Ro­bot saai a­mok met pe­per­sproei

Beeld - - Nuus -

24 wer­kers in A­ma­zon se pak­huis in New Jer­sey is in die hos­pi­taal op­ge­neem na­dat ’n ro­bo­tie­se arm ’n gat in ’n kan­ne­tjie sterk pe­per­sproei ge­maak het.

Dié pe­per­sproei, wat ge­maak word van ge­kon­sen­treer­de brand­ris­sies, word ge­bruik om bruin­be­re mee af te weer, be­rig The Gu­ar­di­an.

Een wer­ker is in ’n erns­ti­ge toe­stand in die hos­pi­taal op­ge­neem.

Van die an­der wer­kers het a­sem­ha­lings­pro­ble­me en nog het bran­den­de oë, neu­se en ke­le ge­had.

In dié sta­di­um is dit nie dui­de­lik p­re­sies wat Woens­dag ge­beur het nie, be­rig die BBC.

Die kan­ne­tjie s­proei het blyk­baar ge­val en die ro­bot­arm het dit toe stuk­kend ge­steek.

’n Woord­voer­der van Rob­bins­vil­le, die dorp waar­in die pak­huis is, het be­ves­tig dat die s­proei geen ge­vaar vir die in­wo­ners in­hou nie en dat die pro­bleem tot die pak­huis be­perk is.

Meer as 3 000 men­se werk in die pak­huis en be­dry­wig­he­de het in­tus­sen na nor­maal te­rug­ge­keer.

A­ma­zon sê in ’n ver­kla­ring die vei­lig­heid van sy wer­kers is sy “top­pri­o­ri­teit” en dat ’n vol­le­di­ge on­der­soek na die voor­val reeds be­gin het.

Die soort weer­mid­del wat ge­lek het, is nie le­wens­ge­vaar­lik vir men­se (of be­re) nie, maar kan jou ty­de­lik ver­blind en kort­a­sem maak, sê die Get Be­ar Smart So­cie­ty op sy web­werf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.