‘Dis nou Rie­ko se beurt’

Io­a­ne sal WB-re­kord breek, voor­spel Ha­ba­na

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Die oud-Bok Bry­an Ha­ba­na glo die All Black-vleu­el Rie­ko Io­a­ne gaan die re­kord vir die mees­te drieë by ’n Wê­reld­be­ker-rug­by­toer­nooi vol­gen­de jaar in Ja­pan ver­plet­ter. Ha­ba­na (35) en twee All Blacks, wy­le Jo­nah Lomu en Ju­li­an Sa­vea, is die ge­sa­ment­li­ke hou­ers van die re­kord, na­dat al­mal van hul­le agt drieë in ’n toer­nooi ge­druk het.

Lomu het agt keer oor­ge­duik by die toer­nooi in 1999 in Wal­lis, ter­wyl Ha­ba­na dit in 2007 in Frank­ryk en Sa­vea dit in 2015 in En­ge­land ver­mag het.

Se­dert Io­a­ne (21) sy bui­ging vir Nieu-See­land in 2016 ge­maak het, het hy reeds 22 drieë in 24 toet­se op­ge­sta­pel.

“Om eer­lik te wees, dink ek dit is so be­stem dat Rie­ko die re­kord vir die mees­te drieë in ’n en­ke­le Wê­reld­be­ker-toer­nooi sal oor­tref,” het Ha­ba­na aan s­tuff.co.nz ge­sê.

“Hy het ’n on­ge­loof­li­ke tref­tem­po en her­in­ner my aan Ju­li­an Sa­vea in 2015. Rie­ko het die ge­leent­heid om die re­kord te ver­be­ter en re­kords is tog mos daar om oor­tref te word.”

Io­a­ne, wat sy bui­ging op 17-ja­ri­ge ou­der­dom vir sy land se se­wes­span ge­maak het, het ook soos Ha­ba­na die eer­ste keer die oog ge­tref vir sy land se se­wes­span.

In sy eer­ste toer­nooi vir die Ki­wi’s se se­wes­span in Ha­mil­ton in Nieu-See­land het hy ses drieë ge­druk, waar­van twee in die eind­stryd was. Nieu-See­land het En­ge­land in die eind­stryd van daar­die toer­nooi met 27-21 ge­klop.

Des­tyds het die En­gel­se se kap­tein, Tom Mit­chell, ge­sê hy het nie be­sef Io­a­ne is slegs 17 jaar oud nie.

“Hy het be­slis nie so jonk ge­lyk nie en is die sterk­ste 17-ja­ri­ge wat ek nog te­ë­ge­kom het. Hy is son­der twy­fel ta­lent­vol en ie­mand wat in die toe­koms dop­ge­hou moet word.”

Vol­gens Ha­ba­na kan die waar­de van se­wes nie mis­ge­kyk word nie.

“Se­wes is ’n goeie plat­form vir spe­lers om hul loop­ba­ne in vyf­tien­man-rug­by te loods. In Ni­euSee­land is daar fan­tas­tie­se struk­tu­re ge­ves­tig om jou ta­len­te goed in te span.”

Ha­ba­na het in 124 toet­se vir die S­pring­bok­ke ge­speel en die B­lits­bok­ke in 2004 en 2016 ver­teen­woor­dig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.