Uit­stal: Er­ken die ver­le­de se kon­tras

Mo­nu­men­te is ge­leent­he­de om ons­self uit te stal, met al die ge­paard­gaan­de krap­pe­rig­heid. Dit gee er­ken­ning aan ons kon­tras­te­ren­de ver­le­de en maak die deu­re oop vir die pad vo­ren­toe, skryf Le­on Wes­sels.

Beeld - - Voorblad - D­welm van vry­heid Al­mal ro­man­ti­seer (se­lek­tief) die ver­le­de

Ek glim­lag dik­wels wan­neer ek ver­by pres. Paul Kru­ger se stand­beeld en die Paar­de­kraal-mo­nu­ment in Kru­gers­dorp ry.

François Loots se ro­man Rooi Jan Al­le­man oor Bram Fis­cher is die re­de vir hier­die skalk­se glim­lag. In die boek hou oom Paul, met ’n pienk mus op sy kop, Bram se doen en la­te pein­send dop.

Een van Kru­ger se be­ken­de uit­spra­ke word la­ter deur Fis­cher oor­ge­neem. “So se­ker as die son skyn, so se­ker sal A­fri­ka vry wees.”

Die A­fri­ka waar­na Kru­ger in 1881 ver­wys het, was die A­fri­ka­ners se A­fri­ka – vry van die B­rit­se ko­lo­ni­a­le juk. In 1966 en in ’n an­der kon­teks het Fis­cher – A­fri­ka­ner-re­vo­lu­si­o­nêr, ge­bo­re uit die Boe­re-A­fri­ka­ner-a­ris­to­kra­sie van die Vry­staat – die stryd van die stem­lo­ses van Suid-A­fri­ka sy eie ge­maak en ge­bruik hy die­self­de woor­de in sy stryd vir vry­heid en de­mo­kra­sie.

Van­dag is Kru­ger se dorp (ge­stig in 1887) K­go­si Mo­ga­le-wa-Mo­ga­le se s­tad (naams­ver­an­de­ring in 2001). Dit was die stryd van die groot na­si­o­na­lis­mes. Die vroeg­ste ge­skie­de­nis van Mo­ga­le kan te­rug­ge­spoor word tot 1841.

Mo­ga­le-s­tad se ju­ris­dik­sie strek oor Kru­gers­dorp, A­zaad­vil­le, Mun­sie­vil­le, Ka­gi­so, Tar­l­ton, Hek­poort en om­ge­wing.

Nie ver van die Paar­de­kraal mo­nu­ment nie het die le­gen­da­rie­se Dan i eT h e r ons y pro­ku­reurs­prak­tyk be­oe­fen. T­heron ens y 105 mak­kers – hul­le het trap­fiet­se ge­bruik om per­de vir die stryd te s­paar – is deur lord Ro­berts be­skryf as “the har­dest thorn in the flesh of the B­ri­tish ad­van­ce”. Daar was ’n los­prys van £1 000 op T­heron se kop en 4 000 sol­da­te is aan­ge­wys om die T­heron-ver­ken­nings­korps uit te s­ka­kel.

Ty­dens die ont­hul­ling van die Da­nie T­heron-mo­nu­ment na­by die U­nie­ge­bou het Nel­son Man­de­la T h e r on­se dap­per hei­den deur­set­tings­ver­moë ge­prys. Hy het hom voor­ge­hou as ’n voor­beeld vir mo­der­ne Suid-A­fri­ka­ners.

Ja­pie Ma­po­nya, ’n vei­lig­heids­wag by een van die han­dels­ban­ke in Kru­gers­dorp, is in 1985 deur po­li­sie­man­ne ont­voer en ty­dens on­der­vra­ging oor sy broer O­di­ri­le Ma­po­nya – ’n ak­tie­we lid van die ANC se mi­li­tê­re vleu­el Umk­hon­to weSi­z­we en be­weer­de bom­plan­ter – se be­we­gings dood­ge­slaan.

Die een mens se T­heron is die an­der se Ma­po­nya.

In Ka­gi­so, suid van die Paar­de­kraal-mo­nu­ment, is daar in 1993 ook ’n mo­nu­ment voor die ou po­li­sie­kan­toor op­ge­rig. Be­skeie, maar on­mis­ken­baar daar. Dit moes nie net die men­se her­denk wat in die stryd ge­sneu­wel het nie, maar ook die oor­win­ning sim­bo­li­seer oor die se­tels van mag: die po­li­sie­kan­toor, die mu­ni­si­pa­le kan­toor, die bier­saal en die hos­tel­le wat in diens van die min­der­heids­re­ge­ring ge­staan het.

In Mun­sie­vil­le noord van die Paar­de­kraal-mo­nu­ment staan ’n klein ker­kie.

Op 13 A­pril 1986 was die kerk tot oor­lo­pens toe vol toe Win­nie Ma­di­ki­ze­la-Man­de­la kom kui­er het. Die dag toe sy die ge­wraak­te hals­snoer­moord goed­ge­praat het met “with our boxes of ma­t­ches and our neckla­ces we shall li­be­ra­te this coun­try”.

