Tra­ne oor dog­ter in die hof

Oud­ste dog­ter in ge­tui­e­bank vir pa

Beeld - - Voorblad - Ja­na B­rey­ten­bach

Met tra­ne in die oë het Ja­son Ro­hde gis­ter ge­kyk hoe sy oud­ste dog­ter in die ge­tui­e­bank in­skuif.

Kathryn Ro­hde (20) was be­reid om ter ver­sag­ting van von­nis in haar pa se saak te ge­tuig.

Adv. Gra­ham van der S­puy, Ja­son se regs­ver­teen­woor­di­ger, het ná sy eer­ste ge­tuie, dr. Ke­vin S­to­loff, Ja­son se psi­gi­a­ter, die hof her­in­ner aan die be­vel wat op 9 Ok­to­ber ver­le­de jaar ge­maak is wat be­tref die be­sker­ming van Ja­son se drie dog­ters.

In­ge­vol­ge die be­vel mag geen fo­to’s ge­neem of vi­deo-op­na­mes van hulle ge­maak word nie.

Van der S­puy het aan­ge­voer die be­vel staan nog, maar dat hulle ’n aan­soek wil in­dien so­dat Kathryn in ca­me­ra kan ge­tuig, met die me­dia wat nie in die hof teen­woor­dig is nie. Die staat was ge­kant daar­teen om­dat die be­vel ge­maak is in die lig van Ja­son se twee­ling­dog­ters wat ver­le­de jaar nog min­der­ja­rig was en dat daar geen ge­vaar vir hulle be­staan in­dien hulle nou ge­tuig nie.

Reg­ter Ga­y­aat Sa­lie-Hlop­he het ge­sê sy het al­le be­toë in ag ge­neem, maar moes ’n moei­li­ke be­sluit neem om Kathryn te be­skerm, maar ook die me­dia en die ge­meen­skap se reg tot die ho­we teen me­kaar op te weeg.

Sy het ’n be­vin­ding ge­maak en ge­sê sy sal nie die me­dia ver­hin­der om hul werk te doen nie en net klank mag op­ge­neem word, geen beel­de van Ja­son se dog­ters nie.

Kathryn, in ’n lig­te wit kno­pies­rok wat tot by­na op die en­kels hang en met ’n lang blon­de vleg­sel, het na die ge­tui­e­bank ge­kom en Ja­son het feit­lik da­de­lik be­gin huil.

Van der S­puy het die hof ver­soek om vir vyf mi­nu­te te ver­daag so­dat hulle net vin­nig met Kathryn kan kon­sul­teer en ook met Ja­son.

Ná die ver­po­sing het Van der S­puy ge­sê daar is te min tyd om met haar ge­tui­e­nis te be­gin en het die hof ver­soek om die saak uit te stel wan­neer haar ge­tui­e­nis bin­ne een dag af­ge­han­del kan word. Sa­lieHlop­he het dit toe­ge­staan.

Hier­na het Van der S­puy ’n aan­soek om borg­tog in­ge­dien so­dat Ja­son han­gend die fi­na­li­se­ring van sy von­nis­op­leg­ging, wat oor die Kers­tyd sal strek, op borg­tog vry­ge­laat kan word. Hy het ge­sê Ja­son is nie ’n vlug­ri­si­ko nie en hy is be­reid om ’n en­kel­mo­ni­tor te dra.

Die staat het ge­sê Ja­son kan net ’n aan­soek in­dien as nu­we ge­tui­e­nis voor die hof ge­plaas kan word en dat daar geen nu­we be­wy­se hier be­staan nie.

Sa­lie-Hlop­he het ge­sê hoe­wel sy em­pa­tie het met die Ro­hde-ge­sin, is daar nie nu­we in­lig­ting wat die hof kan oor­reed om hom op borg­tog vry te laat nie.

Die saak is tot 18 Fe­bru­a­rie 2019 uit­ge­stel.

Fo­to: ADRIAN DE KOCK

’n E­mo­si­o­ne­le Ja­son Ro­hde na­dat sy oud­ste dog­ter in die ge­tui­e­bank in­ge­skuif het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.