SMS’e

Beeld - - Kommentaar - – Lu­ke – S­tel­la – Neels van P­re­to­ria – Gif­pen – De­on Bek­ker – An­ti Co­ke KON­TAK ONS: Jo­han­nes­burg ska­kel­bord P­re­to­ria ska­kel­bord Stuur jou nuus­fo­to [email protected]

► Oplossings vir E­s­kom is al nut­te­loos die af­ge­lo­pe 20 jaar. On­be­voegd­heid kan nie met nood­plan­ne reg­ge­stel word nie. ► Al­le e­s­kom-wer­kers (e­s­kom se naam is nie ’n hoof­let­ter waar­dig nie) se sa­la­ris­se moet met ’n uur ver­min­der word vir elke uur wat daar nie krag is nie. ► Beurt­krag is nie lek­ker nie. Ek dink wel ons is op die punt waar ons E­s­kom moet vra om lie­wer beurt­krag te ver­meer­der eer­der as om nog mil­jar­de ran­de se die­sel te ver­mors om die lig­te aan te hou. Suid-A­fri­ka en E­s­kom is klaar diep ge­noeg in die skuld. Ons moet dalk be­gin mooi dink hoe voel ons oor “Ons vir jou, Suid-A­fri­ka” en wat­ter op­of­fe­rings ons be­reid is om te doen. ► E­s­kom moe­nie vir die ver­le­de ver­ant­woor­de­lik ge­hou word nie. As­se­blief. Wie het met die Gup­tas ge­ka­foe­fel? Mu­ni­si­pa­li­tei­te wat aan­hou om nie hul krag­re­ke­nin­ge te be­taal nie. On­wet­ti­ge ver­bin­dings. Vrot be­plan­ning, en­so­voorts. E­s­kom moes lank­al ge­pri­va­ti­seer ge­wees het. ► Hoe­kom is al­mal skul­dig aan al­les be­hal­we die ANC? Dit is die pa­te­tie­se ANC-re­ge­ring wat die skuld moet kry. Wat ’n klomp pa­te­te. ► In Lich­ten­burg val al­les uit­me­kaar. Die hoof­pad deur Bur­gers­dorp is nou al ’n jaar grond­pad na­dat daar net op­ge­hou is om te werk. S­traat­lig­te werk ook lank­al nie meer nie. ► Staat­skaping is niks an­ders as hoog­ver­raad nie. Maak die skul­di­ges by­me­kaar, kla hul­le aan, be­vind hul­le skul­dig en sit hul­le voor ’n vuur­pe­lo­ton. ► Is daar ’n mooi­er voor­beeld – as na die cha­os by die SAUK ge­kyk word – van waar die ANC sy neus in­druk, dan is daar dra­ma/cha­os? ► Ek moet vir Sa­rel My­burgh ge­luk­wens met sy brief Don­der­dag in Beeld. Hy slaan die spy­ker p­re­sies op sy kop. Die vraag wat my pla, is wat van die pad vo­ren­toe? Ek wens dié brief kon op pres. Cy­ril Ra­ma­pho­sa se les­se­naar be­land het. ► Die EFF bla­meer so mak­lik al­les en al­mal. Het hy al e­nig­sins iets po­si­tiefs vir ons land ge­doen? Hy neem slegs die voor­tou om ras­sis­me te be­vor­der, ver­al on­der die arm men­se! ► Die ar­ti­kel van prof. La­bu­schag­ne in gis­ter se koe­rant is puik. EFF­lei­ers is baie lief vir han­dels­mer­ke en luuk­se voer­tuie wat met “wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal” ver­vaar­dig word. ► 30% is ’n grap. Dit is daar­die stu­den­te wat dan on­der­wys stu­deer en hul­le kan self nie eens reg praat, spel of lees nie. Nou vra al­mal nog hoe­kom ons on­der­wys in die pe­kel is. ► Wit huis­taal-ma­trieks kan nie een die woord “paar­rym” kor­rek spel nie en s­ka­kel toe­ne­mend oor na A­fri­kaans eer­ste ad­di­si­o­ne­le taal. Hoe rym dit met Beeld se aan­val op Na­le­di Pan­dor se ver­la­ging van taal­stan­daar­de as dit A­fri­kaans­spre­ken­des self is wat nie hul eie taal dees­dae be­hoor­lik kan skryf of praat nie? Of is dit ook die ANC, Na­le­di Pan­dor en die ge­brek­ki­ge on­der­wys­stel­sel se skuld? ► Wag al vier maan­de op ’n ry­be­wys. Won­der hoe­veel an­der is in die­self­de si­tu­a­sie? ► Hoe­kom het San­ral nie eers ’n wa­ter­dig­te stel­sel uit­ge­werk oor hoe hy die tol­geld gaan in­vor­der al­vo­rens hy die stel­sel be­gin het nie? Kan hy nie ’n stel­sel be­gin waar die her­nu­wing van jou voer­tui­g­li­sen­sie ge­wei­er word tot­dat jy jou tol­geld be­taal het nie? ► Dan­kie aan Beeld vir die pla­sing van die be­rig oor Die Van Co­ke S­how. Ons taal ver­dien re­spek. Geen voor­beeld vir ons jeug wat daag­liks met ge­mors oor­don­der word nie. ► Die ge­hal­te van pro­vin­si­a­le hos­pi­ta­le in die Wes-Kaap is uit­ste­kend. Dit wys wat goeie be­stuur kan doen. Ge­luk aan al­mal be­trok­ke – ook die DA wat die pro­vin­sie re­geer. ► Daar is baie re­des om oor re­ge­ring­sa­ke te kla, maar daar ge­beur steeds so­veel om dank­baar voor te wees. Nie al­leen word pro­ble­me en oor­sa­ke daar­van er­ken nie, maar oplossings word voor­ge­stel. Mag lei­ers soos Pra­vin Gordhan on­der­steu­ning kry om hier­die oplossings deur te voer. 011 713 9182, 011 713 9000; 012 485 9121, 012 485 9000 aan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.