Rug­by­ba­se ver­breek (soort van) stil­te oor Far­rell

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Wê­reld­rug­by het op die mees sub­tie­le wy­se, en son­der om die voor­val op die naam te noem, ge­re­a­geer op die veel­be­spro­ke O­wen Far­rell-skou­er­loop op An­dré Ester­hui­zen in ver­le­de na­week se toets tus­sen Suid-A­fri­ka en En­ge­land op T­wic­ken­ham.

Far­rell is nie vir dié duik­slag, waar­in hy in die dood­snik­ke vir Ester­hui­zen met die skou­er ge­loop het son­der om sy arms te ge­bruik, deur die s­keids­reg­ter, An­gus Gard­ner, ge­straf nie.

In ’n ver­kla­ring wat dié be­heer­lig­gaam Don­der­dag­mid­dag oor vuil­spel en kon­tak met spe­lers se kop uit­ge­reik het, is daar laag af ’n sin­ne­tjie, wat as ’n sub­tie­le re­ak­sie op die Far­rell­skou­er­loop ge­lees kan word.

“Na­dat on­lang­se wed­stry­de, in­slui­ten­de dié van die af­ge­lo­pe na­week wat bui­te die toets­ven­ster ge­val het, her­sien is, is wed­stryd­be­amp­tes weer her­in­ner aan hul ver­plig­ting om on­wet­ti­ge duik­slae son­der arms, hoë duik­slae en duik­slae waar daar met die voor­arm of elm­boog ge­lei word, te straf,” lui die ver­kla­ring, wat ná aan­lei­ding van ’n werk­ses­sie met af­rig­ters en wed­stryd­be­amp­tes uit­ge­reik is.

“Dít val on­der (Wê­reld­rug­by) se voort­ge­set­te toe­wy­ding om kop­be­se­rings te voor­kom. Dit is weer be­na­druk by ’n hoogs pro­duk­tie­we werk­ses­sie met wed­stryd­be­amp­tes. Dié ses­sie het oor dis­si­pli­ne ge­han­del.”

Dié voor­val het ’n e­nor­me de­bat ont­ke­ten. Die me­nings van voor­ma­li­ge spe­lers en -skeids­reg­ters was ver­deeld.

Die voor­ma­li­ge Ier­se sen­ter B­ri­an O’D­ris­coll en die oud-Bok­flank Kee­gan Da­niel tel on­der dié wat glo Gard­ner het die reg­te be­sluit ge­neem.

Die oud-bla­sers An­dré Watson en Jo­na­than Ka­p­lan het van hul­le ver­skil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.