Xan­der wil Kers­fees by die huis wees

Kans op borg­tog skraal – ken­ner

Beeld - - Voorblad - Su­san Cil­liers

Xan­der Byls­ma, S­tel­la se dub­be­le­moord­ver­dag­te, gaan op 21 De­sem­ber ’n aan­soek om borg­tog by die hof in­dien in die hoop om Kers­fees tuis by sy fa­mi­lie te wees.

Byls­ma (19) het gis­ter vir die eer­ste keer se­dert sy in­heg­te­nis­ne­ming in Mei in die hoog­ge­regs­hof in M­ma­batho ver­skyn. Hy het aan­ge­dui dat hy nou om borg­tog aan­soek wil doen.

’n Regs­ken­ner meen die kans is skraal dat Byls­ma borg­tog sal kry.

Adv. N. Rai, Byls­ma se nu­we regs­ver­teen­woor­di­ger, het gis­ter ge­vra dat ’n borg­to­gaan­soek wat vir van­dag ge­ske­du­leer was tot 21 De­sem­ber uit­ge­stel word so­dat hulle tyd het om op die staat se op­po­ne­ren­de ver­kla­rings te re­a­geer. Dis nie be­kend hoekom Byls­ma ’n nu­we regs­ver­teen­woor­di­ger het nie.

Hy het te­vo­re in die land­dros­hof in Vry­burg ver­skyn weens die moor­de op S­har­nel­le Hough (17), sy eks­mei­sie, en Mar­na En­gel­brecht (16), sy klein­nig­gie. Byls­ma word van moord met voor­be­dag­te ra­de aan­ge­kla – ’n ske­du­le 6-mis­dryf. Die t­wee boe­sem­vrien­din­ne se ly­ke is ein­de Mei in die kos­huis van die Ho­ër­skool S­tel­la ge­vind. Hulle is ver­moe­de­lik ver­wurg.

Die skraal Byls­ma het gis­ter in ’n blou T-hemp in die hof ver­skyn.

Mer­cia en Mon­té Byls­ma, sy ouers, was al­bei daar. Mer­cia was e­mo­si­o­neel en het ge­sê dit sal lek­ker wees as haar e­nig­ste kind Kers­fees tuis kan wees. Mon­té was stil en het heel ag­ter in die hof ge­sit. Nie een van die ver­moor­de mei­sies se fa­mi­lies was by die hof nie. Hoe­wel Xan­der kort ná die moor­de in Mei van­jaar se­ke­re be­ken­te­nis­se teen­oor die po­li­sie ge­doen het, het hy vroeg in No­vem­ber skuld ont­ken in die land­dros­hof in Vry­burg.

Dr. L­le­we­lyn Cur­le­wis, straf­reg­ken­ner aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria, het kort daar­na ge­sê ’n be­ken­te­nis is nie ver­soen­baar met ont­ken­ning van skuld nie. Dit be­te­ken daar is ’n moont­lik­heid dat die be­ken­te­nis in die ver­hoor be­twis kan word.

Cur­le­wis sê in­dien Xan­der se reg­span nog nie die vol­le­di­ge saak­dos­sier on­der oë ge­had het nie, kan hy steeds skuld be­ken wan­neer die ver­hoor be­gin.

Sy reg­span het vroe­ër ge­vra dat hy vir siel­kun­di­ge waar­ne­ming na die S­terk­fon­tein- psi­gi­a­trie­se hos­pi­taal in Gau­teng ver­wys word om te be­paal of hy toe­re­ken­baar was toe die mis­dry­we ge­pleeg is waar­van hy aan­ge­kla word. Daar was tot dus­ver nog nie vir hom ’n bed be­skik­baar nie.

Xan­der word in­tus­sen in die Rooi­grond-ge­van­ge­nis na­by Ma­hi­keng aan­ge­hou.

Cur­le­wis meen dit is on­waar­skyn­lik dat Xan­der se borg­to­gaan­soek sal slaag.

“Die doel van ’n ver­wy­sing vir siel­kun­di­ge waar­ne­ming is juis om te be­paal of ie­mand aan ’n gees­te­siek­te of -ge­brek ly.”

Hy sê na sy me­ning sal dit voor­ty­dig wees om borg­tog toe te staan ter­wyl dit nog on­se­ker is of die ver­dag­te ’n ge­vaar vir die sa­me­le­wing is en nie el­ke oom­blik van die dag by sy po­si­tie­we is nie.

“Hy word bui­ten­dien van ’n ske­du­le 6-mis­dryf aan­ge­kla, wat be­te­ken die be­wys­las is op hom om die hof te oor­tuig daar is spe­si­a­le om­stan­dig­he­de wat borg­tog reg­ver­dig.”

Fo­to: SIMON SONNEKUS

Xan­der Byls­ma gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in M­ma­batho. Ag­ter in die hof sit sy pa, Mon­té.

S­har­nel­le Hough

Mar­na En­gel­brecht

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.