Weet voor jy soon­toe gaan

Beeld - - Leefstyl -

Jy moet ’n vi­sum aan­lyn by die am­bas­sa­de kry, en dit is baie duur.

Die Tra­ders Ho­tel Qa­ry­at Al Be­ri, na­by die S­hang­ri-La-ho­tel, met sy weer­ga­lo­se uit­sig op die S­jeik Za­jed-mos­kee en kul­tu­re­le dorp, word aan­be­veel. Be­groot on­ge­veer R1 000 met ont­byt per dag per per­soon.

Om­dat die stad so groot is, moet jy lie­wer op ’n ge­or­ga­ni­seer­de stads­toer gaan (wat jou tot R1 000 kan kos), of jy kan op die Big Bus Hop-On-bus­se op- en af­klim waar jy wil.

Die dag­toer na Al Ain kry o­ral lof. Vir R1 700 be­soek jy ’n sjar­man­te en stok­ou dor­pie, maar dit neem ’n he­le dag in be­slag. Die na­si­o­na­le mu­seum daar gee baie in­lig­ting oor Ara­bië se ge­skie­de­nis.

Jy kan ook ’n ka­meel­rit be­spreek wat saans net bui­te die stad in die woes­tyn plaas­vind, vir on­ge­veer R1 000 per per­soon.

Jy kan selfs vir ’n dag na Du­bai ry en die be­ken­de Boerdj K­ha­li­fa-ge­bou daar be­soek.

Jy moet for­me­le kle­re (’n lang­broek, toe skou­ers, toe skoe­ne) by se­ke­re be­siens­waar­dig­he­de dra – jy kry in­lig­ting daar­oor wan­neer jy be­spreek of in Abu D­ha­bi aan­kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.