Meg­han hard aan die werk

Beeld - - Nuus - Ar­le­ne Prins­loo

Swan­ger­skap laat Meg­han, her­to­gin van Sus­sex, be­slis nie op haar lou­e­re rus nie.

Die her­to­gin, wat nou so­wat vyf of ses maan­de swan­ger is, het van­dees­week ’n o­pen­ba­re ver­plig­ting in Lon­den by­ge­woon, maar dit eers daar­na op die ko­nink­li­ke hof se dag­boek ge­plaas.

Meg­han het Woens­dag ’n ge­leent­heid by die King’s Col­le­ge-U­ni­ver­si­teit in Lon­den by­ge­woon waar u­ni­ver­si­teit s lei­ers, a­ka­de­mi­ci en stu­den­te ge­praat het oor hoe die wê­reld deur ho­ër on­der­rig ver­be­ter kan word.

Meg­han het op haar en prins Har­ry se on­lang­se toer na Aus­tra­lië, Nieu-See­land, Ton­ga en Fidji in laas­ge­noem­de ei­land­ko­nink­ryk ’n pas­sie­vol­le toe­spraak ge­le­wer oor die be­lang van on­der­wys vir jong vroue.

Op die fo­to’s wat die Ken­sing­ton-pa­leis op so­si­a­le me­dia ge­plaas het, luis­ter die her­to­gin aan­dag­tig na die per­soon oor­kant haar.

Meg­han hand­haaf geen­sins ’n la­er me­di­a­pro­fiel nie se­dert die be­spie­ge­ling dat sy en Cat­her­i­ne, her­to­gin van Cam­brid­ge, ver­le­de Kers­fees ’n woor­de­wis­se­ling ge­had het.

Meg­han en Har­ry het Dins­dag­aand ’n Kers­sang­diens in Lon­den ter ere van ’n ou skool­vriend van die prins by­ge­woon. Meg­han het toe ’n voor­le­sing ge­doen.

Die 37-ja­ri­ge her­to­gin het Maan­dag­aand ook die be­kend­stel­ling van Mi­chel­le O­ba­ma se boek Be­co­ming in Lon­den by­ge­woon.

Die her­to­gin het ná die boek­be­spre­king on­ge­veer ’n uur lank met die A­me­ri­kaan­se oud pre­si­dents­vrou ge­sels. Hul­le deel ’n pas­sie om on­der­rig vir jong mei­sies te be­vor­der.

Meg­han en Har­ry sal die Kers­tyd saam met die res van die ko­nink­li­ke gesin in San­dring­ham deur­bring. Die eg­paar sal, na be­rig word, ook in die Kers­tyd by Cat­her­i­ne en prins Wil l i a min hul wo­ning op die San­dring­ham land­goed tuis­gaan.

Fo­to: IN­STA­GRAM

Meg­han, her­to­gin van Sus­sex, by ’n ge­leent­heid. Die pa­leis het dié fo­to Don­der­dag op so­si­a­le me­dia ge­plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.