Adv. Ba­to­hi sal haar draaie ge­wis moet ken

Beeld - - Kommentaar - Gert Coet­zee

Twee nuus­be­rig­te van­dees­week hou met me­kaar ver­band – die aan­stel­ling van adv. Shami­la Ba­to­hi as hoof van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) en die te­rug­trek van die aan­klag­te in die NVG-on­der­soek na die om­stre­de Es­ti­na­sui­wel­pro­jek van R250 mil­joen.

Met as punt dat Ba­to­hi se taak in­sluit om die kul­tuur van die NVG ge­swaai te kry.

As die eer­ste vrou­e­hoof van die NVG, ’n aan­stel­ling wat sy as ’n ge­skied­kun­di­ge oom­blik vir vroue be­stem­pel, lyk die vu­ri­ge, be­kwa­me Ba­to­hi soos ’n regruk­ker.

Haar aan­stel­ling is hoe­ka daar­op ge­rig om die “stand van wan­funk­si­o­na­li­teit en die ge­bre­ke in die NVG wat die hof uit­ge­wys het” teen te werk, sê pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa.

Ten ty­de van staat­skaping, waar­van die Vre­de-melk­pro­jek ’n uit­lo­per is, het die NVG van die kop af in rug­graat­loos­heid ver­val.

Dit moes toe­ge­wy­de NVG-le­de ra­send ge­frus­treer het om hul werk in dié ver­lam­men­de kon­teks te pro­beer uit­voer.

Net soos die Suid-Afrikaanse In­kom­ste­diens (SAID), die S­taats­vei­lig­heids­a­gent­skap, die Val­ke en an­de­re is die NVG met voor­be­dag­te ra­de in­ge­ka­trol om oud­pres. Ja­cob Zu­ma en sy kon­sen­trie­se bin­ne­kring van hoe­ders se son­de te be­dek en te ver­goei­lik en veg­ters vir reg en ge­reg­tig­heid ver­dag te maak.

On­sta­bi­li­teit in die NVG kom al van die dae van die wa­pen­be­drog, waar ons weet wie se naam as S­kelm Een be­gin op­duik het.

Dit is in­ge­lui met die aan­slag op adv. Bu­le­la­ni Ng­cu­ka in die 1990’s en adv. Vu­si Pi­ko­li, sy op­vol­ger. Ná hul­le het ad­vv. Mo­ko­te­di Mps­he, Men­zi Si­me­la­ne, Nom­g­co­bo Ji­ba (waar­ne­mend) en Mxo­li­si Nx­asa­na, wat al­mal vir die­self­de re­de aan­ge­stel is, geen ver­troue in­ge­boe­sem nie.

Die treur­ma­re het on­der­soe­ke, hof­be­ve­le en ’n goue hand­druk in­ge­sluit.

Die NVG se wa­re mis­sie is ver­troe­bel en sy ge­loof­waar­dig­heid aan­ge­tas.

’n Fun­da­men­te­le ver­skil tus­sen ’n de­mo­kra­sie en ’n to­ta­li­tê­re dik­ta­tuur is dat in eers­ge­noem­de die regs­ap­pa­raat hul werk on­af­hank­lik en los van

Gee Ra­map­ho­sa kre­diet dat hy ook met Ba­to­hi se aan­stel­ling raak­vat.

die wet­ge­wen­de en die uit­voe­ren­de ge­sag uit­voer.

Hier­teen­oor is to­ta­li­tê­re dik­ta­tu­re i­de­o­lo­gies deur­drenk en die regs­ap­pa­raat ge­diens­tig.

Amp­te­na­re se be­slui­te be­rus op ’n ver­men­ging van die reg, par­ty­po­li­tie­ke oor­we­gings en i­de­o­lo­gie­se oor­tui­ging.

So het Mps­he kor­rup­sie­klag­te teen Zu­ma ver­traag tot ná die ANC se Po­lo­kwa­ne-kon­fe­ren­sie in 2007.

Toe Zu­ma ANC-lei­er en la­ter staats­hoof word, was hy on­aan­tas­baar.

En die ANC-re­ge­ring het die reg­bank deur (min­der) sub­tie­le po­gings pro­beer rys­mier om Zu­ma van ver­vol­ging ge­vry­waar te kry.

Die ANC se chro­nie­se ge­suk­kel om tus­sen staat en par­ty te on­der­skei het a­kuut ge­word. Dit verg im­mers on­der­ge­skikt­heid aan die reg­bank en nie regs­ver­he­wend­heid nie.

Voor­lo­pers, soos G­we­de Man­tas­he (wat nou voor die Zon­do-kom­mis­sie staat­skaping ont­hul het!), dr. Bla­de N­zi­man­de en Jes­sie Du­ar­te het toe laat deur­ske­mer die ANC be­skou die regs­ge­sag as ’n las­tig­heid wat die par­ty se self­ver­heer­lik­te stre­wes in die wie­le ry.

Die ge­veg om Zu­ma te lig was ook ’n se­ge vir die reg­bank, maar die stryd is on­vol­daan. Een van sy stuip­trek­kings was die aan­stel­ling van adv. S­haun A­bra­hams as NVG­hoof.

A­bra­hams het be­loof hy is nie ’n po­li­tie­ke be­skerm­heer nie en gáán die NVG, waar­van die on­af­hank­lik­heid en on­be­ris­pe­li­ke wer­king van­self­spre­kend is, reg­ruk. Skyn­hei­li­ge laas­te woor­de.

Gee Ra­map­ho­sa kre­diet dat hy ook met Ba­to­hi se aan­stel­ling raak­vat.

Die nu­we NVG-hoof gaan haar han­de vol hê om die bo­se kring­loop – met mis­luk­te on­der­soe­ke as ’n simp­toom – stop te sit en die staat te­rug­ge­kaap te kry.

Volks­blad.

Coet­zee is re­dak­teur van

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.