D­rie­been-brak vind nu­we le­we in die sneeu

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

T­hem­ba, S­til­fon­tein se drie­been­hond­jie, hop nou vro­lik in die sneeu in Kanada rond.

Dié foks­ter­ri­ër krui­sing het van­dees­week by die Bro­wn-gesin in die dor­pie An­cas­ter in On­ta­rio aan­ge­kom. Die Bro­wns, SuidA­fri­ka­ners van oor­sprong, het T­hem­ba by die Mat­losa­na-die­re­ha­we in S­til­fon­tein aan­ge­neem.

T­hem­ba moes eers her­stel na­dat sy lin­ker­voor­been ge­am­pu­teer is voor­dat hy die vlug van twee dae na Kanada kon aan­durf.

Ta­li­tha Bro­wn, T­hem­ba se nu­we men­se­ma, sê ná T­hem­ba se aan­koms Woens­dag het hy “so vin­nig, so diep in ons har­te ge­kruip”. “Hy hop so vin­nig op die drie be­ne en spring skoon self op ons bed. Ek word so hart­seer wan­neer ek na hom kyk, want hy is deur hel. My dog­ter Jes­si­ca het hom T­hem­ba ge­doop, want dit be­te­ken ‘hoop’. Die ou din­ge­tjie gaan nou die le­we kry wat hy ver­dien. As ons al­mal net elke dag pro­beer om een ding vir die die­re te doen, sal die wê­reld ’n baie be­ter plek wees.”

Die Bro­wns het be­sluit om T­hem­ba aan te neem na­dat hul­le sy hart­seer ver­haal op die Mat­losa­na-die­re­ha­we se Facebook-blad ge­lees het. Dis die vyf­de weg­gooi­hond wat dié gesin uit hul ge­boor­te­land aan­neem. Ta­li­tha, haar man, Des, en hul dog­ters, Jes­si­ca en Ta­li­tha jr., woon al 15 jaar in Kanada.

T­hem­ba is so­wat twee maan­de ge­le­de ma­er en ver­waar­loos op die N12-hoof­weg na­by S­til­fon­tein ge­vind. Dit was gou dui­de-

“As ons al­mal net elke dag pro­beer om een ding vir die die­re te doen, sal die wê­reld ’n baie be­ter plek wees.”

lik T­hem­ba se pyn­li­ke lin­ker­voor­been sou nooit her­stel na­dat dit te­vo­re be­seer is nie.

Suzette Kot­zé, ei­e­naar van die Mat­losa­na-die­re­ha­we in S­til­fon­tein waar­heen T­hem­ba ge­neem is, sê dit was die bes­te be­sluit om die been te am­pu­teer. “Daar­die pyn­kyk in sy oë is weg. T­hem­ba het ná die am­pu­ta­sie vir die eer­ste keer hier by ons be­gin rond­hard­loop en speel.”

T­hem­ba het Maan­dag­aand na Am­ster­dam ge­vlieg van waar hy na Kanada is. Kot­zé het hom by die O.R. Tam­bo-lug­ha­we aan Do­ret­te Kroll van die or­ga­ni­sa­sie In­ter­na­ti­o­nal Tra­de and Trans­port A­gents (IT­TA) oor­han­dig. Die IT­TA help met die ver­voer van die­re oor lands­gren­se heen. Ta­li­tha sê men­se soos Kroll is “ver­ge­te hel­de”.

“Do­ret­te het op haar eie on­kos­te ’n prag­ti­ge kom­ber­sie gaan koop om in T­hem­ba se hok­kie te sit. Sy het hom lank vas­ge­hou voor­dat sy hom in sy hok­kie te­rug­ge­sit het.”

Kot­zé sê T­hem­ba het op die lug­ha­we ver­be­te aan haar vas­ge­klou. “Wan­neer ek hom pro­beer los­maak het, het hy my an­der arm met sy poot­jie ge­gryp.”

T­hem­ba is na ra­ming tus­sen vier en agt jaar oud.

Ta­li­tha Bro­wn met T­hem­ba kort ná sy aan­koms in Kanada.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.