’n Dorp vol ge­skie­de­nis

Ha­no­ver in die Ka­roo is die i­de­a­le oor­slaap­plek wan­neer ’n mens van­af Gau­teng koers kies kus toe. Daar is so­veel ge­skie­de­nis en in­te­res­san­te in­wo­ners wat ’n mens met ope arms ver­wel­kom.

Beeld - - Voorblad - CORELI ROOS @Leef­styl24

Die son trek wa­ter wan­neer ek Ha­no­ver op ’n rus­ti­ge Son­dag­mid­dag bin­ne­ry. Daar is min ak­ti­wi­tei­te in die stra­te van hier­die Ka­roo-dor­pie langs die N1, reg in die mid­del van Suid-A­fri­ka.

P­re­to­ria-vrien­de het my drie jaar ge­le­de ek­sta­ties ver­tel van hul op­win­den­de Ha­no­ver-dorps­toer saam met Daan S­tan­der na­dat hul­le in die Bun Clo­dy-gas­te­huis in Mark­straat aan­ge­kom het. Ek voel da­de­lik tuis daar toe sy vrou, Tos­sie, my ver­wel­kom. Met ’n an­der­half uur voor don­ker, sluit ek my aan by Daan en sy me­de­gids, Bab­sie Wie­nand, vir die uit­stap­pie.

Ons be­gin by Bun Clo­dy. Dis in 1876 ge­bou vir Ha­no­ver se eer­ste arts, dr. S­pen­cer, en was steeds die dok­ters­huis, spreek-, wag- en on­der­soek­ka­mer toe Bob­by en F­re­da Fer­ri­ly dit by dr. Van S­chalk­wyk ge­koop het. Hul­le wou dit ver­an­der in ’n gas­te­huis, maar toe sterf Bob­by skie­lik. “Koop die plek by my!” het F­re­da vir Tos­sie ge­sê. Sy wou te­rug­gaan na haar dog­ter in Bun Clo­dy, Ier­land.

“Dís waar­van­daan die naam kom,” sê Daan.

Ter­wyl ons langs die Mur­ray­straat-wa­ter­lei­vo­re op­stap na die im­po­san­te NG kerk, oor­spoel nos­tal­gie my. Ka­roo-hui­se sit knus voor teen die sy­paad­jies. Daar is ge­noeg spa­sie ag­ter­in hul er­we om self­voor­sie­nend te kan wees met kos. Ek ver­moed die huis­ei­e­naars wat ve­ran­das op hul sy­paad­jies ge­bou het, was nie be­ïn­druk met die jaar­lik­se sy­paad­jie­be­las­ting wat hul­le moes op­dok nie!

C­har­les Bee­re, die eer­ste ma­gi­straat, het ge­help met die dorps­uit­leg en ge­sorg dat baie bo­me ge­plant word. ’n Ge­denk­te­ken vir Bee­re staan bo-op Trap­pie­s­kop, só ge­noem na die trap­pies wat hy na die kruin, waar jy ’n pa­no­ra­mie­se uit­sig het, laat bou het. Die En­gel­se het die kop­pie in die Ang­loBoe­re­oor­log be­set en Daan sê Suid-A­fri­ka se eer­ste s­ter­re­wag, waar­van die in­stru­men­te la­ter ver­skuif is, was ook daar.

Loer in by die kerk

Ek merk die Ha­no­ver-mu­seum skuins oor­kant die NG kerk op. Dit was die oorspronklike Pe­trus­val­lei-plaas­op­stal. Gert Gous het die plaas in 1854 ver­koop so­dat die dorp, wat na Ha­no­ver in Duits­land heet, ge­stig kon word.

Die NG kerk is bin­ne en bui­te ’n toon­beeld van pre­si­sie-vak­man­skap. Tus­sen Daan se ver­tel­lings en staal­tjies deur wys hy die an­ker­mo­tief uit wat dik­wels as kerk­ver­sie­ring ge­bruik is. “Die an­ker was ’n be­ken­de sim­bool on­der die vroeë Chris­te­ne.”

Ons kyk op na die kerk­hor­lo­sie, ’n Duit­se Bur­meis­ter. Dit word met ’n slin­ger in die kerk­to­ring op­ge­wen en slaan reeds 110 jaar klok­slag op die half­uur.

Mees­ter­vak­man­ne het die Bur­me­se ki­aat­bui­te­deu­re, die mas­sie­we hout­slot­te met me­taal­me­ga­nis­mes as­ook die sluitskar­nie­re ge­maak. Daan en Bab­sie de­mon­streer hoe die sluitskar­nie­re die deur op­lig wan­neer jy dit oop­maak en hoe die deu­re ou­to­ma­ties en stel­sel­ma­tig sak, tot­dat dit toe­gaan en sluit in­dien geen stop­per dit oop­hou nie. Som­mi­ge bin­ne­deu­re is ver­sier met prag­ti­ge hand­ge­maak­te geel­ko­per­hand­vat­sels uit I­ta­lië, en lood­glas­ven­sters laat lig van bui­te af in.

“Hier­die En­gel­se ro­man­tie­se or­rel van die mees­ter­or­rel­bou­ers Nor­man en Be­ard is oor­spronk­lik en nog in ’n puik toe­stand,” sê Daan ter­wyl Grant Davids se prag­ti­ge or­rel­spel die kerk­ge­bou vul.

