Op die spoor van ’n le­wens­dra­ma

E­pi­so­de 5 van die BBC se Dynasties-reeks, dié oor die wil­de­hon­de van Ma­na­poe­le, word mô­re uit­ge­saai. E­li­se Tem­pel­hoff ver­tel oor die ag­ter­grond en ver­vaar­di­gings­pro­ses.

Beeld - - Voorblad -

Nick Lyon, ver­vaar­di­ger van die e­pi­so­de oor die wil­de­hon­de van Ma­na­poe­le, is ’n an­tro­po­loog, ar­ge­o­loog, om­ge­wings­ak­ti­vis en ver­vaar­di­ger van do­ku­men­tê­re rol­pren­te.

Lyon en sy ka­me­ra­span­ne het van 2016 tot be­gin van­jaar on­der meer met 9 pro­fes­si­o­ne­le gid­se feit­lik dag en nag ag­ter Ma­na­poe­le se 91 wil­de­hon­de aan­ge­loop om “elke” be­we­ging te ver­film. Die be­plan­ning vir die e­pi­so­de het in 2014 be­gin, toe na­vor­sing oor dié die­re be­gin is.

In daar­die tyd moes ook be­slui­te ge­neem word oor wat­ter trop­pe wil­de­hon­de in A­fri­ka vir dié reeks ge­do­ku­men­teer moet word.

Kru­ger­park ’n op­sie

Die Kru­ger­wild­tuin se so­wat 450 wil­de­hon­de was ’n op­sie. Maar toe­gank­lik­heid en die baie toe­ris­te na dié na­tuur­re­ser­vaat sou pro­ble­me skep, het dies pan be­sluit. Toe­kom BBC Earth se een­heid vir om­ge­wings ge­skie­de­nis af op Nick Mur­ray, kon­ses­sie-ei­e­naar van Bush­li­fe Sa­fa­ri’s in Ma­na­poe­le wat die af­ge­lo­pe 20 jaar 91 wil­de­hon­de in dié na­tuur­re­ser­vaat be­stu­deer het.

“Toe be­sluit ons: Ma­na­poe­le is dié plek. Dit is ’n mas­sie­we e­ko­stel­sel met ’n ryk bi­o­di­ver­si­teit.”

Uit­da­gen­de lo­gis­tiek

Lyon ver­tel in ’n sta­di­um is vyf ka­me­ra­span­ne by die pro­jek be­trek. Le­de van die span­ne het al­te­sa­me 16 056 uur in die veld deur­ge­bring en 82 000 km in vier­trek­voer­tuie af­ge­lê. “Ons het ook, in een van die re­ën­sei­soe­ne én om een to­neel te ver­film, 22 pap ban­de ge­kry.

“Ons het soms net vier uur per nag ge­slaap, soms glad nie, maar ons was nooit moeg nie. Dit het ’n ob­ses­sie ge­word om die wil­de­hon­de se ge­drag, hul om­gee vir me­kaar en hul oor­le­wing­stryd in ’n on­ge­naak­ba­re om­ge­wing op ka­me­ra vas te lê.

“In Ma­na­poe­le styg die kwik soms tot 50 °C en paaie spoel soms weens oor­stro­mings weg. Dit het vir die BBC Earth-span­ne gou dui­de­lik ge­word dat hul­le te doen het met soog­die­re wat ’n baie in­ge­wik­kel­de so­si­a­le struk­tuur het.” Hoe ei­en jy spe­si­fie­ke wil­de­hon­de? Dit is ein­de Sep­tem­ber en ons sit by Vu­na-kamp langs die Zam­be­zi­ri­vier in die noord­oos­te van Zim­bab­we en ge­sels. Lyon ver­tel toe hy die kon­trak by BBC Earth ge­kry het om die wil­de­hon­de bin­ne die kon­teks van Dynasties te ver­film, het hy nie ge­weet wat om te ver­wag nie.

Sou dit werk? Sou hy die i­den­ti­teit van die hon­de kon vas­stel? Sou hy die s­to­rie­lyn kon ont­ra­fel en die di­na­mi­ka en die op­volg­stryd bin­ne twee trop­pe hon­de van Ma­na­poe­le op film kon vas­lê?

Sy e­mo­sies het met hom wip­plank ge­ry. Hy het be­sluit om die uit­da­ging te aan­vaar en nou sê men­se wat ver­le­de Son­dag dié e­pi­so­de in B­rit­tan­je ge­sien het, op so­si­a­le me­dia dit is tot dus­ver die bes­te in die reeks.

Die ka­me­ra­span­ne het met be­hulp van Mur­ray, Hen­ry Ban­du­re­en Si­me­on Jo­sia, hoogs er­va­re gid­se, die hon­de aan hul k­leur en die pa­tro­ne van hul pels ge­ï­den­ti­fi­seer.

Só het hul­le tot 182 pa­tro­ne leer ken so­dat hul­le die wil­de­hon­de van me­kaar kon on­der­skei.

Die twee hoof­rol­spe­lers in dié e­pi­so­de is Tait, ’n ma­tri­arg, en haar dog­ter Black­tip. Die op­volg­stryd om die lei­er­skap van die groep is die sen­tra­le te­ma. Dit is ’n wa­re le­wens­dra­ma, met blyd­skap, pyn, le­wens­vreug­de en die­pe hart­seer, ver­lies, oor­vloed, vrees en ook die er­va­ring van skaars­ste.

