’n On­waar­skyn­li­ke held

S­tars sê ja-ja vir No­no ná 2 laat ses­se

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg No­no Pon­go­lo vier die Jo­zi S­tars se oor­win­ning oor die Dur­ban He­at na­dat hy die wen­lo­pies ge­mo­ker het.

Die Jo­zi S­tars is twee­de op die M­zan­si-su­per­liga se pun­te­lys ná sy vier­de kits­krie­ket­se­ge op ’n streep. Maar selfs nie die Jo­zi-spe­lers sal weet hoe hul­le dié een ge­wen het nie.

Die S­tars het die Dur­ban He­at gis­ter op Kings­me­ad in Dur­ban met 1 paal­tjie ge­klop na­dat No­no Pon­go­lo twee ses­se van Mar­chant de Lan­ge se boul­werk in die laas­te boul­beurt ge­slaan het om die be­soe­kers oor die wen­streep te kry.

Die He­at het uit­ste­kend ge­boul om ’n be­skeie to­taal van 128/6 in sy 20 boul­beur­te te ver­de­dig.

Die S­tars het toe 14 lo­pies van die laas­te boul­beurt be­no­dig.

Die eind­kol­wers Pon­go­lo en Ka­gi­so Ra­ba­da was voor die pen­ne. De Lan­ge het die boul­beurt uit­ste­kend be­gin. Ná Pon­go­lo ’n en­kel­lo­pie van die eer­ste bal ge­slaan het, het De Lan­ge vir Ra­ba­da met ’n man­ji­fie­ke streep­bal ge­boul. Die be­soe­kers het toe 13 van die laas­te vier bal­le be­no­dig.

’n En­kel­lo­pie deur Du­an­ne O­li­vier het weer vir Pon­go­lo op slag ge­kry. Die vol­gen­de bal het geen lo­pie op­ge­le­wer nie. Die S­tars moes dus 12 lo­pies van twee bal­le kry.

De Lan­ge het toe ’n bors­hoog­te vol­bal af­ge­stuur wat Pon­go­lo vir ’n ses oor skerp­by ge­trek het. Dit was ook ’n fout­bal om­dat die vol­bal te hoog was. Skie­lik was dit vyf van twee bal­le met ’n vry-hou daar­by.

De Lan­ge het wéér ’n vol­bal ge­boul en die bal het oor skerp­by vir nog ’n ses ge­trek.

Dit was ’n ver­stom­men­de oor­win­ning en be­te­ken dat die He­at steeds nog net een wed­stryd kon wen. Dit het ook ’n uit­ste­ken- de boul­ver­to­ning deur Ky­le Ab­bott (2/17) en Rashid K­han (3/19) tot niet ge­maak.

Die S­tars is uit­ste­kend op dreef, maar sal be­kom­merd wees dat sy kolf­lys ef­fe kwes­baar lyk. Ree­za Hen­dricks is tot dus­ver die spe­ler van die reeks met twee vyf­tig­tal­le en twee hon­derd­tal­le in 6 wed­stry­de, maar toe hy gis­ter slegs 8 ge­kry het, het sa­ke maar baie ei­na ge­lyk.

Die He­at se kol­wers het nie veel be­ter ge­vaar nie en dit was net ’n beurt van 62 (39 bal­le; 9x4, 1x6) deur Sa­rel Er­wee wat die span by ’n mid­del­ma­ti­ge to­taal ge­kry het.

■ Gis­ter se wed­stryd tus­sen die Ca­pe Town B­litz en Paarl Rocks is ná druk­tyd vol­tooi. Lees die ver­slag op Net­werk24.

Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.