Leef­styl met Tar­ryn ge­sels oor haar tyd by ‘Die kon­trak’

Beeld - - Leefstyl - Tar­ryn Lamb

Dié week moet aan­han­gers van Via (DStv-ka­naal 147) se Die kon­trak die men­tor Tar­ryn Lamb groet na­dat die laas­te van haar deel­ne­mers, Ta­tum S­try­dom, se kon­trak op­ge­skeur is. Ons ge­sels met dié san­ger oor haar er­va­ring op dié pro­gram. Ek het vir men­se ge­soek wat sto­ries deur hul mu­siek kan ver­tel. Al­bei my deel­ne­mers is ge­reed om hul sto­ries te ver­tel en om hul har­te uit te stort deur mu­siek.

Oor wat­ter ei­en­skap­pe gaan die vol­gen­de groot A­fri­kaan­se mu­si­kant moet be­skik?

Ek dink daar is baie kuns­te­naars wat die­self­de styl het. Ek dink die wen­ner van Die kon­trak gaan iets nuuts tot die A­fri­kaan­se mu­siek­be­dryf moet voeg.

Wat het jou laat be­sluit om deel te wees van

Die kon­trak?

Ek loop al ’n baie lang pad in die be­dryf en dit is lek­ker om vir ie­mand an­ders die­self­de lei­ding te kan gee wat ek so no­dig ge­had het. Dit is heer­lik om men­se se ont­wik­ke­ling te sien.

Wat is die bes­te raad wat jy al as kuns­te­naar in jou loop­baan ont­vang het?

Moet nooit in jou ge­mak­so­ne ver­dwaal nie. Niks ver­an­der in­dien jy nie ver­an­der nie.

’n Mens moet aan­hou be­weeg en ont­wik­kel om die mees­te uit die le­we te kry.

Wat is jou raad aan die vol­gen­de

Voor­be­rei­ding, voor­be­rei­ding, voor­be­rei­ding. As kuns­te­naar moet jy al­tyd jou bes­te le­wer on­ge­ag van die ge­leent­heid waar­by jy op­tree. Jou hou­ding be­paal hoe jy groei as kuns­te­naar. Jy weet nooit wie in die ge­hoor sit nie.

Wat daag jou die mees­te ge­du­ren­de die pro­duk­sie­pro­ses uit?

Die tyd­fak­tor plaas baie druk op die fi­na­lis­te. Hul­le het baie min tyd om voor te be­rei. Baie van hul­le het on­ge­loof­lik baie ta­lent en al­mal weet hoe meer tyd jy in die be­dryf kry om voor te be­rei, hoe be­ter!

Wat is jou guns­te­ling-as­pek van die pro­gram?

Ek is mal oor el­ke op­tre­de. Ek is ’n ge­wel­di­ge mu­siek­lief­heb­ber en ek het so baie nu­we mu­siek ge­du­ren­de die pro­duk­sie­pro­ses ge­leer. Ek het as ge­volg van die pro­ses ’n nu­we re­spek vir A­fri­kaan­se sto­rie­ver­tel­ling ge­kry.

Die ken­ners en aan­bie­ders kom uit die Huis van Co­les­ke. Hoe is dit om saam met hul­le te werk?

Daar is ge­wel­di­ge sa­me­syn on­der ons al­mal. ’n Mens kry die ge­voel dat ons al­mal fa­mi­lie is en dit maak die he­le pro­ses baie waar­de­vol­ler.

Wat­ter pro­fes­si­o­ne­le raad sal jy vir die to­p­agt deel­ne­mers gee?

Ek dink nie dat die fi­na­lis­te net op wen ge­fo­kus moet wees nie. Die kon­trak gaan vir hul­le so baie bloot­stel­ling gee dat hul­le be­slis an­der ge­leent­he­de ná Die kon­trak gaan kry. Hul­le moet van nou af hul re­per­to­ri­um be­gin saam­stel.

Wat is vol­gen­de vir jou?

Ek werk aan my nu­we al­bum se pro­mo­sie­werk. Ek is ook aan die gang met ’n nu­we band en is baie op­ge­won­de oor my “Mal oor jou”-toer wat voor­lê.

Ek sien baie uit na my op­tre­de saam met Il Di­vo in No­vem­ber en ook na­tuur­lik fa­mi­lie­tyd in De­sem­ber.

■ Nu­we e­pi­so­des van Die kon­trak word Woens­dae om 20:00 op Via (DStv-ka­naal 147) uit­ge­saai met her­uit­sen­dings op Vry­dae om 19:00, Sa­ter­dae om 21:00 en Son­dae om 21:00.

Hoe het jy jou twee deel­ne­mers, Ty­ral-Lee Mig­gels en Ta­tum S­try­dom, ge­kies? wen­ner van Die kon­trak?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.