Hou hart, hou! Cor­nal is te­rug

Beeld - - Sport - Mar­nus Kok

Die ver­ge­te oud-S­pring­bok Cor­nal Hen­dricks se rug­by­loop­baan het uit die as ver­rys met die nuus dat die Bul­le hom vir aan­staan­de jaar se Su­per­rug­by-reeks ge­kon­trak­teer het.

Hen­dricks (30) het sy toets­bui­ging in 2014 ge­maak en die Bok­ke in

12 toet­se op vleu­el ver­teen­woor­dig, voor­dat hy die laas­te paar jaar met sy ge­sond­heid ge­suk­kel het.

’n Hart­kwaal is vroeg in

2016 by hom ge­di­ag­no­seer, waar­na sy kon­trak by die S­tor­mers ter­sy­de ge­stel is en hy hom la­ter daar­die jaar by die Fran­se klub Tou­lon aan­ge­sluit het.

Die klub het eg­ter vroeg in 2017 be­sluit dat dit ’n te groot ri­si­ko is om die oud-B­lits­bok te kon­trak­teer en het hom ook die rug toe­ge­keer.

Kort daar­na het die Bul­le aan­ge­kon­dig dat hy hom vir me­die­se en fiks­heids­toet­se in P­re­to­ria aan­ge­meld het.

S­kaars ’n maand la­ter het die P­re­to­ri­a­se u­nie ge­sê dat hul­le op grond van me­die­se ad­vies be­sluit het om Hen­dricks nie te kon­trak­teer nie.

Laat in 2017 was die Sout­hern Kings ook van me­ning dat dit ’n té groot ri­si­ko sou wees om die vleu­el te kon­trak­teer en was sy loop­baan vir al­le prak­tie­se re­des in ’n dood­loop­straat.

Ná die Kings hom ’n koue skou­er ge­gee het, het hy wel in 2017 by ge­leent­heid vir die Bo­land­se klub Ro­ses U­ni­ted ge­speel.

Die groot pro­bleem met Cor­nal se hart­kon­di­sie was dat dit bit­ter moei­lik vir ’n u­nie sou wees om me­die­se ver­se­ke­ring vir hom uit te neem.

Die Bul­le het eg­ter Vry­dag in ’n me­di­a­ver­kla­ring ge­sê dat Hen­dricks deur ’n voor­aan­staan­de hart­spe­si­a­lis ge­sond ver­klaar is om te speel en dat die vleu­el ten vol­le be­wus is van sy di­ag­no­se en ri­si­ko ver­bon­de aan sy hart­kwaal.

“Soos met e­ni­ge rug­by­spe­ler wat die mooi spel speel, is ek ten vol­le be­wus van die ri­si­ko’s wat daar­mee ge­paard­gaan om ’n ge­kon­trak­teer­de spe­ler by die Bul­le te wees,” sê Hen­dricks in die ver­kla­ring.

“Ek het die af­ge­lo­pe twee jaar aan ’n aan­tal uit­no­di­gings­toer­nooie reg­oor die wê­reld deel­ge­neem en sien daar­na uit om weer deel van ’n span­struk­tuur en groep te wees.

“Die Bul­le is be­slis ’n span wat ver­be­te­ring toon, so ek is op­ge­won­de om daar­van deel te wees.”

Cor­nal Hen­dricks

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.