Woord­fees buig in noor­de se rig­ting met ‘e­ner­gie’

Beeld - - Kommentaar - Bar­nard Beuk­man @bar­nard­beuk­man1 bar­nard.beuk­[email protected]

Dit is met gees­drif dat Beeld die US Woord­fees se uit­no­di­ging aan­vaar het om as ’n noor­de­li­ke ven­noot han­de te vat.

Nee, nee die fees is nie op pad noor­de toe nie, an­der fees­di­rek­teu­re kan ont­span. Maar so­veel fees­gan­gers uit die noor­de is elke jaar in Maart in die Ei­ke­stad dat die be­stuur tog be­sluit het om ook ’n sig­baar­der bui­ging na fees­gan­gers aan dié kant van die ri­vier te maak.

Nie net is in Jo­han­nes­burg ’n by­een­koms ge­hou om ’n gla­sie te klink op die 20ste fees in 2019 nie. As deel van die fees­pro­gram se be­kend­stel­ling hier, is daar vir Beeld-le­sers die in­no­ve­ren­de ge­leent­heid om hul i­de­a­le fees­dag saam te stel en dit dan, met reis en ver­blyf in­ge­sluit, te wen.

In­te­res­sant is die vol­gen­de woor­de van Saar­tjie Botha, fees­di­rek­teur, in haar pro­gram­voor­woord: “2019 sou die be­gin van ’n af­tel­ling kon wees. Die af­stuur op ’n nul.

“Dis ’n kruis­pad-jaar; ’n jaar waar­in de­mo­kra­tie­se Suid-A­fri­ka vir die ses­de keer by die stem­bus gaan krui­sies trek. Twee krui­sies – XX – wat baie moet be­sweer: on­ge­lyk­heid, ar­moe­de, kor­rup­sie, ge­brek­ki­ge lei­er­skap, kom­mis­sie op kom­mis­sie wat on­reg­te ont­hul en on­der­soek, wan­kel­ri­ge stel­sels, werk­loos­heid – din­ge wat reg­mer­kies kry en eint­lik krui­sies by moet hê. Angs­vlak­ke is hoog, ver­troue min, beur­sies plat.

“Dis te mid­de van hier­die lae mo­raal wat ons jou uit­nooi om by ons 20ste Woord­fees ’n draai te maak. ’n Kuns­te­fees bied ’n won­der­li­ke ge­leent­heid om an­ders na die wê­reld te kyk . . .”

Gaan lees haar uit­no­di­ging en mee­sleu­ren­de de­fi­ni­sie van wat ’n fees kan wees ge­rus ver­der in die fees­gids, waar sy ’n kuns­te­fees on­der meer ook be­skryf as “’n broei­plek vir e­ner­gie” op woord­fees.co.za.

En van­self­spre­kend blyk uit die pro­gram ook die u­nie­ke aan­bie­dings wat elke groot kuns­te­fees in die land sy ken­mer­ken­de staan­plek op die ka­len­der gee.

Afrikaanse kuns­te­fees­te het toe nooit die la­ers van te­rug­trek en i­so­la­sie ge­word wat baie ge­vrees het nie. En pro­beer ook nie, soos som­mi­ge sma­lend be­weer het, om nou die e­nig­ste voer­tuig vir A­fri­kaans te wees ná ve­le staan­plek­ke wat die taal be­gin ver­loor het nie.

Maar dit is be­lang­ri­ker as ooit ’n me­de­kweek­huis vir die Afrikaanse taal, kuns­te, dis­koers, toe­koms­ver­ken­ning en in­klu­sie­we saam­wees. Be­slis.

■ Nog nuus uit die fees­wê­reld kom van die an­der stu­den­te­dorp­fees, Aard­klop in Pot­chef­stroom. Daar het Ja­pie Gouws die tuig neer­ge­lê as voor­sit­ter van die di­rek­sie. Hy was een van die lei­den­de me­de­stig­ters van die “nu­we” Aard­klop.

Beeld se ge­luk­wen­sing aan Fi­ka Jan­se van Rens­burg, nu­we voor­sit­ter en a­ka­de­mie­se boor­ling van die dorp wat die lei­sels oor­neem. Wan­neer jul­le in die nu­we jaar fees hou, is Beeld en sy le­sers weer daar.

Afrikaanse kuns­te­fees­te het toe nooit die la­ers van te­rug­trek en i­so­la­sie ge­word wat baie ge­vrees het nie.

Beuk­man is re­dak­teur van Beeld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.