Be­na­der be­leg­gings só

Beeld - - Sake -

Guy F­let­cher gee ses wen­ke:

1. Lees Ge­or­ge S. Clason se boek The Ri­chest Man in Ba­by­lon en leer om te spaar vir din­ge wat jy wil hê, eer­der as om iets te koop en dit dan af te be­taal.

2. Be­skou be­leg­gings as ’n lang­ter­myn­pro­ses. Ver­staan die ver­skil tus­sen kort­ter­myn wis­sel­val­lig­heid teen­oor die lang­ter­myn voor­deel van ’n op­brengs wat in­fla­sie kan klop.

3. Stel ’n plan op – en hou daar­by, ten­sy jou per­soon­li­ke om­stan­dig­he­de ver­an­der. Moe­nie net in ver­le­de jaar se top­pres­teer­ders be­lê nie.

4. Maak se­ker jy be­lê van jou geld oor­see.

5. Doen jou eie na­vor­sing voor­dat jy ’n fi­nan­si­ë­le raad­ge­wer gaan sien. Dit maak van jou ’n meer in­ge­lig­te be­leg­ger.

6. Dink aan die geld wat jy be­lê as “een­he­de van ge­luk” vir jou toe­koms­ti­ge self. Maak se­ker jy ver­staan die im­pak wat jou kwis­ti­ge be­ste­ding op jou toe­koms­ti­ge ge­luk kan hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.