Hou jou huis koel

Beeld - - Huisgids - Huis­Gids

Die so­mer is hier, maar jy hoef nie in vrees vir die hit­te te le­we nie. Daar is baie slim ma­nie­re om jou huis voor te be­rei so­dat dit koel bly in die warm dae.

Eer­der as kits­op­los­sings soos draag­ba­re waai­ers en dik gor­dy­ne, be­veel A­dri­an Gos­lett, streeks­di­rek­teur en uit­voe­ren­de hoof van Re/Max Sui­der-A­fri­ka aan dat huis­ei­e­naars dit oor­weeg om eer­der meer per­ma­nen­te ver­be­te­rin­ge aan te bring.

“In­stal­leer ’n lug­ver­sor­ging­stel­sel, maak se­ker jy het be­hoor­li­ke i­so­le­ring in jou pla­fon en in­stal­leer blin­dings wat die son­lig ef­fek­tief uit­hou – dit is van die ef­fek­tief­ste ma­nie­re om jou huis in die so­mer­maan­de koel te hou .

“Ja, hier­die op­sies is duur­der as om ’n R100-waai­er by jou plaas­li­ke su­per­mark te koop, maar die geld wat jy uit­gee, word be­slis nie ver­mors nie. Dié op­los­sings sal ’n merk­ba­re ver­skil maak aan die tem­pe­ra­tuur van jou huis en sal ook die her­ver­koop­waar­de van jou ei­en­dom ver­hoog, sou jy be­sluit om te ver­koop,” sê Gos­lett.

In die hui­di­ge e­ko­no­mie­se kli­maat gee Gos­lett eg­ter toe dat dit meer sin­vol sal wees om be­gro­tings­vrien­de­li­ke ma­nie­re voor te stel om koel te bly dié so­mer.

Hier deel hy ’n paar op­sies wat nie jou beur­sie sal laat ween nie:

Be­nut jou deu­re

Huis­ei­e­naars moet die lug­vloei in hul huis ver­sig­tig oor­weeg. Klei­ner spa­sies word vin­ni­ger warm, en as jy deu­re en ven­sters kan oop los, kan koe­ler lug deur die huis vloei.

In gro­ter ruim­tes, maak die deu­re van aan­lig­gen­de ka­mers toe so­dat die koue lug meer ge­kon­sen­treer is in dié ruim­te pleks dat dit oor­vloei na leë ka­mers. Hier­die wenk werk na­tuur­lik net wan­neer die lug bui­te nie warm is nie.

Op war­mer dae, hou jou ven­sters in die aand oop (net as jy in ’n vei­li­ge buurt bly of dief­we­ring het) so­dat die koue nag­lug in jou huis kan in­vloei. Maak dan in die og­gend wan­neer jy op­staan se­ker die deu­re, ven­sters, gor­dy­ne en blin­dings is toe om die koe­ler lug bin­ne te hou.

Skep ska­du bui­te jou ven­sters

Plant groot, ska­du­ge­wen­de bo­me bui­te die ven­sters van die ver­trek­ke waar jul­le die mees­te tyd deur­bring. An­der­sins, in­stal­leer son­skerms (a­w­nings) oor hier­die ven­sters om te voor­kom dat di­rek­te son­lig jou huis in­stroom.

Maak bui­te kos

Op bui­ten­ge­woon warm dae, pro­beer om nie die oond of die stoof te ge­bruik nie, om­dat dit hit­te uit­straal en e­ni­ge plek baie warm maak wan­neer dit ge­bruik word. Ge­bruik dit as ’n ver­sko­ning om meer te braai!

Be­lê in so­mer­bed­de­goed

Dit is na­tuur­lik voor die hand lig­gend om nou jou ver­e­du­vet en wol­kom­bers weg te pak en eer­der lig­te so­mer­la­kens te kies, maar dit is ook die geld werd om ’n so­mer­kus­sing te koop.

“Die bok­wiet­kus­sing is ’n nu­we huis­hou­de­li­ke i­tem met al­ler­lei voor­de­le, in­slui­ten­de dat dit na­tuur­lik koel is en hoogs aan­be­veel word vir men­se wat baie warm word wan­neer hul­le slaap. Dit is be­slis ’n op­sie as jy suk­kel om ’n koel lê­plek in die so­mer te skep,” sê Gos­lett.

Gaan kyk by ta­ke­a­lot.com as jy so ’n kus­sing wil koop.

Gos­lett se laas­te stuk­kie raad: Vir dié wat ’n be­staan­de ver­hou­ding met ’n ei­en­doms­a­gent het, kan dit ’n goeie i­dee wees om hul­le te vra of hul­le e­ni­ge be­trou­ba­re plaas­li­ke ver­skaf­fers kan aan­be­veel wat lug­ver­sor­gings­een­he­de, son­skerms of e­ni­ge van die an­der ge­noem­de ver­an­de­rin­ge kan aan­bring.

“As ken­ners van hul voor­ste­de het ’n goeie ei­en­doms­a­gent dik­wels ge­ves­tig­de ver­hou­dings met plaas­li­ke sa­ke­on­der­ne­mings – en hul­le kan selfs vir jou ver­wy­sings­af­slag kry as jy deur hul­le werk,” sê Gos­lett.

Daar is ver­skil­len­de op­sies as jy jou huis wil koel hou dié so­mer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.