Beurt­krag: On­weers­wol­ke dreig dié na­week aan meer as een front

Beeld - - Nuus - – El­vi­ra Wood

As die Suid-Afrikaanse Weer­diens reg is met sy voor­spel­ling van swaar re­ën die na­week vir groot de­le van die land, is daar ’n sterk kans op beurt­krag.

K­hu­lu P­ha­si­we, E­s­kom-woord­voer­der, waar­sku swaar re­ën kan daar­toe lei dat die steen­kool­voor­raad by krag­sta­sies te nat word, be­rig Fin24.

Die klein brok­kie goeie nuus is dat heel­wat van die krag­ly­ne tus­sen Mo­sam­biek en Suid-A­fri­ka wat vroe­ër van­dees­week on­klaar ge­raak het, reeds her­stel is.

P­ha­si­we het op 29 No­vem­ber ge­twiet daar was ska­de aan die krag­ly­ne tus­sen die Ca­ho­ra Bas­sa-s­ke­ma in Mo­sam­biek en SuidA­fri­ka. Hy het nie die re­de daar­voor ge­gee nie.

Suid-A­fri­ka voer ge­woon­lik 1 500 MW krag van die Ca­ho­ra Bas­sa-s­ke­ma in, maar weens die pro­ble­me het in­voer tot net 400 MW ge­daal.

P­ha­si­we het gis­ter ge­twiet her­stel­werk vor­der goed en dit sal die druk op die plaas­li­ke net­werk help ver­lig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.