T­se­du, nog 3 gee pad uit raad

Beeld - - Voorblad - Bo­no­lo Se­le­ba­no

Dit is nog nie die ein­de met die be­dan­king van SAUK-raads­le­de nie.

eNCA het gis­ter be­rig Mat­ha­ta T­se­du is die vier­de raads­lid wat be­dank het.

T­se­du wou nie kom­men­taar lewer nie. “As ek be­dank het, dan is dit die pre­si­dent wat daar­oor moet praat,” het hy ge­sê.

P­hum­zi­le van Dam­me, DA-lid van die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor kom­mu­ni­ka­sie, het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê die SAUK-raad het nou nie meer ’n kwo­rum nie en sal reeds in Ja­nu­a­rie nu­we raads­le­de moet kry.

“Prof. H­len­gi­we Mk­hi­ze, voor­sit­ter van die por­te­feul­je­ko­mi­tee oor kom­mu­ni­ka­sie, moet nou goed­keur dat die raads­pos­te on­mid­del­lik ge­ad­ver­teer word so­dat die par­le­ment die va­ka­tu­res, wat nou al agt is, drin­gend kan vul,” het Van Dam­me ge­sê.

Beeld het die be­dan­kings­brie­we ge­sien van K­rish Nai­doo, Kha­nyi­si­le K­weya­ma en John Ma­ti­sonn wat on­langs be­dank het.

Nai­doo het gis­ter sy be­dan­king be­ves­tig.

“Dit het baie frus­tre­rend ge­raak om saam met raads­le­de te werk wat nie die ver­skil tus­sen kor­po­ra­tie­we be­wind en po­li­tie­ke in­men­ging ken nie,” het Nai­doo ge­sê.

M­buyi­se­ni Nd­lo­zi, na­si­o­na­le woord­voer­der van die EFF, het ’n be­roep ge­doen op pres. Cyril Ra­map­ho­sa om by die “kri­sis en uit­tog” van SAUK-raads­le­de in te gryp.

“Dit is geen ge­heim nie dat die pro­ble­me by die SAUK lê in die gel­de­li­ke kri­sis wat hom in die ge­sig staar. Ra­map­ho­sa en sy re­ge­ring moet aan die SAUK die waar­borg gee wat no­dig is om betekenisvolle be­drae geld te be­kom om die kor­po­ra­sie te kan sta­bi­li­seer,” het Nd­lo­zi ge­sê.

Die SAUK het gis­ter in ’n ver­kla­ring be­ves­tig dat die spe­si­a­le on­der­soek­een­heid (SOE) sy tus­sen­tyd­se raad on­der­soek oor die on­re­ël­ma­ti­ge toe­ken­ning van ’n mul­ti­mil­jard­rand­se­ku­ri­teitsten­der.

Dit volg na­dat The S­tar gis­ter be­rig het dat die ten­der­skan­daal na be­we­ring ’n raads­lid en an­der in­di­vi­due by die SAUK be­trek wat ver­se­ker het dat die kon­trak in Ju­nie 2017 aan Ma­fo­ko Se­cu­ri­ty Pa­trols toe­ge- ken word, al was dié maat­skap­py glo die twee­de keu­se in die bod­pro­ses.

“Die tus­sen­tyd­se raad het uit­ge­brei­de do­ku­men­te en in­lig­ting aan die SOE ver­skaf, in­slui­tend ge­skre­we re­ak­sies op na­vrae van die SOE. Die SOE het se­dert­dien be­ves­tig dat hy die tus­sen­tyd­se raad on­der­soek wat (des­tyds) aan­ge­stel is om die kwes­sies wat die SAUK ge­teis­ter het op te los,” sê die SAUK in ’n ver­kla­ring.

Le­bo Na­re, hoof van Ma­fo­ko Se­cu­ri­ty Pa­trols, het gis­ter ge­sê hy gaan nie kom­men­taar lewer nie om­dat die saak sub ju­di­ce is. “Ek kan nie kom­men­taar lewer op sa­ke wat voor die hof dien nie.”

Na­z­reen Pan­dor, woord­voer­der van die SOE, het gis­ter be­ves­tig dat hul on­der­soek goed vor­der.

Mat­ha­ta T­se­du

K­rish Nai­doo

K­wa­nyi­si­le K­weya­ma

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.