“Dis nét die trap wat met ’n e­lek­trie­se mo­tor ver­vang is.”

Ek staan ver­won­derd voor die in­druk­wek­ken­de, hand­ge­maak­te En­gel­se ei­ke­hout­preek­stoel wat ver­fraai is met prag­ti­ge ge­go­te ys­ter-, ko­per- en in­ge­wik­kel­de hout­kerf­werk van gra­na­te, ro­se, en dies meer. Dis van En­ge­land na Port E­li­za­beth ver­skeep. Os­se­wa­ens het dit Ha­no­ver toe ver­voer, waar die een­he­de aan­me­kaar­ge­sit is. So­wel die preek­stoel as die Go­tie­se agt ver­sterk­te bal­ke (wat die swaar dak on­der­steun), is baie mooi sig­baar van die ga­le­ry af. Die aand­stil­te word ver­steur toe ek trap-af, op ’n la­er vlak, die kerk­klok kan lui!

Kui­er en smul

Dot se Win­kel, van die TV-reeks Vlug na E­gip­te-faam is oor­kant die pad en nog oop toe ons on­der die s­traat­lig­te tus­sen die eer­ste bi­bli­o­teek, wat steeds in ge­bruik is, en S­tan­dard Bank te­rug­stap. My be­soek is kort voor­dat die na­tuur­won­der van groot swerms klein­rooi­val­kies in No­vem­ber uit die Noor­de­li­ke Half­rond op Ha­no­ver aan­kom. By Tos­sie-hul­le eet jy ge­son­de kos. Hul­le kweek hul eie groen­te en vrug­te en hul lê­hen­ne sorg vir or­ga­nie­se ei­ers.

“Dis net die ert­jies wat nie uit ons tuin kom nie, ek het nog nooit suk­ses met hul­le ge­had nie,” sê Daan ter­wyl Tos­sie se gas­te aan haar heer­li­ke ge­rook­te rib­be­tjies, ge­bak­te broc­co­li-ge­reg, wor­tel-e­nert­jies, pam­poen­koe­kies en kool­slaai smul.

Ter­wyl ons voor sla­pens­tyd soos ou vrien­de in die sit­ka­mer kui­er, vra ek Tos­sie uit oor haar o­lie­verf­skil­de­rye wat ek o­ral in huis sien hang. Sy laat be­skeie hoor sy was in 1993 een van en­ke­le ge­nooi­de kuns­te­naars wat haar werk op die eer­ste veel­ras­si­ge kuns­ten­toon­stel­ling in Se­bok­eng uit­ge­stal het. Sy skil­der steeds as haar pro­gram dit toe­laat.

’n Knie­be­se­ring weer­hou my om Trap­pie­s­kop uit te klim toe ek op ’n vroeg­og­gend­wan­de­ling sy toe­gangs­hek ont­dek. Ná ’n ste­wi­ge ont­byt ry Daan met my na die be­graaf­plaas oor­kant die N1. Van daar, on­der­weg na die net­jie­se Ha­no­ver-rol­bal­baan en die Ang­li­kaan­se ker­kie langs die po­li­sie­kan­toor wat uit 1881 da­teer, ry ons ook ver­by Ha­no­ver Lod­ge, waar me­ni­ge rei­si­gers in ver­vloë dae in die toen­ma­li­ge Royal Ho­tel ver­toef het.

Na­dat ek van my gas­he­re en ’n me­de­gas af­skeid neem, stop ek by die Exel-vul­sta­sie, waar Grant op sy pos in A­go­ra Crafts is. Hier kan ’n ver­skei­den­heid hand- en tuis­ge­maak­te pro­duk­te soos skaap­vel­pan­tof­fels, tuis­ge­bak, skil­de­rye, ge­sken­ke as­ook sjiek de­ko­ri­tems ge­koop word.

■ Vir meer in­lig­ting: Bel Bun Clo­dy­gas­te­huis by 053 643 0256, Ha­no­ver Lod­ge by 053 643 0019 en A­go­ra by 053 643 0224.

■ Bun Clo­dy-gas­te­huis het Roos se ver­blyf en e­tes ge­borg.

Fo­to’s: CORELI ROOS

Ha­no­ver se in­druk­wek­ken­de NG kerk is ge­bou op die ter­rein van die oorspronklike kerk­ge­bou. ’n Vak­man het die sil­wer­kleu­ri­ge re­lings wat voor ge­sien word, vir die oorspronklike kerk ge­maak. Dis be­hou vir die kerk wat in 1908 in­ge­wy is.

Daan S­tan­der de­mon­streer hoe die voor­le­ser in sy stoel voor die preek­stoel ge­sit het wan­neer hy nie met sy voor­lees­of voor­sang­taak be­sig was nie. Let op die hout­snee­werk, ge­go­te ys­ter en ko­per­af­wer­kings op die preek­stoel, as­ook die doop­vont regs voor.

’n Na­week­kui­er­plek in ’n sy­straat­jie.Regs: Die poor­tjie lei na die trap­pies na Trap­pie­s­kop se kruin.

Bun Clo­dy is meer as 140 jaar ge­le­de vir die eer­ste dok­ter ge­bou. Dit was tot 20 jaar ge­le­de steeds die dok­ters­huis en spreek­ka­mers. Dit is ook al as hos­pi­taal ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.