Wie­le rol weer glad vir Lan­ce ná U­ber-be­leg­ging

Beeld - - Sport -

’n Be­leg­ging in die tax­i­diens U­ber het Lan­ce Arm­strong, die A­me­ri­kaan­se fiets­ry­er wat van sy se­we Tour de Fran­ce-ti­tels ge­stroop is, en sy gesin fi­nan­si­eel ge­red.

Dié 47-ja­ri­ge A­me­ri­ka­ner het eer­gis­ter in ’n on­der­houd ge­sê dat hy $100 000 in 2009 aan ’n be­leg­gings­maat­skap­py ge­gee het.

“Dit het ons ge­red,” sê Arm­strong. Hy was glo des­tyds nie be­wus dat hy in U­ber, wie se waar­de toe $3,7 mil­joen was, be­lê het nie.

Toe Arm­strong, wat die Tour tus­sen 1999 en 2005 ge­wen het, se knoei­e­ry des­tyds op die lap­pe kom, het dit hom mil­joe­ne dol­lar aan regs­kos­te uit die sak ge­jaag.

U­ber se waar­de word nou op $120 mil­jard ge­skat. Arm­strong, wat in 2013 er­ken het dat hy ver­bo­de mid­dels ge­bruik het, wou nie sê hoe­veel sy be­leg­ging tans werd is nie, maar het ge­sê, “dit is te goed om waar te wees”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.