My on­be­trou­ba­re maar bes­te vriend

Beeld - - By - Piet Ma­ti­pa @Pie­tMa­ti­pa

Ek het ’n on­be­trou­ba­re bes­te vriend: My sel­foon.

My ver­hou­ding met sel­fo­ne het op skool be­gin. Toe was dit weens die min in­ter­ak­sie ’n op­per­vlak­ki­ge wel­voeg­li­ke ge­vat­te­ry.

Die fo­ne des­tyds was nie die skerp­ste pot­lo­de nie. Hul­le was baie dom. Dit het nie kleur ge­had nie. Jy kon net bel en SMS’e stuur. Dan was daar twee­di­men­si­o­ne­le sel­foon­spe­le­tjies wat my ure kon ver­maak.

My eer­ste foon was ’n No­kia, toe ver­neuk ek my No­kia met ’n min­der dom (dog nie in­tel­li­gen­ter) Mo­tor­o­la. Dié was ook maar ’n vaak­vis.

La­ter het BlackBer­ry my ver­lei. Die was ’n foon so na my vin­gers. Die BlackBer­ry was nou vir jou ’n foon met ter­si­ê­re op­voe­ding.

Ek s­weet som­mer nos­tal­gie wan­neer ek daar­aan dink.

Die toets­bord was ge­brui­kers­vrien­de­lik. BBM het my geld ge­spaar. As ’n mens nie vrien­de was met ’n BlackBer­ry nie, was daar dui­de­lik fout met jou.

Ek ont­hou se­ke­re ka­lan­te in die BlackBer­ry-era wat die ver­me­tel­heid ge­had het om hul Samsung-fo­ne uit te zip en trots rond te swaai. Dit was heel­te­mal on­van­pas en ek wou net hê hul­le moet die ding weg­sit.

Nou be­vind ek my in ’n ses jaar lan­ge vriend­skap met Samsung. Die iP­ho­ne-bri­ga­de sien na­tuur­lik op my neer, want iP­ho­ne ver­an­der glo jou le­we. Ek is te sterk om ge­brein­spoel te word. Ek bly by my Samsung.

’n Vriend wat ek met wil­de bood­skap­pe en in­tie­me fo­to’s ver­trou. ’n Vriend wat weet hoe­veel geld ek in my bank­re­ke­ning het of nie het nie. ’n Vriend wat my sog­gens wak­ker maak so­dat ek be­tyds vir werk kan wees. ’n Wa­re pel. ’n Pel wat my wys wat in an­der se le­we aan­gaan. ’n Pel wat my ge­sel­skap hou wan­neer reg­te ge­sel­skap op­raak. Ons kan ure be­sig wees en my foon sal my nie ver­veel nie.

Ek het al baie fo­ne ver­loor. Par­ty is ge­steel. Som­mi­ge het ek ie­wers ver­geet en toe word dit ge­steel. An­der het aan die ein­de van hul le­we ge­kom.

Ek ont­hou die dae toe ek foon­loos was – dit was my don­ker uur. My deur na die bui­te­wê­reld was ge­sluit. Die mu­re in my ka­mer het al hoe na­der be­weeg.

Ek het wees ge­voel. Weg­ge­gooi en son­der rig­ting. Ek was ge­ma­ri­neer in ek­sis­ten­si­a­lis­me. Dis swaar, ek sê jou. Baie.

Dit is die ge­vaar van my bes­te vriend. E­nig­ie­mand kan hom vat. Dan is ek ver­ge­te ter­wyl ie­mand an­ders my foon ge­niet. My bes­te vriend kan my ge­hei­me aan an­der ver­tel, of in­lig­ting ver­skaf wat teen my ge­bruik kan word.

Daag­liks moet ek aan my bes­te vriend vas­klou, want an­der is oor­ge­haal om ons vriend­skap te be­ëin­dig.

My bes­te vriend het twee oë, ka­me­ras, wat my in groot moei­lik­heid kan bring. Dit sien dalk hus­se met láááááng . . . ore. En hy sal nie skroom om dit aan an­der uit te lap nie.

Ek het ’n baie on­be­trou­ba­re vriend, maar tog ver­trou ek my vriend met my le­we. Ek is dom om dit te doen, maar my vriend is ’n slim foon. ■ Ma­ti­pa is ’n voor­ma­li­ge joer­na­lis, skry­wer van die boek Dwars­klap en draai­boek­skry­wer vir 7de Laan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.