My ge­spreks­ge­noot (Au­brey Mak­gethla) was toe 13 jaar oud. Hy was op­ge­won­de, want wat die groot­men­se ver­kon­dig het, het hom aan­ge­vuur; dit sou vry­heid bring en die juk van ’n twee­de­rang­se bur­ger­skap in die dorp en land van jou ge­boor­te af­gooi.

En só word men­se – oor die wê­reld heen – deur die eeue ge­dryf deur die d­welm van vry­heid. Van­dag maak jeug­di­ges mo­les en pa­ra­deer as “e­co­no­mic free­dom fig­h­ters”.

By die Paar­de­kraal-mo­nu­ment is daar ’n groot ad­ver­ten­sie­bord van die Volks­raad-ver­kie­sings­kom­mis­sie wa tjou op­roep om vry­heid te kies en jou eie volks­raad te ver­kies.

Ge­noeg vry­heid (en vre­de) in ons lon­ge om te veg tot die dood toe; te min vry­heid (en vre­de) in ons kop­pe om te leef en te laat leef.

In die TV-reeks Fees van die on­ge­nooi­des, wat deur PG du P­les­sis ge­skryf is, hard­loop ’n kind tus­sen die graf­te van En­gel­se en Boe­re deur en kom tot die ge­volg­trek­king: “Hul­le is al­mal ewe dood.”

Sy ou­ma antwoord droog­weg: “Ja, hul­le het al­mal vir vre­de ge­sterf.” Ek ry on­langs ver­by die Paar­de­kraal-mo­nu­ment en speel in my kop met Loots se Kru­ger wat met sy pienk mus met Fis­cher de­bat­teer.

Ek skrik en kan my oë nie glo nie: Ag­ter ge­ë­lek­tri­fi­seer­de dra­de is ’n groep men­se be­sig om te werk; hul­le kap bo­me uit, saag stom­pe op en doen al­ge­me­ne op­rui­mings­werk. Nie een van die ar­bei­ders kwa­li­fi­seer om kan­di­da­te te wees of­te stem vir vry­heid wat die Volks­raad-ver­kie­sings­kom­mis­sie pro­pa­geer nie. Dis weer die eeu oue di­lem­ma van Suid-A­fri­ka; har­de han­de is no­dig om die werk te doen wat on­wil­li­ge han­de nie wil doen nie – daar­die han­de mag eg­ter nie op stem­brie­we krui­sies trek nie.

En só word die Paar­de­kraal-mo­nu­ment ver­smoor.

Al­mal ro­man­ti­seer (baie se­lek­tief) die ver­le­de; die een ont­hou die moe­di­ge stryd teen die B­rit­te en die glo­rie­dae van min­der­heids­re­ge­ring; die an­der ver­heer­lik weer die stryd teen min­der­heids­re­ge­ring en oor­win­ning oor ou­to­kra­sie. Ens ó is dit ge­mak­li­ker om af­son­der­lik in die ver­le­de te leef son­der om saam antwoorde vir die he­den­daag­se vraag­stuk­ke te soek.

Slag­of­fers van on­reg ver­geet nooit – trou­ens, hul­le ont­hou al hoe be­ter. Dit is waar­skyn­lik die re­de hoe­kom daar reeds 2 500 boe­ke en 100 mees­ters­gra­de en dok­tors­gra­de oor die Boe­re­oor­log ge­skryf is.

In die woor­de van Wil­li­am Bei­nart is ge­skie­de­nis “. . . a­bout po­li­ti­cal trends and so­ci­al chan­ges” en word dit dan vol­gens Jo­hann Tem­pel­hoff “’n roe­te­kaart na die toe­koms”.

Wan­neer ek die sto­rie van Da­nie T­heron aan ons land­ge­no­te ver­tel, luis­ter hul­le met die grootste be­won­de­ring.

Ek vra die “an­der” graag uit oor “hul” ge­skie­de­nis. Sel­lo Ha­tang van die Nel­son Man­de­la-stig­ting het my een­dag ge­ant­woord: “Dit is die ge­skie­de­nis van baie men­se waar­oor daar nog nie boe­ke ge­skryf is nie.”

Mo­nu­men­te is ge­leent­he­de om ons­self uit te stal, met al die ge­paard­gaan­de krap­pe­rig­heid. Dit gee er­ken­ning aan ons kon­tras­te­ren­de ver­le­de en maak die deu­re oop vir die pad vo­ren­toe.

Daar is ’n ou A­fri­ka-spreek­woord: As jy vin­nig wil be­weeg, stap jy al­leen; as jy ver wil be­weeg, stap jy saam met an­der. Daar is nog ’n lang pad om te stap.

Ons leer nog om saam te stap; soms in me­kaar se skoe­ne. Oom Paul (met of son­der François Loots se pienk mus) en K­go­si Mo­ga­le gaan saam. So ook Da­nie T­heron en Ja­pie Ma­po­nya. Bram Fis­cher sal ook daar wees.

■ Le­on Wes­sels is ’n voor­ma­li­ge par­le­ments­lid vir Kru­gers­dorp.

Die krap­pe­rig­heid van die ver­le­de: Paul Kru­ger se stand­beeld op Kerk­plein in P­re­to­ria is in 2016 met do­ring­draad om­ring om dit teen van­da­le te be­skerm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.