Wys ke­se nou wie’s baas

Groe­nes en “bun­ny hug­gers” is vin­nig om te sê bob­be­ja­ne was voor ons hier, ons moet hul­le uit­los. Dis bog, skryf

Beeld - - By -

Die ver­ste­de­lik­te mens en bob­be­jaan se kind sit al don­kie­ja­re by wy­se van spre­ke nie langs die­self­de vuur nie.

Die bob­be­jaan­trop­pe in ste­de­li­ke ge­bie­de in die Suid­wesKaap word eg­ter net al hoe gro­ter en gro­ter – van Ce­res in die noor­de tot die Kaap­se S­kier­ei­land in die sui­de en die O­ver­berg­se kus­lyn aan die oos­te.

Tot dus­ver is dit ons ver­lang­se ne­fie wat die oor­hand het. Om te sê dat bob­be­ja­ne voor ons hier was, is na­tuur­lik bog – ons het on­ge­twy­feld ge­lyk aan­ge­kom, aan­ge­sien en (Kaap­se of cha­cma-bob­be­jaan) e­vo­lu­si­o­nêr ge­spro­ke i­den­tie­se voor­ou­ers het.

Dít gee baie men­se reeds die aap­stui­pe.

Daar was 30 jaar ge­le­de in die ber­ge bo­kant Her­ma­nus net een trop wat in hul soe­ke na kos hui­se in Vo­ël­klip ge­plun­der het. Na­tuur­be­wa­rings­be­amp­tes het die pro­bleem een­vou­dig op­ge­los deur draad­vang­hok­ke in die Fern­kloof­na­tuur­re­ser­vaat te stel en soms tot meer as tien op ’n slag van kant te maak.

Van­dag is daar drie trop­pe wat net soos al die trop­pe el­ders be­hoor­lik deur die po­li­tiek-kor­rek­tes be­skerm word.

Nie al­leen het al­le lands­bur­gers dees­dae ge­waar­borg­de men­se­reg­te nie, maar ook al­le bur­gers van die ber­ge se bob­be­jaan­reg­te is ge­waar­borg.

Die ge­volg is dat bob­be­ja­ne nie net vrye toe­gang tot hui­se ge­gun word om te roof en te be­ska­dig nie, maar die huis­bra­ke word selfs sien­der­oë deur die o­wer­he­de toe­ge­laat. Ska­de wat aan eien­dom­me en tui­ne in al die pro­bleem­ge­bie­de ver­oor­saak word, be­loop et­li­ke mil­joe­ne ran­de, om nie van die trau­ma te praat nie.

Die groot bob­be­ja­ne leer die klein­tjies om deur dief­we­ring te kruip en van bin­ne af die deu­re of ven­sters oop te maak. ’n Vrou het ver­tel dat ’n trop nou het, want hul­le het ’n kaas­koek ont­dek en dié tot die laas­te krum­mel ver­slind.

Fo­to: MC BOTHA

Le­de van een van Vo­ël­klip se plun­de­ren­de bob­be­jaan­trop­pe lyk op die oog af te ou­lik, maar dis ’n an­der sto­rie as hul­le by hui­se in­breek en groot­skaal­se ver­woes­ting aan­rig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.