Mu­siek wek ge­moed op

Beeld - - Kommentaar -

Ek wil graag Cu­les Ham­man on­der­steun (“RSG bo, maar lig­te mu­siek pla”).

Ons is werk­lik be­voor­reg om mu­si­kan­te van in­ter­na­si­o­na­le ge­hal­te in ons land te hê. Die san­gers wat hy noem, het ons oor et­li­ke jare heen met hul “vol­le­di­ge” mu­siek be­derf en kry nie al­tyd die er­ken­ning wat hul­le ver­dien nie.

Van my guns­te­lin­ge is Jan­nie du Toit, An­na Da­vel en Coe­nie de Vil­liers, maar ek sal graag Li­ze Beek­man en Lu­cas Ma­ree by sy lys wou voeg.

’n Mens moe­nie ver­geet van die tal­le bril­jan­te mu­si­kan­te wat ag­ter die skerms woe­ker nie. Dink aan Ju­an Oost­hui­zen, Mau­ritz Lotz, Matthys Ma­ree, Da­vid Klas­sen, Ja­co­nel Mou­ton, C­harl du P­les­sis – let­ter­lik te veel om op te noem.

Ons was be­voor­reg om die af­ge­lo­pe drie jaar die Clas­si­cs is Groot-kon­ser­te by te woon. Wat ’n won­der­li­ke skou­spel wat in elke op­sig kan mee­ding met die in­ter­na­si­o­na­le ver­maak­wê­reld en waar­op bril­jan­te plaas­li­ke mu­si­ci die ge­leent­heid kry om op die hoog­ste vlak te ver­maak.

In ’n land waar ’n mens moet stoei om po­si­tief te bly, is mu­siek met ge­wig wat die toets van die tyd ge­slaag het en uit ons prag­ti­ge land ge­bo­re is die reg­te te­ra­pie. Mis­kien sal dit al­mal se ge­moed ’n bie­tjie op­wek as ons ra­di­o­sta­sies meer daar­van kan deel?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.