’n Boom in die huis nou die in ding

Dit het hoog­mo­de ge­word om te wys hoe groen jy is deur we­li­ge plan­te in elke ver­trek van jou woon­plek uit te stal. Par­ty (wat nie self­ver­troue het nie) koop som­mer plas­tiek­plan­te by huis­win­kels, maar an­der dra nou bo­me aan om bin­nens­huis te kweek.

Beeld - - Leefstyl - AN­NA CELLIERS @Leef­styl24

Die ver­ko­pe van huis­plan­te het met die jare so stoom ver­loor dat dit eint­lik nog net ons ou­mas en tan­tes was wat hul va­rin­kies, vi­ool­tjies en jo­sefs­kle­de op ven­ster­ban­ke en stoe­pe ver­troe­tel het. Toe kom die or­gi­dee-re­vo­lu­sie met mot-or­gi­deë wat o­ral in vol­le blom rond­staan en die goeie nuus dat dit eint­lik ver­spot­mak­lik is om hul­le aan die le­we te hou ter­wyl hul­le vir maan­de bly blom – sag op die oog, goed­ko­per as ’n bos vars sny­blom­me, en nie net meer die plan­te van die a­del­li­kes nie!

Dees­dae soek al­mal bo­me om as troe­tel­plan­te aan te hou – se­ker maar ’n ten­dens wat ont­staan het om­dat die wê­reld (en sy bo­me!) so woes be­han­del word en min jong­men­se oor tuin­ruim­te be­skik, maar wel die be­hoef­te aan ’n boom in die na­by­heid het. En, raai net wat­ter bo­me nou weer hoog­mo­de ge­word het? Dis die ou­tyd­se ou rub­ber­boom wat bo­ta­nies be­kend is as Fi­cus e­las­ti­ca.

In die ruim voor­ste­de­li­ke tui­ne van die vyf­ti­ger- en ses­ti­ger­ja­re het die bo­me met hul leer­ag­ti­ge en don­ker­groen, groot bla­re dig­te ska­du ge­gooi ter­wyl die reu­se­wor­tel­stel­sels pla­vei­sel ge­breek het en huis­mu­re laat kraak het. Hul­le is la­ter af­ge­kap, in die ban ge­doen en selfs nie eers meer ge­kweek as pot­plan­te nie, wat ek ver­moed die oorspronklike i­dee was . . .

Nou is hul­le te­rug in die vorm van sier­li­ke hi­brie­de met in­te­res­san­te blaar­kleu­re en is baie ge­sog as bin­nens­hui­se bo­me waar hul­le wil­de groei-af­me­tings in e­le­gan­te hou­ers be­dwing kan word. ’n Re­de­lik vol­was­se rub­ber­boom wat bin­nens­huis ge­kweek word sal ’n hoog­te van on­ge­veer 3 m be­reik in ’n groot pot, maar kan mak­lik ge­tem word deur dit bloot te­rug te sny tot die groot­te van jou keu­se.

Die rub­ber­boom so­wel as an­der

fi­cus-soor­te is van die min bo­me met dra­ma­tie­se loof wat ’n mens suk­ses­vol in die huis kan kweek.

K­week­ge­booie

As jy so ge­luk­kig is om van­jaar ’n Fi­cus-boom­pie in ’n pot as Kers­ge­skenk te kry of lus is om jou­self te be­derf met ’n boom as huis­plant, is die vol­gen­de k­week­ge­booie van waar­de:

■ Hou die boom­pie in goeie na­tuur­li­ke lig na­by ’n ven­ster, maar nie waar di­rek­te son­lig dit gaan braai nie.

■ Die bo­me haat nat voe­te en grond wat sleg drei­neer. Sorg vir goeie ge­hal­te pot­grond wat los en brok­kel­rig is.

■ In die so­mer­maan­de moet die plant ge­reeld wa­ter kry, maar net as die boon­ste laag grond in die pot heel­te­mal droog voel. In die win­ter is een keer per maand of elke twee weke vol­doen­de.

■ Ver­my dit om ys­koue wa­ter op e­ni­ge huis­plant te gooi – dit moet ver­kies­lik ka­mer­tem­pe­ra­tuur wees.

■ As daar ’n pot­pie­ring on­der die pot is, maak se­ker dat jy die wa­ter wat daar­in op­dam, uit­gooi. Die pot­bo­dem moet nooit in wa­ter staan nie, an­ders sal die plant se wor­tels vrot. ’n Goeie plan is om ’n laag gruis­klip­pies in die pie­ring te gooi en die pot­bo­dem daar­op te laat rus.

■ Voed die plant ten min­ste een­maal per maand in die so­mer met ’n vloei­ba­re mis­stof vir huis­plan­te om die blaar­kleur glan­send en kleur­ryk te hou.

■ Op baie warm dae kan jy ’n ne­wel­sproei­er met wa­ter in ge­bruik om te sorg vir ’n bie­tjie hu­mi­di­teit in die at­mos­feer om die plant. Ont­hou, al die Fi­cus-soor­te se na­tuur­li­ke ha­bi­tat is tro­pies van aard.

■ Vee ge­reeld die bla­re met ’n klam lap­pie af om s­tof (wat plant­lui­se lok) te ver­wy­der.

■ Aan­ge­sien hier­die plan­te re­de­lik vin­nig groei, sal hul­le van tyd tot tyd ’n gro­ter pot no­dig kry. As jy gaan oor­plant, ge­bruik ge­hal­te­pot­grond en ’n hou­er wat net so­wat twee keer die groot­te is van die een waar­in die plant ge­groei het.

■ Moe­nie jou Fi­cus on­no­dig rond­skuif of in ’n trek laat staan nie – hul­le hou niks daar­van nie, en sal bla­re af­gooi.

Pro­bleem­op­los­sing

As die plant y­le­rig en lang­be­nig groei met bla­re wat ge­du­rig af­val, is die kan­se goed dat dit te min lig kry. Te veel wa­ter kan ook ver­oor­saak dat die bla­re val.

Hier is Fi­cus e­las­ti­ca ‘A­bi­djan’, wat don­ker glan­sen­de bla­re het.

Fi­cus e­las­ti­ca ‘Va­rie­ga­ta’ het room­wit en groen bla­re.

Die Fi­cus e­las­ti­ca ‘Ro­bus­ta’.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.