Al die be­sig­ste va­kan­sie­roe­tes en paaie

Pa­door­tre­ders gaan swaar ge­straf word, maan ver­voer­mi­nis­ter

Beeld - - Voorblad - Na­di­ne Ra­mon­ga­ne

Elke 6 se­kon­des gaan ie­mand op ’n pad in SuidA­fri­ka dood of word erns­tig be­seer. Dié y­sing­wek­ken­de sy­fer is deur dr. Bla­de N­zi­man­de, mi­nis­ter van ver­voer, ge­gee.

Hy het voor die fees­tyd ’n streng waar­sku­wing aan pad­ge­brui­kers ge­rig.

“Die toe­na­me in sterf­tes op ons paaie is kom­mer­wek­kend. Daar gaan streng op­ge­tree word teen die­ge­ne wat nie die re­ëls ge­hoor­saam nie. Wet­te­loos­heid gaan nie ge­duld word nie,” sê N­zi­man­de in ’n ver­kla­ring.

In die 45 dae van 1 De­sem­ber 2017 tot 15 Januarie van­jaar is 1 676 men­se op die land se paaie dood.

Dit is so­wat 37 men­se per dag in dié tyd­perk.

Hoe­wel die sterf­te­sy­fer vir 2017 se fees­tyd o­ral, be­hal­we in die Wes-Kaap en Noord­wes, af­ge­neem het, heers groot kom­mer oor van­jaar se gru-on­ge­luk­ke in Lim­po­po.

44 men­se het van Sep­tem­ber tot No­vem­ber hul le­we op paaie hier ver­loor.

“Die N1 tus­sen Krans­kop en Po­lo­kwa­ne is ’n groot kwel­ling. Die Suid-Afrikaanse Na­si­o­na­le Pa­da­gent­skap (San­ral) het on­der­soek ge­doen en ge­vind mo­to­ris­te se ge­drag en ’n te­kort aan sig­ba­re wets­toe­pas­sing op dié pad dra by tot die toe­na­me in on­ge­luk­ke.

“Swaar voer­tuie wat an­der voer­tuie teen ’n op­draan­de ver­by­steek en on­ge­dul­di­ge be­stuur­ders dra ook daar­toe by,” sê N­zi­man­de.

On­ge­luk­ke op hier­die pad ge­beur ge­woon­lik laat­mid­dag en in die aand, Don­der­dae tot Son­dae.

Vol­gens San­ral kan die on­ge­luk­ke toe­ge­skryf word aan die na­la­tig­heid van be­stuur­ders.

“Hoe­wel ons paaie land­wyd in ’n goeie toe­stand is, het ver­de­re on­der­soe­ke aan­ge­dui dit is no­dig om die dub­bel­baan in al­bei rig­tings tus­sen Krans­kop en Lou­is T­ri­chardt in die toe­koms dui­de­lik te skei.

“Daar is nie ’n ei­land wat die ba­ne skei nie wat nood­lot­ti­ge on­ge­luk­ke kan ver­oor­saak,” sê Vu­si Mo­na, woord­voer­der van San­ral.

San­ral sê druk ver­keer word op die hoof­roe­tes ver­wag wan­neer die sko­le op 12 De­sem­ber sluit.

“Met die lang­na­week wat daar­na volg, kan mo­to­ris­te ook ver­wag om meer tyd op die pad deur te bring,” sê Mo­na.

Kers­fees val op ’n Dins­dag en druk ver­keer kan weer van 21 De­sem­ber af ver­wag word.

“Hou ook in ge­dag­te wan­neer die sko­le her­o­pen, by va­kan­sie­gan­gers se te­rug­keer, kan jy baie voer­tuie op die paaie ver­wag,” sê Mo­na.

San ral sê daar sal van 14 De­sem­ber af­gee n pad ver­be­te­ring swerk aan na­si­o­na­le paaie en an­der hoof­roe­tes ge­doen word nie.

“Pad ver­be­te­ring swerk oor die 22 214 km snel­weë is stop­ge­sit. Hier­mee wil ons pad­vei­lig­heid en ’n sorg­vrye reis ver­se­ker,” sê Mo­na.

Vol­gens Mo­na sluit dié roe­tes die Beit­brug-grens­pos in die noor­de tot by die Kaap­se S­kier­ei­land en van A­lex­an­der­baai in die wes­te tot aan die kus van Mo­sam­biek, K­waZu­lu-Na­tal en die OosKaap in.

“Op die roe­tes tus­sen Kaap­stad en Dur­ban, Gau­teng en K­waZu­lu-Na­tal, die N4 van Pre­to­ria na Mo­sam­biek, die N1 van P­re­to­ria na die Zim­bab­wie­se grens en ook die N1 tus­sen Gau­teng en Kaap­stad sal die ver­keer nor­maal vloei, aan­ge­sien daar geen pad ver­be­te­ring swerk gaan wees nie.”

Af­ge­sien van on­voor­sie­ne ver­keers pro­ble­me en weers­toe­stan­de, wat die ver­keer kan be­ïn­vloed, sal daar geen stop-en-rystel­sels in die fees­tyd wees nie.

“Ons is ook bly oor die om­vat­ten­de op­knap­pings op die N7 tus­sen Kaap­stad en die Na­mi­bie­se grens.”

Met die Ka­roo a s’ n ge­wil­de va­kan­sie be­stem­ming gaan ver­keer hier en by die Hu­ge­no­te-ton­nel bui­te die Paarl ook die hoog­te in­skiet.

Met die toe­ne­men­de ge­tal on­ge­luk­ke, ver­al in die fees­tyd, is San­ral vas­be­slo­te om vei­lig­heid op paaie te ver­se­ker.

“Die paaie is in ’n goeie toe­stand en kan die gro­ter ge­tal voer­tuie han­teer.

“Met die sa­me­wer­king tus­sen San ral, wets­toe­pas­sing s o­wer­he­de, pro­vin­si­a­le ver­keers­o­wer­he­de en nood­diens­te gaan dit be­slis vei­li­ge rei­se be­vor­der.”

Vol­gens Mo­na is San­ral tans be­sig om dow­we en on­sig­ba­re pad­aan­wy­sings oor te verf en die skou­er van paaie skoon en vei­lig te hou.

Simon Z­wa­ne, woord­voer­der van die Pad ver­keer s be­stuur s kor­po­ra­sie, sê pad­ge­brui­kers kan ge­reed­maak vir pad­ver­sper­rings oor die land heen.

“Paaie gaan deur ver­keer- en po­li­sie­be­amp­tes ge­mo­ni­tor word, ook die paaie na be­si­ge tax­istaan­plek­ke en trein­sta­sies.

“As jy son­der ’n ry­be­wys of vei­lig­heids­gor­del ry, ’n sel­foon ge­bruik ter­wyl jy be­stuur of dronk be­stuur, wees ver­se­ker dat jy vas­ge­vat gaan word.”

“Pad ver­be­te­ring swerk is (in die fees­tyd) oor die 22 214 km snel­weë stop­ge­sit.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.