‘ANC sal nie aan die EFF toe­gee oor na­si­o­na­li­se­ring nie’

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Die ANC sal nie toe­gee aan die EFF oor die na­si­o­na­li­se­ring van grond nie.

So het Jack­son Mt­hem­bu, ANC-hoof­sweep, gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie by die par­le­ment oor die ANC se werk die af­ge­lo­pe jaar dit dui­de­lik pro­beer stel dat die ANC nooit die na­si­o­na­li­se­ring van grond voor­ge­staan het nie.

Daar is nie een­stem­mig­heid tus­sen die ANC en die EFF oor grond­ei­e­naar­skap nie, sê hy. Die ANC is ten guns­te van ’n ge­meng­de stel­sel van grond in pri­va­te, kom­mu­na­le en staats­be­sit, ter­wyl die EFF wil hê dat al­le grond on­der staats­be­heer moet wees.

“Ons is nie die EFF nie. Ons stem nie saam met die EFF dat die staat ei­e­naar­skap van al die grond moet hê nie. Die grond moet te­rug­ge­gee word aan die­ge­ne van wie dit ont­neem is; die­ge­ne wat dit die mees­te no­dig het, on­der an­de­re op­ko­men­de boe­re.

“Wan­neer jy al die grond het en dit in die staats­re­gis­ter in­ge­sluit is, mag jy dalk die­self­de fou­te as an­der lan­de maak. Jy mag dalk die grond aan jou ka­ders gee en aan die­ge­ne wat die reg­te men­se ken. Dit is nie die voor­ne­me van die ANC nie. Die ANC is voor­ne­mens om aan­dag aan die erf­son­de te gee... Ek dink dit is ’n twis wat ons met die EFF sal hê wan­neer ons die kwes­sie be­spreek, maar ek kan jul­le ver­se­ker die ANC sal nie toe­gee nie,” sê Mt­hem­bu.

Hy sê die par­le­ment se aan­vaar­ding van die ver­slag van die Grond­wet-her­sie­nings­ko­mi­tee wat die wy­si­ging van art. 25 van die Grond­wet aan­be­veel om grond­ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding dui­de­lik daar­in uit te stip­pel, is die “mees his­to­rie­se ver­wik­ke­ling” se­dert die aan­breek van die de­mo­kra­sie.

Mt­hem­bu be­skryf die sper­da­tum van 31 Maart vir die af­han­de­ling van die werk van die ad hoc-ko­mi­tee as “am­bi­si­eus”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.