Wat­ter van dié 3 is die lek­ker­ste?

Beeld - - Leefstyl - TERÉ­SA COET­ZEE @te­re­sa­coet­zee

Wan­neer men­se hoor dat ek van­jaar aan drie van die grootste berg­fiets­by­een­koms­te, die Ca­pe E­pic, die joBerg2C en die Ca­pe Pi­o­neer Trek, deel­ge­neem het, wil hul­le on­mid­del­lik weet hoe die drie met me­kaar ver­ge­lyk en wat­ter een nou eint­lik vir my die lek­ker­ste was.

Ek het ge­woon­lik sterk o­pi­nies oor al­les in my le­we, maar op die vraag wat­ter ma­ra­thon vir my die lek­ker­ste was, het ek een­vou­dig nooit ’n kon­kre­te antwoord nie – juis om­dat die by­een­koms­te so uit­een­lo­pend en ver­skil­lend is.

Die Ca­pe E­pic, ’n agt dae lan­ge ma­ra­thon wat ge­woon­lik Maart­maand in die Wes-Kaap plaas­vind, is son­der twy­fel vir my die moei­lik­ste een, want ty­dens dié ren is jy deu­ren­tyd be­wus van die hor­lo­sie en af­sny­tye wat jy jaag. Die E­pic is ’n erns­ti­ge ge­doen­te en jy deel die veld met van die bes­te berg­fiets­ry­ers in die wê­reld. Wan­neer jy oor die eind­streep ry ná agt dae op jou fiets, voel jy som­mer ook soos een van hul­le. Daar is niks soos die ge­voel van oor­win­ning as jy ’n E­pic-me­dal­je in jou hand hou nie, maar jy werk baie hard vir daar­die ge­voel.

Die X-fak­tor van die E­pic is be­slis die feit dat geen an­der me­dal­je jou so de­fi­ni­eer as fiets­ry­er tus­sen die bo­ge­noem­de drie by­een­koms­te as ’n E­pic-me­dal­je nie.

Dit kom ook teen ’n an­der prys: vol­gen­de jaar kos ’n E­pic-span­inskrywing R82 500. Nie ’n goed­koop uit­stap­pie nie.

Die joBerg2C se mot­to is dat jy deur drie pro­vin­sies in ons land met jou fiets vir ne­ge dae lank tot by die see toer ter­wyl jy heer­li­ke kos eet en ’n won­der­li­ke at­mos­feer van gas­vry­heid be­leef.

Hoe­wel daar ’n klein kom­pe­te­ren­de kant aan die joBerg2C is waar die vin­ni­ge ou­ens wel eind­punt toe jaag, is die gro­ter meer­der­heid van die veld ont­span­ne en jo­lig. Die oog­merk is om ons ge­lief­de land op ’n an­der ma­nier te er­vaar en elke pro­vin­sie het sy u­nie­ke land­mer­ke en ei­en­skap­pe en men­se.

Ne­ge dae op ’n fiets is eg­ter lank en hier by die se­wen­de dag moet jy mooi met jou­self be­gin praat om te weet waar­om jy nog drie dae op jou fiets gaan wil sit.

Die X-fak­tor van die joBerg2C is die heer­li­ke kos wat nie net by die wa­ter­pun­te nie, maar ook by die ten­te­dor­pe deur die plaas­li­ke ge­meen­skap­pe be­dien word. Die land­skap ver­an­der deu­ren­tyd en jy leer ken ons beeld­sko­ne land reg­tig in­tiem. Ek kry nou nog men­se wat my ont­hou van my heel eer­ste joBerg2C; jy word en bly vir al­tyd deel van die hele joBerg2C-ge­meen­skap. Die in­skry­wings­geld vir joBerg2C, wat vol­gen­de jaar van 26 A­pril tot 4 Mei plaas­vind, is R49 600 per span.

Vol­gens my lê die Ca­pe Pi­o­neer Trek se moei­lik­heids­graad p­re­sies in die mid­del tus­sen die Ca­pe E­pic en die joBerg2C. Hoe­wel hier­die ren die kort­ste is, moet jy nie die se­we dae op jou fiets on­der­skat nie en baie to­pat­le­te kom meet ook jaar­liks krag­te by die Pi­o­neer, wat tus­sen Mos­sel­baai, Ge­or­ge en Oudts­hoorn plaas­vind.

Jy kry die­self­de ge­voel as by die E­pic wan­neer die he­li­kop­ter hier bo jou kop hang met ka­me­ra­man­ne wat die vin­ni­ge ou­ens kiek, ter­wyl jy ook daar­die Ka­roo-gas­vry­heid eer­ste­hands er­vaar en werk­lik soos ’n su­per­ster be­han­del word. En boon­op het hul­le pas be­kend ge­maak dat vol­gen­de jaar se roe­te weer die Ka­ma­nas­sie­val­lei in­sluit. Min men­se het al daar fiets­ge­ry.

Dis be­slis ook die X-fak­tor van die Ca­pe Pi­o­neer Trek, die feit dat die ren klein ge­noeg is so­dat elke ry­er daar­die warm Ka­roo-gas­vry­heid er­vaar, ter­wyl die roe­tes baie pro­fes­si­o­ne­le ry­ers trek. Die Ca­pe Pi­o­neer Trek is nes die Ca­pe E­pic ’n UCI-ren, wat be­te­ken dat jy pun­te kan kry om te kwa­li­fi­seer vir die O­lim­pie­se S­pe­le.

’n S­pan­in­skry­wing vir die Ca­pe Pi­o­neer Trek, wat vol­gen­de jaar tus­sen 8 en 14 Sep­tem­ber plaas­vind, kos R38 900.

Van die bes­te, on­ver­geet­lik­ste tye hier­die af­ge­lo­pe jaar het ek by hier­die drie ver­skil­len­de ma­ra­thons op my fiets er­vaar en ek voel ge­wel­dig be­voor­reg dat ek al drie suk­ses­vol kon klaar­maak.

Fo­to: SPORTOGRAF

Teré­sa Coet­zee en Bon­ny S­wa­ne­poel ry in van­jaar se Ab­sa Ca­pe E­pic.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.