‘S­ha­ke­spea­ri­aan­se dra­ma’

Die BBC Earth-span het in ’n on­stui­mi­ge tyd in die le­we van die wil­de­hon­de met ver­fil­ming be­gin. Tait was be­sig om oud te word. Sy was die ma­tri­arg van drie ver­wan­te, na­bu­ri­ge trop­pe in Ma­na­poe­le. Black­tip is die lei­er van ’n trop van 30 hon­de.

Die sto­rie be­gin met Black­tip wat ’n gro­ter ruim­te no­dig het. Weens haar ou­der­dom is Tait kwes­baar, maar sy is ’n sterk lei­er. Dan be­gin ’n in­ten­se stryd. “Dit is by­na S­ha­ke­spea­ri­aans in om­vang,” ver­tel Lyon.

In ’n sta­di­um stoot Black­tip Tait tot in leeu­wê­reld in. Maar Tait is slim en er­va­re en Black­tip na­ïef en vier leeu­wy­fies sak op háár trop toe.

Wat toe ge­beur het, bly vir ky­kers ’n ver­ras­sing, sê Lyon.

In die do­ku­men­tê­re rol­prent sien ’n mens ook hoe­veel em­pa­tie die wil­de­hon­de vir me­kaar het.

Lyon sê die wil­de­hon­de het baie vin­nig on­der die span­le­de se vel in­ge­kruip.

Hul­le het die rol­prentspan en gid­se la­ter ook be­gin ver­trou en toe­ge­laat om in­tie­me to­ne­le te ver­film.

“Dit was so ’n groot voor­reg,” sê Lyon.

Hy be­na­druk dat geen per­soon­li­ke in­ter­ak­sie ooit tus­sen e­ni­ge van die wil­de­hon­de en die rol­prentspan­ne plaas­ge­vind het nie. “Ons het wel ’n e­mo­si­o­ne­le band met die hon­de ge­vorm. Trou­ens, ek be­skou hul­le steeds as fa­mi­lie. En ek gaan pro­beer om jaar­liks na Ma­na­poe­le te­rug te kom om hul­le te kom sien. Bui­ten­dien, Ma­na­poe­le is vir my die mooi­ste plek op die pla­neet.”

Ban­du­re sluit by ons aan en sê dit was ’n “on­ge­loof­li­ke” er­va­ring om vir so­veel maan­de saam met die BBC Earth-span te werk. Lyon be­skryf Ban­du­re as “fe­no­me­naal”.

“Hen­ry sal net na ’n poot­s­poor in die sand kyk en feit­lik on­mid­del­lik weet hoe lank ge­le­de die wil­de­hon­de by die spe­si­fie­ke plek ver­by is. Hy lees die ou­der­dom van die poot­s­poor in die hoe­veel­heid sand wat daar­in ge­waai het.

“Hy kan ook sien wat­ter in­sek deur die spoor be­weeg het se­dert die wil­de­hon­de daar ver­by is. Hy kan selfs aan die reuk van die mis sê aan wat­ter trop dit be­hoort.

“Hen­ry se ver­nuf het die span­ne een mid­der­nag ge­help om een van die trop­pe op te spoor wat ons ver­loor het. Daar­die nag is een van die hoog­te­pun­te in hier­die dra­ma ver­film,” ver­tel Lyon.

“Ons hoop met hier­die do­ku­men­tê­re rol­prent sal men­se hul sie­ning van wil­de­hon­de ver­an­der en waar­de­ring vir hier­die won­der­li­ke die­re kry. Baie min men­se hou van hul­le en dink hul­le is wreed oor die wy­se waar­op hul­le jag.

“Hul­le is van die mees ver­volg­de die­re op aarde, maar hul­le word mis­ver­staan,” sê Lyon.

17 ka­me­ras is ty­dens die ver­fil­ming ge­bruik.

Die e­pi­so­de word Son­dag om 16:00 op BBC Earth DStv-ka­naal 184 uit­ge­saai. Sir Da­vid At­ten­borough is die ver­tel­ler.

In die laas­te e­pi­so­de in dié reeks, wat op 16 De­sem­ber uit­ge­saai word, word in­tiem na tie­re ge­kyk.

Om meer fo­to’s van die wil­de­hon­de te sien, volg Nick Lyon op In­sta­gram.

Tem­pel­hoff is ’n om­ge­wings­joer­na­lis. Sy was die gas van BBC Earth en Bush­li­fe Sa­fa­ri’s.

Fo­to: E­LI­SE TEM­PEL­HOFF

Dié wil­de­hon­de het ure lank op dié sy­stroom van die Zam­be­zi ge­lê en wag voor­dat dit vei­lig was om dit oor te s­teek. Hul­le is ge­du­rig op hul hoede vir kro­ko­dil­le.

Fo­to: E­LI­SE TEM­PEL­HOFF

Nick Mur­ray van Bush­li­fe Sa­fa­ri’s het ’n sleu­tel­rol ge­speel in die ver­vaar­di­ging van dié e­pi­so­de.

Die fe­no­me­na­le Hen­ry Ban­du­re, gids.

Nick Lyon, ver­vaar­di­ger van die e­pi­so­de oor die wil­de­hon­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.