O­proer in Frank­ryk ’n ‘mon­ster’

Beeld - - Nuus -

’n Mon­ster is ge­skep deur die an­ti-re­ge­rings be­to­gings in Frank­ryk, het Chris­to­phe Cas­ta­ner, di e­land se mi­nis­ter van bin­ne­land­se sa­ke, gis­ter ge­sê.

Cas­ta­ner waar­sku dat“ra­di­ka­le e­le­men­te” die be­plan­de“geel­baad­jie be­to­gings” van die na­week kan in­fil­treer, be­rig BBC News.

Die o­wer­he­de be­rei voor op er­ge ge­weld. Ver­skeie toe­ris­te aan­trek­lik­he­de in Pa­rys is van­dag ge­sluit te mid­de van vre­se vir nog o­proer in die stra­te.

Die pro­tes het drie weke ge­le­de be­gin, aan­vank­lik teen ’n sty­ging in brand­stof­pry­se, maar gaan nou ook oor an­der kwes­sies, in­slui­tend on­der­wys­her­vor­ming s.

Cas­ta­ner sê“groot­skaal­se vei­lig­heids­maat­re­ëls” is vir die na­week ge­tref.

89000 po­li sie­le be­amp­tes sal die na­week aan diens wees oor Frank­ryk heen en ge­pant­ser­de voer­tuie word in die hoof­stad ont­plooi, het E­dou­ard P­hi­lip­pe, pre­mier, aan­ge­kon­dig.

Win­kels en re­stau­ran­te aan die C­hamp­sÉ­lysées is deur die po­li­sie ver­soek om hul deu­re te sluit en som­mi­ge mu­seums sal ook toe wees.

Cas­ta­ner het aan ver­slag­ge­wers ge­sê die af­ge­lo­pe drie weke se be­to­gings het “’n mon­ster ge­skep wat van sy skep­pers ont­snap het”.

Hy waar­sku dat die o­wer­he­de ferm gaan op­tree.

“Ek sal geen ge­duld hê met die­ge­ne wat die nood van ons bur­gers uit­buit nie.”

’n Amp­te­naar het aan AFP ge­sê die o­wer­he­de staal hul­le vir “aan­sien­li­ke ge­weld” van­dag, met so­wel ver­reg­se as ver­link­se ak­ti­vis­te wat be­plan om op Pa­rys toe te sak.

Fo­to: GETTY IMAGES

Een van ’n groep stu­den­te wat van­dees­week uit so­li­da­ri­teit met die geel­baad­jie-be­to­gers in Pa­rys die stra­te in Tou­lou­se in­ge­vaar het om oor on­der­wys­kwes­sies te be­toog, word be­han­del na­dat ’n traan­rook­hou­er haar teen die kop ge­tref het. Die o­wer­he­de ver­wag die na­week heel­wat ge­weld in die Fran­se hoof­stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.