Trek toe daai deur, ons wil dit nie hoor

Beeld - - By - Piet Ma­ti­pa

Ver­lief­des, ver­lus­ses, ver­hu­we­lik­des, ver­tel my ’n bie­tjie hoe­kom ba­klei jul­le so voor men­se.

Hoe­kom ver­ne­der jul­le me­kaar so? Hoe­kom hang jul­le jul vuil ver­hou­dings­bloe­mers op vir die wê­reld om oor te skin­der?

Of is dit wat lief­de aan ’n mens doen?

Ek vra al die vrae, want ek ken nie die spin­ne­rak van lief­de nie. Ek het nog nooit daar­in vas­ge­sit nie. Nou wil ek ’n so­pie hê van jul kennis ra­ken­de die saak.

Ek is ’n pro­fes­si­o­ne­le waar­ne­mer van men­se en ek het al ’n paar din­ge ge­hoor en ge­sien tus­sen ver­lief­des, ver­lus­ses, ver­hu­we­lik­des:

“Ek haat dit wan­neer jy dit doen. Jy doen dit baie. Dis die pro­bleem met jou. Jy kry al­tyd ’n ma­nier om my kwaad te maak.” – Die woor­de van ’n vrou aan haar ge­lief­de voor men­se.

Ek gaan nie in die “dit” waar­van sy ge­praat het, delf nie, maar sy het voor an­der be­sluit om hom dié te­rug­voe­ring te gee.

“Moe­nie lieg nie. Jy het baie pui­sies op jou bou­de. Jy moet daai room aan­smeer.” – Dit is die woor­de van ’n nooi aan haar kê­rel, voor sy vrien­de. Dié on­ge­vraag­de ont­hul­ling was by ’n ge­sel­li­ge af­fê­re.

“Jy kan my so ir­ri­teer. Hou jou bek. Kan ek nou praat?” sê ’n jong ou­tjie vir sy stuk­kie. Nie ag­ter toe deu­re nie.

Hier­die aan­ha­lings is ge­sins­koe­rant­vrien­de­lik – ek het al baie an­der ge­hoor wat my ver­stom het.

Ek ver­staan dat vlees en bloed nie per­fek is nie. Ek be­gryp dat daar duis­ter­nis moet wees vir lig om ’n doel te hê. Ek is eg­ter ver­dwaas oor hoe­kom dit voor vreem­de­lin­ge uit­ge­saai moet word.

Ek wil nie weet hoe dit jou seer­maak wan­neer jou he­te­ro­sek­su­e­le kê­rel met gay mans flan­keer nie. Ons het nog net twee keer ont­moet. Ek is nie ’n ver­hou­dings­be­ra­der nie.

Ek wil nog min­der weet dat jul­le dees­dae baie meer ba­klei – ek weet jy is ’n bie­tjie ge­ket­tie, maar ek kan nie eens jou naam ont­hou nie.

Ek sê nie hou jou hart en mond gy­se­laar nie. Kies net jou toe­skou­ers, ky­kers en luis­te­raars baie ver­sig­tig.

Gaan drink kof­fie met jou vrien­din en sê vir háár as hy nie ge­wig ver­loor nie, gaan jy hom ver­neuk.

Gaan drink ’n bier met ’n pel en sê vir daai pel dat jy ’n crush het op ’n vrou by die werk en dat jy skul­dig voel elke keer wan­neer jy by jou mei­sie is.

As jul­le me­kaar moet sleg­sê, doen dit ten min­ste ag­ter toe deu­re.

Moe­nie die kra­ke vir al­mal wys nie.

Dis wat ek re­ken. Mis­kien is ek ver­keerd.

Moet men­se nie me­kaar be­skerm en ge­noeg re­spek­teer om me­kaar nie voor an­der te ver­ne­der nie?

As jy haar maak huil voor ons, moet ons wat haar nie ken nie jou ge­lief­de troos. A nee a.

Ver­lief­des, ver­lus­ses en ver­hu­we­lik­des, be­lê in ’n be­ra­der, ’n bes­te vriend of vrien­din. As jy nog een ie­mand ver­tel oor hoe hy of sy jou ir­ri­teer, mag ons luis­te­raars, ky­kers en toe­skou­ers hom of haar dalk by jou steel.

Trek toe daai gor­dy­ne!

D­wars­klap 7de Laan.

vir

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.