Be­kyk ’n bie­tjie rooi ver­snit­te van na­der en jy sal sien: dit is so­waar ’n kuns.

Beeld - - Leefstyl -

Die pro­duk­sie van rooi ver­snit­wy­ne bly maar die grootste ka­te­go­rie in Suid-A­fri­ka en ook een van die op­win­dend­ste, aan­ge­sien wyn­ma­kers al hoe meer eks­pe­ri­men­teer met wat­ter druif­soor­te die bes­te ver­snit­te maak.

Na­tuur­lik is Bor­deaux-styl wy­ne die be­kend­ste wê­reld­wyd, maar hier in Suid-A­fri­ka gryp wyn­ma­kers die ge­leent­heid aan om met al die nu­we druif­soor­te wat dees­dae hier be­skik­baar is ’n u­nie­ke ver­snit te pro­du­seer. En dan is daar nog ons eie pi­no­ta­ge wat in Kaap­se ver­snit­te voor­kom.

C­har­les Hop­kins, kel­der­mees­ter van De G­ren­del, sê wyn­ma­kers moet self be­sluit waar­om hul­le wy­ne wil ver­sny, ver­al om­dat die duur­ste en grootste vo­lu­me wy­ne ter wê­reld ver­snit­te is.

“Ver­sny jy om gro­ter vo­lu­mes van ’n spe­si­fie­ke wyn te hê? Of om wyn­maak­fou­te te ver­bloem? Of om iets baie spe­si­aals en u­nieks te skep? Die ba­sie­se be­gin­sel moet wees dat jou ver­snit be­ter moet wees as e­ni­ge van die in­di­vi­du­e­le kom­po­nen­te van die ver­snit.

“Na my me­ning bring ver­sny­ding die kre­a­tie­we kant van ’n wyn­ma­ker na vo­re, en dus sy ver­moë om ’n uit­ste­ken­de pro­duk daar te stel, jaar­liks kon­stan­te ge­hal­te te hand­haaf en die re­pu­ta­sie van die pro­duk op te bou.”

Wat sê die ken­ners?

■ War­ren El­lis van Neil El­lis Wi­nes is van me­ning dat ver­snit­te die wyn­ma­ker die ge­leent­heid gee om die wyn p­re­sies vol­gens die ver­ko­se styl en spe­si­fi­ka­sies te be­rei: “Par­ty druif­soor­te bring ’n vars­heid en vrug­ti­ge geu­re na die fi­na­le ver­snit, ter­wyl an­der die struk­tuur en die rug­graat van ’n wyn daar­stel.”

■ Jeff G­rier van Vil­lie­ra: “Ver­sny­ding is die bes­te ma­nier om ’n u­nie­ke en ge­ba­lan­seer­de wyn te be­rei. Dit help wyn­ma­kers kre­a­tie­wer wees en hul eie stem­pel op die wyn af te druk. Dit bied die ge­leent­heid om jou te on­der­skei en stel jou in staat om jaar­liks die­self­de ge­hal­te voor te sit.”

■ Tyr­rel My­burgh van Joos­ten­berg: “Rooi ver­snit­te neem ver­skil­len­de vor­me aan en wyn­ma­kers het die vry­heid om om­trent e­nig­iets te maak. Daar is na­tuur­lik die be­ken­de ‘re­sep­te’ soos die Bor­deaux- of die R­hô­ne-styl wy­ne. Ek maak een­vou­dig die bes­te rooi­wyn wat ek kan op die land­goed. Die ver­snit ver­skil van jaar tot jaar, af­han­gend van die oes­toe­stan­de, en dit is ’n kre­a­tie­we on­der­vin­ding.”

■ C­har­les Williams van De To­ren: “Ver­sny­ding is die kuns om die per­fek­te si­ner­gie tus­sen druif­soor­te te be­werk­stel­lig waar die fi­na­le wyn be­ter is as wy­ne wat van die in­di­vi­du­e­le druif­soor­te ge­maak is. Dit gee die wyn­ma­ker ook die ge­leent­heid om die in­trin­sie­ke struk­tuur van een druif­soort te be­klem­toon, ter­wyl die fi­nes­se en sui­wer­heid van an­der die ver­snit in har­mo­nie bring.”

