Ti­ger se toer­nooi kel­der dalk sy VSA-span

Beeld - - Sport -

Ti­ger Woods en ver­skeie le­de van A­me­ri­ka se P­re­si­den­te­be­ker-gholf­span sal aan­staan­de jaar dié tyd ’n lo­gis­tie­ke nag­mer­rie moet oor­kom voor hul­le met die In­ter­na­si­o­na­le span krag­te meet in hul twee­jaar­lik­se gholf­kom­pe­ti­sie.

Dié twee span­ne pak me­kaar van 12 tot 15 De­sem­ber 2019 in Mel­bour­ne, maar die P­re­si­den­te­be­ker word voor­af­ge­gaan deur Woods se jaar­lik­se Wor­ld C­hal­len­ge-toer­nooi in die Ba­ha­mas.

Dít be­te­ken Woods, die kap­tein van die VSA, en ver­skeie van sy spe­lers wat ge­woon­lik in sy Ba­ha­mas-toer­nooi speel, sal 16 000 km moet af­lê en so­wat 23 uur in ’n vlieg­tuig deur­bring om van Nas­sau af hul weg na die Royal Mel­bour­ne-klub te vind.

Ef­fek­tief be­te­ken dit hul­le sal eers die Dins­dag, 48 uur voor die toer­nooi be­gin, in Mel­bour­ne aan­kom.

Be­ne­wens vlug­flou­heid sal hul­le ook bit­ter min kans hê om te ak­kli­ma­ti­seer en op die baan te oe­fen.

“Ons het ’n paar lo­gis­tie­ke kwes­sies om tus­sen nou en die toer­nooi uit te sor­teer,” het Woods Don­der­dag in Mel­bour­ne, waar hy voor­brand ge­maak het vir die P­re­si­den­te­be­ker, toe­ge­gee.

Vol­gens Woods gaan dit ’n be­son­der moei­li­ke uit­da­ging wees om al­mal vars en goed voor­be­reid te kry.

Hy weet uit er­va­ring hoe ge­vaar­lik dit is as jy nie slag­ge­reed is vir dié toer­nooi nie.

Woods was in 1998, by die ein­ste Royal Mel­bour­ne, lid van die e­nig­ste VSA-span wat al teen die In­ter­na­si­o­na­le span ver­loor het.

“Voor daar­die toer­nooi het die (A­me­ri­kaan­se) ou­ens heel­wat tyd af­ge­neem en in al­le eer­lik­heid was ons nie voor­be­reid nie. Hul­le het toe met ons ge­mors.

“Ek moet daar­om toe­sien dat ’n soort­ge­ly­ke sce­na­rio hom nie weer af­speel nie,” sê Woods.

Vol­gens dié 14-ma­li­ge ma­jor-wenner is hy be­slis van plan om kap­tein én spe­ler te wees, maar sal hy hom deur sy on­der­kap­teins en an­der raad­ge­wers laat lei oor ’n be­sluit om te speel in­dien hy nie ou­to­ma­ties kwa­li­fi­seer vir die span nie.

Woods het be­ne­wens et­li­ke ver­sky­nings in die P­re­si­den­te­be­ker-toer­nooi as spe­ler ook in 2017 as ’n nie-spe­len­de on­der­kap­tein er­va­ring op­ge­doen.

Die Suid-A­fri­ka­ner Er­nie Els sal in 2019 aan die stuur van die In­ter­na­si­o­na­le span wees.

Fo­to: GETTY IMAGES

Ti­ger Woods Don­der­dag met die P­re­si­den­te­be­ker by die Royal Mel­bour­ne-gholf­klub, waar dié tro­fee in De­sem­ber 2019 op die spel gaan wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.