Ten­nis­spe­ler ge­straf want sy ‘ont­klee’

Beeld - - Sport -

By die A­me­ri­kaan­se Ope-ten­nis­toer­nooi in Au­gus­tus, is die Fran­se spe­ler A­li­zé Cor­net amp­te­lik ge­waar­sku na­dat sy haar sweet-deur­drenk­te hemp op die baan uit­ge­trek en met ’n droë een ver­vang het.

Die skeidsregter, Chris­ti­an Rask, het vir Cor­net ge­sê haar op­tre­de was “on­spor­tief”, hoe­wel sy ’n sport­bra on­der die hemp aan­ge­had het. Rask se be­slis­sing het tot ’n rits klag­tes van sek­sis­tie­se, dub­be­le stan­daar­de in die s­port aan­lei­ding ge­gee.

Andy Mur­ray se ma, Ju­dy Mur­ray, het op Twitter ge­vra waar­om man­li­ke spe­lers nie ge­straf word wan­neer hul­le hul hem­de uit­trek nie.

Links: Vroue-sok­ker­spe­lers in En­ge­land het nie die­self­de sa­la­ris­voor­de­le as hul veel ry­ker man­li­ke e­we­knieë nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.