‘Dis baie erg,’ sê Ba­rend B­ritz se fa­mi­lie

Beeld - - Voorblad - Su­san Cil­liers

Ba­rend B­ritz (63) het hom as rug­by­spe­ler in die sui­de van Frank­ryk so goed van sy taak ge­kwyt dat die Fran­se vir hom ’n kroeg ge­gee het.

Don­der­dag is hy in sy kroeg ver­moor.

Die fa­mi­lie van die oud-Trans­vaal-rug­by­spe­ler was erg ge­skok toe hul­le gis­ter­og­gend die nuus kry dat hy in sy kroeg, Bar and B­rits in Per­pig­nan, ver­moor is.

“Dis baie erg. ’n Mens dink mos óns woon in ’n ver­skrik­li­ke land en dat so iets nie daar sal ge­beur nie,” het E­li­ze B­ritz, Ba­rend se skoon­sus­ter, gis­ter­mid­dag te­le­fo­nies uit Piet Re­tief in M­pu­ma­lan­ga ge­sê.

Ba­rend het in die laat 1980’s as slot vir die des­tyd­se Noord-Trans­vaal­en Trans­vaal-rug­by­span uit­ge­draf.

Hy, sy vrou, Rei­net­te, en hul drie kin­ders, Je­an­ne, Su­ren­zia en Ba­rend jr., is om­streeks 1990 na Frank­ryk. Ba­rend het toe klu­brug­by in Per­pig­nan gaan speel en hul­le het hul­le daar ge­ves­tig.

Vol­gens E­li­ze woon al drie kin­ders, wat nou vol­was­se is, ook in Frank­ryk. Ba­rend jr. speel ook rug­by.

An­dré Be­ster, ’n vriend, het gis- ter ge­sê hoe­wel die aan­vank­li­ke kon­trak net vir ’n paar jaar was, het Ba­rend hom so goed van sy taak ge­kwyt dat die Fran­se vir hom die kroeg ge­gee het.

“Hy was ’n held,” sê Be­ster. “Rei­net­te is so erg ge­trau­ma­ti­seer oor Ba­rend se dood dat sy nie eens kan praat nie,” sê E­li­ze. “Sy huil ver­skrik­lik en vat dit baie sleg.”

Die fa­mi­lie suk­kel daar­om nog om besonderhede te kry, sê sy.

’n Oog­ge­tuie het vol­gens L’In­dé­pen­dant, ’n streek­koe­rant, ge­sê die aan­val­ler, wat iets in die der­tig is, het die kroeg om­streeks 21:00 bin­ne­gaan.

Hy het glo ge­skreeu voor­dat hy al­ler­han­de voor­wer­pe, soos stoe­le, na Ba­rend ge­slin­ger het. Hy het ven­sters ge­breek en stoe­le in die kroeg rond­ge­gooi.

Ba­rend het hom ver­geefs pro­beer kal­meer. Hy is ge­vra om die kroeg te ver­laat.

Die man is glo ’n ou moei­lik­heid ma­ker wat die kroeg be­let is en hy is glo ook ’n voort­vlug­ti­ge mis­da­di­ger.

Hy het B­ritz her­haal­de­lik met ’n vuis­ys­ter oor die kop ge­slaan en men­se wat B­ritz pro­beer help het, is ook aan­ge­rand.

B­ritz het in­me­kaar­ge­sak en is la­ter in ’n hos­pi­taal dood. Die aan­val­ler is kort daar­na in heg­te­nis ge­neem.

Vrien­de en ge­reel­de klan­te het Don­der­dag­aand ker­se bui­te die kroeg aan­ge­steek en kran­se ge­lê, be­rig L’In­dé­pen­dant.

B­ritz word in die Fran­se me­dia as ’n i­ko­nie­se spe­ler vir sy klub be­skryf.

“Hy was ’n ted­die­beer van ’n man, groot ge­bou, maar sag­ge­aard. Hy was stil­le­rig van ge­aard­heid,” sê E­li­ze.

B­ritz het twee broers, Hen­nie en A­lex, en twee sus­ters, San­dra en Su­ren­zia.

Fo­to: TWITTER

Ba­rend B­ritz (63) het ’n kroeg in Frank­ryk be­sit. Hy is in dié kroeg ver­moor.

B­ritz het in die laat 1980’s as slot vir die des­tyd­se Noord-Trans­vaal­en Trans­vaal-rug­by­span uit­ge­draf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.