont­wik­ke­ling en men­se soos Elon Musk kan ons ste­wig in die 21ste eeu help ves­tig.

Dis maar en­ke­le voor­beel­de van die po­ten­si­ë­le suk­ses wat ons kan be­haal as ons reg­tig ons po­gings, vaar­dig­he­de, hulp­bron­ne en gees­drif kom­bi­neer. So, hoe­kom sing ons nie bie­tjie ’n an­der deun­tjie wan­neer ons om­ge­wings­kwes­sies be­spreek nie?

Dít is die i­dee ag­ter die Con­ser­va­ti­on Op­ti­mism Mo­vement, wat deur be­wa­rings­kun­di­ges in B­rit­tan­je ont­wik­kel is. Dit is be­moe­di­gend om te sien hoe dit van die te­o­re­tie­se sfeer van na­vor­sings­in­stel­lings na die prak­tyk ver­sprei en die be­gin­sels daar­van in be­wa­rings­be­stuur­stra­te­gieë ge­ïn­kor­po­reer word, met suk­ses­se wat ge­vier en uit­ge­ba­suin word.

In pas hier­mee het die In­ter­na­ti­o­nal U­ni­on for the Con­ser­va­ti­on of Na­tu­re (IUCN) ’n Groen­lys-pro­gram be­kend ge­stel wat be­skerm­de en be­wa­rings­ge­bie­de lys wat doel­tref­fend be­stuur en be­plan word en se­ke­re be­wa­rings­doel­wit­te be­reik. Deur die be­skik­baar­heid van ’n stan­daard wat er­ken­ning gee aan be­skerm­de ge­bie­de wat goed pres­teer, kan ons be­wa­ring deur ’n meer po­si­tie­we bril be­kyk.

Die de­bat moet na­tuur­lik ge­an­ker bly in die re­a­li­teit van ’n snel­ver­an­de­ren­de wê­reld waar­in die om­ge­wing on­der groot druk is. Maar die in­slui­ting van be­wa­rings­op­ti­mis­me as be­na­de­ring tot án­der om­ge­wings­kwes­sies is ’n be­lang­ri­ke deel van die op­los­sing.

Met dié be­na­de­ring be­skerm ons die mees kri­tie­ke hulp­bron in ons stryd, naam­lik deur ’n jon­ger ge­ne­ra­sie om­ge­wings­kamp­veg­ters te in­spi­reer en mo­ti­veer om be­wa­ring as ’n loop­baan te kies en el­ke og­gend op te staan en die taak aan te pak om die pla­neet te help ge­nees. ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.