Staak ‘vrien­de­li­ke vuur’ op S­kip SA

Beeld - - Kommentaar -

Ons land be­leef uit­da­gings, maar ’n e­pi­de­mie van ne­ga­ti­wi­teit be­lem­mer voor­uit­gang.

Ek het de­ka­des in brand­pun­te oor die wê­reld heen deur­ge­bring. Ek het die val van die Ber­lyn­se Muur in Duits­land er­vaar. Ek het eer­ste­hands ’n diep ver­deel­de land sien ver­soen en Oos-Duits­land sta­dig sien her­stel ná de­ka­des van on­der­druk­king – ’n pro­ses wat nog nie af­ge­han­del is nie.

Ek het die des­tyd­se Joe­go-Sla­wië sien op­staan uit die as ná Na­vo-bom­bar­de­ring weens et­nie­se on­der­druk­king. Ek het nog op my eer­ste be­soek ver­by diep bom­kra­ters ge­ry. Sol­da­te het my mo­tor om­sin­gel om­dat ek ’n fo­to van ’n op­ge­blaas­de brug ge­neem het. Ek het my ge­loofs­brie­we oor­han­dig aan Slo­bo­dan Mi­lo­se­vic, die ar­gi­tek van hul pro­ble­me, en sy voor­oor­de­le eer­ste­hands uit sy mond er­vaar.

Ek het Bos­nië sien op­staan ná ’n bloe­di­ge oor­log weens ’n et­nie­se kon­flik en die pyn van die men­se er­vaar wat deur on­ver­draag­sa­me po­li­ti­ci ver­oor­saak is, ook uit hul eie mond.

Ek het met men­se aan al­bei kan­te van die diep ver­deel­de Ci­prus ge­praat oor die pyn wat on­ver­draag­sa­me po­li­ti­ci daar ver­oor­saak het.

In Suid-A­fri­ka het ek ’n land en men­se sien op­staan ná ge­slag­te van on­der­druk­king. Ek het be­leef hoe ons die “Swart Ge­vaar,” die “Rooi Ge­vaar”, die “Nag van die Lang Mes­se” en blik­kies­kos (ná 1994) oor­leef het.

Pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa en sy man­skap­pe is be­sig om ’n groot s­kip in on­stui­mi­ge wa­ter en on­der he­wi­ge “vrien­de­li­ke vuur” van die wal af deur hul eie men­se, ja ver­al ook deur voor­heen be­voor­deel­des, sta­dig maar se­ker om te draai.

Ek is ook op dié s­kip en deeg­lik be­wus van ons uit­da­gings, maar sou graag meer van die gees van die men­se wou sien wat ek on­der ge­teis­ter­de men­se in row­we wa­ters in brand­pun­te wê­reld­wyd er­vaar het.

Maar nee, ek sien kerm­derms wat steeds be­voor­reg­te le­wens lei. Baie van hul­le maak nou weer reg vir ’n moei­li­ke trek af kus toe met hul swaar ge­laai­de vier­trek­voer­tuie na hul strand­hui­se of Bos­veld-pla­sies.

Pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.