Wi­nif­red se keu­ses

■ Bey­ers­kloof Faith 2015 (R675): ’n E­le­gan­te en ge­ba­lan­seer­de Kaap­se ver­snit van ’n der­de elk van pi­no­ta­ge, ca­ber­net sau­vig­non en mer­lot. Ge­niet die swart­bes­si­een sy­sag­te don­ker­sjo­ko­la­de­geu­re. Ge­bou om te hou!

■ Ka­non­kop Paul Sau­er 2015 (R600): Die heel eer­ste wyn in Suid-A­fri­ka wat 100 pun­te van Tim At­kin ge­kry het. Dit is ’n me­neer met geu­ri­ge bes­sies, pypt­wak en flu­weel­sag­te tan­nie­ne – en die smaak is nim­mer­ein­di­gend.

■ G­le­nel­ly La­dy May 2012 (R490): ’n Ver­snit van ca­ber­net sau­vi­gnon, shi­raz, pe­tit ver­dot en mer­lot. Kom­pleks, don­ker en geu­rig – dit is ’n wyn vir Son­dag se ge­braai­de skaap­boud.

■ De To­ren Z 2015 (R373): Hier­die klas­sie­ke Bor­deaux-styl ver­snit is ’n sim­fo­nie van bes­sie-a­ro­mas en -geu­re, sag op die pa­let, met ’n spe­se­ry-na­smaak.

■ De G­ren­del Ru­bai­y­at 2015 (R330): Die 2018- Suid-Afrikaanse wyn van die jaar in die C­hi­ne­se kom­pe­ti­sie vir wyn en spi­ri­tu­a­lieë. Fyn­bos, swart pruim, se­der­hout en geu­ri­ge es­pres­so­kof­fie groet en ver­lei jou in hier­die Bor­deaux-styl wyn.

■ Ar­tis­a­nal Eig­ht Pil­lars 2015 (R321): Dit is ’n u­nie­ke ver­snit van shi­raz, cin­sault, gre­na­che, ca­rig­nan, ca­ber­net sau­vig­non, mer­lot, ca­ber­net franc en pi­no­ta­ge – van­daar die naam Eig­ht. Dit smaak na die warm flu­weel van R­hô­ne met die vars swaar­wig­tig­heid van Bor­deaux, maar ter­self­der­tyd eg Suid-A­fri­kaans.

■ Neil El­lis Ro­da­nos 2012 (R320): Shi­raz, gre­na­che, cin­sault van Groe­ne­kloof en Pie­ke­niers­kloof, drui­we met spe­se­ry­ag­ti­ge geu­re, don­ker bes­sies, droë spe­se­rye en sy­sag­te tan­nie­ne.

■ Von­de­ling Mon­so­nia 2015 (R215): ’n Ryk, rooi­pers k­leur met ton­ne spe­se­ry- en swart­bes­sie-a­ro­mas en -geu­re in die ver­snit van shi­raz, mour­vé­d­re, gre­na­che en ca­rig­nan.

■ Joos­ten­berg Ba­ker­mat (R210): ’n Kom­plek­se ver­snit van ca­ber­net sau­vig­non, sy­rah, mour­vé­d­re en tou­ri­ga na­ci­o­nal met bes­sie- en aard­se geu­re, vol­rond met ’n ste­wi­ge tan­nien­s­truk­tuur.

■ Roo­de­berg 2017 (R80): Hier­die i­koon­wyn is ná 69 jaar steeds ’n staat­ma­ker! Sag, sap­pig en vro­lik vir e­ni­ge ge­leent­heid.

Fo­to: ISTOCK

Ver­sny­ding van rooi­wy­ne bring die kre­a­tie­we kant van ’n wyn­ma­ker na vo­re en sorg vir heer­lik drink­ba­re wyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.